Persvryheid

  • 1

Ek sien nou die dag Sunette Bridges sê dat, in die onderonsie tussen haar en ene Me Ebrahim, laasgenoemde se relase volledig weergegee is terwyl Sunette s’n geredigeer is.

Ek het een keer ‘n brief aan ‘n bekende Afrikaanse koerant geskryf en toe hy uiteindelik geplaas is, is hy sodanig geredigeer dat die brief uiteindelik sinneloos was; die betekenis het verander. Ek twyfel of ek ooit weer ‘n brief aan daardie Afrikaanse koerant sal stuur.

So, ten spyte van wat prof Anton van Niekerk sê, is die waarheid dat, wat die Afrikaanse koerant betref, daar geen vryheid van spraak is nie.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • George Bekker

    Jan, persvryheid is nie net 'n belangrike konsep nie, maar essensieel vir die demokrasie. Met die demokrasie bedoel ek dat die kiesers minstens elke 5 jaar die regering goedkeur of afkeur en die kiesers se besluit die finale een is.

    Hierdie ding van jou saak op skrif stel lewer maar sy smarte op - probeer dit al lank. Dat veral die gewone briewekolomme in die koerant 'n mens kan frustreer is nie te betwyfel nie. Hulle kry skynbaar soveel reaksie dat die oorgrote meerderheid briewe weggegooi word (eufemisties: in die snippermadjie beland, al is dit 'n e-pos), maar 'n mens wonder oor die wyse waarop keuring geskied. As bv Die Waarheid jou telkens ignoreer is die enigste genade om die volgende ou te probeer. Dalk is dit die rede waarom ons soms van Jan Rap verneem, maar hier is te min ouens wat hom op die skouer klop en te veel wat hom verder omkrap, of wat praat ek alles? Net tussen ons manne: Anton van Niekerk is 'n Lib wat nie van homself as 'n Afrikaner sal praat nie.

    Jan, jou brief oor persvryheid is skynbaar geskryf op dieselfde dag as die bloedblad in Parys. Dis iets waarop ons verder kan ingaan. Daardie manne het so sterk aan persvryheid geglo dat hulle bereid was om te sterf daarvoor. Aan die ander kant het hulle vere gevoel vir die gevoelens van Arabiere. Ek was nog nooit geesdriftig oor die Arabiere se profeet nie, maar waarom aanstoot gee aan manne met AK47's?
    George

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top