Ek hoor oor die radio (3 Oktober) die prof sê dit het nog nooit so goed met die Afrikaner gegaan soos nou in die post-apartheidsera nie. Op grond waarvan sou hy dit sê?
Dit is tog 'n bekende feit dat Afrikaners in hul duisende, honderdduisende om die waarheid te sê, emigreer het. Ook dat Afrikaanse dorps-, straat- en plekname verander word en dat Afrikaners nie eers meer hulle eie taal in die werksomgewing kan, of liewer MAG, praat nie. Daar was oor die nuus byvoorbeeld 'n insetsel van 'n dame wie se borgaansoek nie deur die regter aanvaar is nie omdat dié in Afrikaans was. Dit is ook 'n feit dat al die Afrikaanse universiteite en kolleges verengels het en Afrikaanse skole besig is om te verengels (veral as dit van prof Jonathan Jansen afhang).
Die poskantoor, polisie, Buro vir Standaarde, Eskom, Spoorweë, Lugdiens, almal se saketaal is Engels, tot die Parkeraad s'n. Hoe kan so 'n afjak aanduidend wees dat dit met die Afrikaner beter as ooit tevore gaan?
Maak hy sy stelling op grond van die verskyning van al hoe meer kultuurfeeste soos Skouspel, KKNK, Aardklop en dies meer? Indien wel is dit natuurlik 'n fout; hierdie feeste is juis 'n soort gryp na strooihalms (en almal gaan buitendien verengels soos reeds met Oppikoppi aan't gebeur is). Ek meen, sal jy ooit hoor van 'n fees soos 'English is Great!'? Natuurlik nie want met Engels as enigste amptelike taal word dit in ons kele afgedruk en daar's dus nie 'n kans dat Engels hier 'n bedreigde taal is en feeste vir sy behoud nodig is nie.
Die prof verwys ook gedurig na die aakligheid van apartheid. Ek weet nie hoe oud die prof is nie, moeilik om te skat met die dat mens nou nooit sy hare sien nie maar ek wil hom gerusstel: Die 'apartheid' wat hy in sy kop het, het die pers in sy kop geplant. Daar was nooit daardie soort apartheid waarna hy gedurig verwys nie; sy pa-hulle en oupa-hulle was nie die wrede mense wat die pers aan hom (en ons ander) voorhou nie.
As daar lelike goed gebeur het, soos wel oraloor in die wêreld gebeur, was dit nie uit hoofde van die destydse beleid nie maar vanweë die handelinge van onbeskaafde mense. As daarvoor gebieg en geboet moet word staan ons in elk geval agter die Hollanders, Duitsers, Vikings, Xhosas, Belge, Franse, Zoeloes en veral Engelse. Om die waarheid te sê, dit het nog nooit so goed met die swartes gegaan – lewenstandaard, gehalte van skoling, lewensgehalte, ekonomiese welvaart ens – as juis gedurende die sogenaamde apartheidsera nie. Vra hulle maar.
Wat my bring by 'n ander punt, ook op die radio vandag. Daar was 'n bespreking or die verkragting van vroue en daar is genoem dat die argument somtyds aangevoer word dat die vrou, die slagoffer, te aanloklik aangetrek kon gewees het. Wat 'n absurde redenasie; as jou kar gekaap word kan jy beskuldig word dat jy hom te veel gewas het; die kar was so mooi die versoeking om hom te kaap was net te groot.
Nou ja, op die manier dan
Jan Rap


Kommentaar
Jan Rap,