Prof Jonathan Jansen …

  • 3

… het ontstig geklink toe hy kommentaar gelewer het oor die vrou wat nie losies gehad het vir 'n swart student nie maar wel vir 'n wit student.

Wat is fout moet persoonlike voorkeur? Toe ek student was, en jy soek privaatlosies, is die volgende vrae (in verskeie gedaantes natuurlik) aan jou gevra: Rook jy? Drink jy? Gaan jy gereeld kerk toe?

Indien jou antwoorde respektiewelik 'ja', 'ja' en 'nee' was, was die plek ongelukkig vol maar sy (dis gewoonlik tannies wat losies en etes verskaf het) sal jou naam op haar waglys sit. Mens kon nie by die losiesombudsman of die rektor of die studenteraad gaan kla nie; mens het trouens nie eers daaraan gedink om te gaan kla nie want mens het besef dit is die tannie se huis en sy kan help vir wie sy ookal wil.

'n Vriend van my het sy kar se enjin in sy kamer oorgedoen en so tussen haar stuipe het die tannie hom uitgegooi, in die middel van die maand en hy moes maar 'n heenkome vind. Die tannie het nagelaat om by die gewone vrae ook te vra of hy aan enjins in sy kamer werk.

So, niks het verander nie, ek weet nie hoekom is die prof so ontsteld nie.

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Beste Jan,

    Wonder jy nog waarom die prof so ontsteld is?  Ek het jou mos al gesê daar is geen mens op aarde wat nie 'n rassis is nie. 
    Groete,
    Angus
  • francois williams

    Prof is korrek, ek sal ook GEEN wit loseerders wil inneem nie...dis net dwelms en drank en nonsies...

  • Ek het al verskeie kere genoem dat dit net wittes is wat rassiste is. Ek kan al katteskiet as ek net die woord hoor. Ek moet seker maar daarby berus want die woord sal die volgende paar maande holrug gery word. Wat verstaan die geleerde professor nie van eiendomsreg en vryheid van assosiasie nie? Hy sal nou derms uitryg oor die geval en aanhou en aanhou. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top