Beste Pieter,
Onderaan hierdie bydrae van Duitswester onder hoofde "Pedofilie en die Vatikaan", vertel jy die volgende:
Beste Chris, Baie dankie vir jou skakel wat ek waardeer. Trouens weet/ verstaan ek presies wat Dawkins bedoel. Met 'n insident in my jeug ( 9 jaar oud) het ek eerstehands ondervind waaroor Dawkins praat. Terwyl ek tougestaan het voor 'n bioskoop om kaartjies te koop vir 'n vertoning, het 'n middeljare man wat agter my gestaan het begin vroetel aan my gulp. Nadat ek my kaartjie gekoop het, het ek vinnig uit sy pad gewyk en dit was die einde van die insident. Oor die geval kan ek sê dat ek nie juis ingenome daaroor was nie, maar ook nie bereid was om 'n moerse "scene" te maak nie. Dit het ook geen blywende skuldgevoelens of psigiese letsels by my oorgelaat nie. Dus kan mens hier praat van "mild paedophilia"
Pieter, jou vertelling kom na aanleiding van my aanhaling omtrent Richard Dawkins se verweer:
Sexual assault victims’ organizations are slamming evolutionary biologist and leading atheist Richard Dawkins for comments he made about the inoffensiveness of “mild pedophilia.”Dawkins made the remarks in a recent interview with The Times magazine. He said that during his time at a boarding school as a boy in the 1950s, a teacher “pulled me on his knee and put his hand inside my shorts.” Dawkins described the incident as “mild pedophilia” that left him no worse off. Neither Dawkins nor the other boys abused by this teacher suffered permanent physical or mental damage, he said.“I don’t think he did any of us lasting harm,” said Dawkins.
Pieter, jy het voorheen tereg gereken dat ek taamlik liggeraak is. Jy het gespekuleer dat my ervaring in die weermag, my dalk met post-traumatiese stres kon laat, en dat my deelname op die werf goeie terapie is. Trienie Mahne, was toe baie bly oor jou diagnose.
Eenselfde tyd wil ek jou openhartigheid ook hierin bewonder, en raai dat dit eweneens jou die geleentheid gun om oopkop daarmee te raak.
Ek is egter lankal reeds skepties oor die mate waarmee 'n mens wel moet waag, en om so daarmee jou hart op die spoor te plaas.
Ek kan nie genoeg my respek aan jou benadruk, ten spyte van die volgende werklikhede uit my ervaring en mening daaroor, wat ek met jou in die belang van soveel onskuldiges hierdeur geraak wil deel nie.
Die weermag had min trauma op my in vergeleke my ervaring waar ek op 'n keer deur narkotiese ondersoek beamptes genader is om sekere spesialis dienste te lewer.
Een so 'n geval, lank voor ek die seën van my eie dogtertjie ontvang het, was my bystand aan kundiges wat 'n dwelmsindikaat by 'n laerskool ondersoek het.
Die verdagte in hul saak, 'n twaalfjarige dogter.
Alles was okei; gewoon stout gelyk hoe sy in die middel van die nag by haar kamervenster uitklim, tot waar ons haar saam met 'n tienerseun in 'n motor na 'n mangoplantasie gevolg het. Daar, het nog 'n paar rampokkers by hulle aangesluit - en toe hul transaksie beklink.
Wat daarna gebeur het, kan ek eintlik nie in woorde beskryf nie. Ek het 'n paar keer amper voortydig die skuiling gebreek en die sneller getrek - 'n bendeverkragting - wat ek nooit sal kan opteken nie.
Ek het my oë gesluit en gebid, totdat die amptenare hul plig gedoen het en die gemors gearresteer het. As 'n pa vandag, sal ek dit glad nie hanteer nie - ek sal enige sulke skuim met my kaal hande vrek maak sonder om te kan keer, as ek kan...
'n Paar dinge het my egter daarby getref.
Een daarvan is die gekerm deur een van die beskuldigdes - sy't dit geniet!
Kyk 'n mens na haar, het sy maklik sestien gelyk en beslis lank voor haar tyd ryp geword.
Sy was boonop hiperintelligent, mooi, en haar ouers baie lief vir haar.
Hoe kon dit wees?
