... is deesdae baie oopkop; niks is eintlik abnormaal nie wat dan volg dat alles doodnormaal is. Jy kan met enige bekommernis, klagte of vrees by hulle aankom en hulle luister simpatiek en skrikvry.
So kan jy vertel dat jy 'n vrees ontwikkel het vir 'n sekere baksteen in die plaveisel in jou rylaan en hulle beskou dit as doodnormaal; jy hoef nie skaam te wees daaroor nie. Jy kan hulle vertel jy het 'n erotiese fiksasie op 'n brontosauruswyfie wat jy op Discovery gesien het, of op een van die maagde met die lampies in die kinderbybel en hulle sal jou behandel; niks om oor selfbewus te voel nie.
Alles is normaal BEHALWE as jy kla oor die agteruitgang van Afrikaans, dat dit jou bekommer dat predikante Engelse liedjies laat sing in die kerk, dat Afrikaanse omroepers en omroepsters laerskooltipe foute maak, dat Afrikaanse straat- en dorpsname verdwyn, dat jy nie meer Afrikaans kan praat as jy iets wil koop of verkoop nie, dat staatsamptenare jou slegs in Engels kan help (en dan ook maar so-so), dat die Afrikaanse radiostasie en –omroepers by elke moontlike geleentheid Engels bevorder, die soort van ding.
Dít, kla oor Afrikaans, is taboe. Dis nie normaal nie en jy kry die spreekwoordelike koue skouer. Eintlik erger as die koue skouer; hulle is sommer kwaad vir jou. Om jou kommer oor die stand van Afrikaans uit te spreek is erger as laster.
Eienaardige verskynsel maar nou ja, daar het jy dit.
Jan Rap


Kommentaar
Jan, dis die probleem met die ouens wat so duur vir hulle dienste vra; hulle raad is nie veel werd nie. Solank as wat jy weet dat jy reg is, moenie worry nie. Sorry oor die Engels, maar ek is van die Kaap. George
Beste Jan,
Ons kan nou maar sê wat ons wil, maar Jan het 'n paar feite hierbo beet. Dis nou oor Afrikaans. Ek dink die vergelyking tussen sy eerste 2 paragrawe teenoor sy laaste 2 paragrawe is briljant geskryf. Angus (of is dit Jannie?) daarteenoor is ek seker is alweer besig met 'n sopstorie en nie 'n boekstorie nie. Kyk na sy briljante humor hierbo - ai dat so 'n brein moet as word ...
George, ek is bly jy is van die Kaap, ag - af die Kaap. Ek is van die Limpopo se agterkant - baie ver af die see. Ag - whatever! Groete. Trienie