Ek weet nie juis of daar 'n goeie Afrikaanse term vir 'n "sock puppet" is nie, vandaar my uitvindsel in die titel. Ons almal ken hulle; vals profiele wat iemand tydens 'n argument op die Internet skep, wat sy eie standpunt ondersteun.
Met behulp van kranige speurwerk het ek besef dat Pieter Redelinghuys en Jaco heel moontlik dieselfde persoon is.
In sy brief van 16 deser fouteer Pieter Redelinghuys deur die woord "looser" (losser) te gebruik, terwyl hy eintlik bedoel "loser" (verloorder.)
"Toevallig" (of andersins), maak Jaco dieselfde fout, in 'n brief op 19 deser, deur na 'n "sore looser" (seer losser???) te verwys, terwyl hy eintlik bedoel het: "Sore loser."
Wie is wie se sokpoppie, menere? Is Pieter Jaco s'n of is Jaco Pieter s'n?
JP


Kommentaar
Jo
Welkom op SêNet. Hoop ons hoor meermale van jou.
Nee. Ek en Pieter is nie dieselfde persoon nie. Pieter bly in een van die Baltiese state en bedryf 'n professie as narkotiseur. Ek bly in die Vaaldriehoek en is 'n saad en kunsmus konsultant vir boere.
Daar is tye wat ek en Pieter mekaar ondersteun en ander tye waar ons hewig kan verskil.
Dankie vir die term "sock puppet", iets nuuts geleer. Dieselfde spelfout is toevallig.
Webvoet kan jou verseker ons is nie dieselfde persoon nie