Profiel A
Sy is baie jonk en vol vuur en ambisie. Sy was op skool in die A-groepie en het gereeld bekertjies met debataande gewen. Die draadwerk in haar kop, soos Steve Hofmeyr dit uitdruk, is nog nie mooi klaar nie; daar kort nog 'n paar konneksies wat betref taksering en analise. Haar ouers en dié se vriende is van die wat hulle vir hierdie bedeling beywer het en sy hulle gereeld hoor politiek praat, veral in die laaste tyd wanneer hulle al hoe meer fanaties geword het nadat hulle agtergekom het dat hulle 'n gedrog help skep het. Sy is nog te jonk om hierdie gedrag van haar ouers as bloot ontkenning te sien en dit die werklike rede is waarom hulle so verwoed tekere gaan wanneer iemand soos Dan Roodt hulle kassie skud.
Profiel B
Sy is 'n jong ma met 2 of drie kinders, nie te ver uitmekaar nie. Sy is dus baie besig, kinders op- en aflaai by die skool, sport, kunswedstryde, klavierlesse, die soort van ding, glad nie tyd vir allerhande nonsies soos stilsit en dink nie. Sy voel gefrustreerd met al die huiswerk en goed en móét iets doen om te wys sy sak nie uit nie. Met die wat die land so agteruitgaan is die heersende boodskap van die media die boosheid van die verlede en sy spring op die bandwagon: Verguis vir Dan en almal klap vir jou hande.
Profiel C
Sy's 'n ouerige dame met baie tyd, miskien afgetree. Sy help waar sy kan, sopkombuise, opmaak van kospakkies, uitdeel van komberse die soort van ding. Sy hoor so baie by die dominee/pastoor dat mense wat kla oor plaasmoorde, korrupsie, slaggate, motorkapings en sulke dinge alarmisties is en dis nie iets wat mens moet wees in die nuwe SA nie. Hieroor dink sy gereeld en sy's naderhand so opgewerk sy voel sy moet Dan Roodt keer want hy wys hierdie goed uit en mens doen dit nie anders sal die dominee/pastoor mos nie daarteen wees nie. Sy trek dus te velde teen Dan.
Profiel D
Sy is 'n bejaarde dame met groot respek vir Jan Smuts. Die val van die NP hier in Van Schalkwyk-hulle se tyd het sy as die langverwagte oorwinning vir die Smutsmense gesien so wat nou aan die gang is dra volgens haar die goedkeuring van die Smutsmense weg. Dan Roodt is teen die goed wat teenswoordig gebeur en dus is hy teen Jan Smuts so hy moet in die bek geruk word.
Vir Jaco: Ek verstaan die vrou is teen Dan want hy is 'regs en rassisties'. Het sy gesê wat hy doen wat as 'regs' vertolk kan word en indien wel, wat maak dit 'rassisties'?
Jan Rap
Kommentaar
Jan
Ek ken die vrou van geen kant nie, so kan geensins namens haar praat nie.
Waar ek wel lekker gekry het, is waar Rooi Daantjie versoek het Afrikaners moet Naspers booikot en nou sit hy waar hy Naspers verwens het. Lekker! Lekker!
Die vroutjie is sagtens indien sy Rooi Daantjie as regs aansien. Ek het Rooi Daantjie altyd as deel van die Afrikaans gekkegrens aangesien.
Rooi Daantjie se tyd loop vinnig uit
Jaco Fourie
Jaco
Met 'Jaco se Afrikaanse vrou' bedoel ek eintlik 'Jaco se BRIEF OOR DAARDIE Afrikaanse vrou'; ek het geensins beweer dis jou vrou (jy't dit al duidelik gemaak dat jy nie die soort ou is wat vrou gaan vat nie) of dat sy 'n vriendin van jou is nie.
Daardie vrou is maar, net soos jy en vele ander ontgogeldes, op die bandwagon; dit is die gonsaktiwiteit deesdae - vergoeilik sogenaamde demokrasie en verguis die wat iets daarteen durf sê, veral Dan Roodt want hy wys keer op keer baie duidelik hoe mense die wonderlike klere van 'n poedelnaakte keiser besing.
Jy sê 'rooi Daantjie se tyd loop vinnig uit.' Hoekom? Wat doen hy verkeerd? Lieg hy? Indien hy leunstories verkoop, hoekom hom dan probeer muilband want in daardie geval versterk hy mos in effek diegene (soos jy en Pieter en Piet en Wouter se saak wat so teen hom is. Julle behoort hom dan eintlik aan te moedig, te nooi om op openbare verhoë te kom praat en al wat leef en beef te verwys na sy webwerf.
Maar nee, julle skree blou moord sodra Dan praat en probeer keer dat hy praat. Soos Shakespeare gesê het, "in the state of Denmark there's a crock of shit that stinks to high heaven", of so iets.
Jan Rap
Jan
Rooi Daantjie se tyd loop uit, want sy brood en botter (Praag) is besig om te struikel sonder advertensie-inkomstes. Die gekkegrensers wat hom nog volg, is te suinig om meer of selfs enige bydraes te maak. Nieteenstaande dit, oor die afgelope paar jaar reeds, is sy aanhang besig op te verdamp. Vanaf 'n klompie duisende twee jaar gelede wat sy rubrieke gelees het, is dit huidig nou net 'n paar honderde. Sy leë beloftes oor volkstaat, het baie van sy vorige volgelinge oor hom laat ontnugter word.
Jaco Fourie
Beste Jan Rap,
Dis tragies hoe die werf se volbloed - dog gemiddelde - politiek geskape Afrikaner Jaco Fourie in sy eenman vertoning, bekspoel oor Steve Hofmeyer, Dan Roodt, VFPlus, Dan Roodt ... wyl hy vurig AfriForum bevorder ...
http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/video-sekuriteitsvideo-opname-van-plaasaanval/
Boeregroete,
Cornelius Henn
Hello,