geldmag, effektief deur effektebeurs b’heer,
onkund’-ontkenn’nd, Self-d’struktief , g’n keer,
aan uitkoms v’n mark: opp’rmagskons’ntrasie,
v’r G’wete-herwinn’ng oppie agenda g’n spasie
meerd’rheid in eksistensieel krisis, lief v’rdriet,
subiet, struktuurg’weldsugt’g, hiet-’n-g’bied,
v’r menswaard’gheid g’n plek meer’p Aard’,
materieel dra’t, wes’nl’k, g’n, niks, waard’,
apartheidstrontswond noggie mooi g’sond,
“Duiw’lspiek”-aanbidd’ng’p g’boort’grond
onn’rdrukte hoor nie meer mede-Mens-g’skree,
aysh, g’wet’nloosheid, papzak-krisis, nood’s groot
gee g’loofsfundament Venesiaans mee, God-idee,
Waarheid, mos veel bet’r alternatief assie dood
Jacobus Faasen