Wel, 'n toegewyde amptenaar het agterna aan my verduidelik dat sulke kinders, juis die ideale muil vir laakbare misdadigers is. Dom en gemiddelde kinders, selfs met huishoudelike probleme daarby - is net kliënte - want hulle sal gewoon nie sulke gesofistikeerde take vir hul hanteerders kan uitvoer nie.
Logies?
Voor ek by die punt kom, betrek ek Jaco Fourie se promiskue en dekadente beskouing naamlik; dat enigeen seks mag het - en nes hulle wil - solank daar instemming deur almal in die orgie is.
Hierop het ek hom die las daarvan op die HELE samelewing gewys. Enige bydraer tot lewensversekering en mediese fondse oral in die wêreld, kan bo en behalwe al die ander las, ook die finansiële las van sulke roekeloosheid en VIGS daarmee saam getuig - om maar 'n enkele voorbeeld te noem.
Daarby, die volgende:
Al het die dogter in my relaas hierbo dit hoe ookal geniet; sy het enorme onheil en gevaar vir dermiljoene onskuldiges geskep - wetend of onwetend? - wel, ek gun haar met liefde kinderlike naïwiteit - in teenstelling met die vergryp deur volwassenes daarin.
Nie net het sy dwelms versprei nie; sy het gruwelike misdadigers se sieklike drang na seks met kinders gestimuleer deur enersyds 'n model in hul pornografie te speel, en andersyds 'n alibi vir soveel pedofiele elders te gee naamlik; dat kinders ook seks kan geniet en kamstig onaangeraak anderkant uitkom
En dis waartoe die heer Dawkins, as beslis 'n baie hoë profielburger op Aarde, ook nog met sy roekelose "mild pedofile" en goedpraat van sy ervaring bydra!
Ek gee nie 'n hel om of daar wel kinders is wat dit kan hanteer nie - ter wille van die miljoene kinders - en ou ooms soos die uwe selfs - is my pleit dat sulke gedrag altyd gekriminaliseer en voorkom moet word.
My Vestaalse geneigdheid, het ook absoluut NIKS met Godsdiens te make nie - eweneens het die seksuele dwalinge deur priesters - NIKS met Godsdiens te doen.
Dit sou gewis geen opoffering van my geverg het om 'n priester te word nie, aangesien ek heel veilig voel in my kuisheid. Ek sou skynheilig wees indien ek voorgee dat dit 'n offer tot eer van God is.
Ek is werklik oortuig daarvan dat daar biljoene soos ek is wat selfs getraumatiseerd deur ontug kan raak.
My kuisheid, skep geen risiko vir ander nie - die ontug van 'n Jaco Fourie en Wouter Ferns (en soos deur hulself met bravade gespog en gewens voor), wel!
Wie moet nou bespot, of aan bande gele word; die sterker, promiskue, dekadente, pornografie en ontug verslaafdes in die openbaar, of Godsdienstiges in hul verkondiging van reinheid en ander sensitiewe - ja, selfs ongelowige - maagdelikes?
Namaste!
Gewyde groete,
Cornelius Henn


Kommentaar
Beste Cornelius,
Ek voel bewoë oor die skokkende insident wat jy ondervind het - niemand behoort só iets mee te maak nie. Ek glo dat mens nooit ontslae van so iets raak nie.
Daar is eenvoudig geen universele oplossing vir die boosheid in die wêreld nie. Dreigemende van die Hel en straf versuur alleen die lewens van gewone, ordentelike, wetsgehoorsame mense en het geen effek op die werklike kriminele en rampokkers nie. Trouens "crime pays" .
Ek raai jou aan om vrede to maak met die hele insident. In die ergste geval kan mens sê dat sy gekry het waarvoor sy gesoek het toe sy begin handel in dwelmsmiddels (nie my persoonlike opinie nie).
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
... dis waar Pieter; dog, sy was 'n kind (jonger as 21) en kinders is ALTYD onskuldig ... wette verklaar die aspirasie van die mensdom ... daarom, al weet 'n mens die wet gaan verbreek word, dit 'n raamwerk skep waarin ons (verkeerdelik soms?) veilig voel - en waarin ons persoonlike afhanklikheid aan God besef word ... Godsdiens, is nie bedoeld om die samelewing te moraliseer nie; Godsdiens is elkeen se persoonlike belewenis in ons almal se Skepper se liefde en genade .- misdadigers ingesluit ... Ysland, stel tans die beste voorbeeld vir warm harte na my wete ... gewyde groete, Cornelius Henn