- Waarom, as jy ‘n ysbakkie vol water maak en hom heen en weer oor die wasbak beweeg om van die oorloop en druppels ontslae te raak, drup hy op die vloer op pad yskas toe?
- Waarom, as jy vol saagsels is, en jy spring op en af en vryf jou klere om van die saagsels ontslae te raak voor jy by die huis ingaan, val daar saagsels van jou af sover jy deur die huis loop?
- Waarom, as jy die olie van jou hande afvee en vee tot daar niks meer afkom nie, sit daar ‘n oliekol sodra jy aan ‘n vadoek of handdoek vat?
- Waarom is al die bome afgekap en uitgehaal langs by al die tafeltjies langs die hoofpaaie?
- Waarom, indien daar ‘n oerknal was, wat noodwendig tot gevolg moes hê dat alle materie sterradiaalgewys uitsprei, bots sterrestelsels?
-Volgens Einstein verstadig tyd in een of ander omgekeerde verhouding met die spoed wat ‘n liggaam beweeg (die bekende storie van die ruimtevaarder wat terugkom na ‘n jaar en sy tweelingbroer is bejaard). Spoed relatief tot wat? Die broer wat tuisgebly het, het net so vinnig wegbeweeg van die ruimtevaarderbroer as wat die ruimtevaarder van die broer wegbeweeg het. Neem byvoorbeeld ‘n geostatiese satelliet; hy moet teen ‘n stywe omwentelingspoed beweeg maar, relatief tot enige punt op aarde, gaan hy nêrens. Hoe werk dit? Gaan tyd stadiger verby in die ruimtestasie as in ‘n geostatiese satelliet (volgens Einstein)?
- Praat Engelssprekendes in SA beter Engels as wat Afrikaanssprekendes Afrikaans praat?
- As jy jou lippe saampers en blaas (proes dus),maak dit ‘n geluid nie naastenby so hard nie as wat jy dieselfde doen met vuvuzela (hier by die 120dB blykbaar). Waar kom die ekstra klankenergie vandaan?
- Hoekom, as iemand homself korrigeer en die regte Afrikaanse woord gebruik in plaas van die Engelse een wat hy gewoonlik gebruik, rek hy sy oë en tuit hy sy mond?
- Hoekom is ‘n Afrikaanssprekende erg in die verleentheid as hy nie goed Engels kan praat nie maar ‘n Engelssprekende het geen verleentheid as hy nie goed Afrikaans kan praat nie (praat selfs Engels op Afrikaanse radio)?
Jan Rap


Kommentaar
1. Murphy's law
2.Die wet van gelyke verspreiding, 'n "hangover" van kommunisme.
3. Sien 1.
4. Die boere deur wie se plase die pad loop kap dit af om die padgebruikers te stop om agter elke boom te kak. Die beeste vreet dit en word siek. Soms word hulle krimineel en rassisties ook.
5. Ons wag al dekades lank vir 'n antwoord vanaf die oerknal-kerk. Tot dusver nog niks.
6. Bepeinsing van die een raai ek nie aan nie, dis 'n klutskwytmaker.
Cheers
Dankie Duitswester, ek is nie meer so heeltemal in die war nie.
Jan Rap