papsakpaloekapaparazzi

  • 0

o, aard’tjie, Mens, eg horribaal afgunst’g,
minn’rheidseise ann’ste’s dié v’n meeste,
na vier-plus eeue Eerste Mens heel laaste,
bly bourgeoisie binne beeld, in media-b’rig

t’r illustrasie, moed’rtaalv’rhaal, WVK-ofte-not,
staat apartheidsmonument, so sup’r-prominent,
’t Broed’rbroedzel sig desp’raat na suile g’wend,
hoev’l v’n hul herdenk histories Bloedrivier-god?

v’rwyl magsjagse tyd, t’rwyl Mens soek na waarheid,
halsov’rkop, bo-op, oppie top, v’n Skuldbult, vasg’vang,
v’r wegkom, v’n ytkoms, g’n kans, t’vreesaanjaend bang

heel’p loop, v’rward, b’noud, g’stres, re stommiteit,
Self-sugt’ge, streng g’fokus’p binn’kringb’magt’g’ng,
deur miljoene “Duiw’lspiek”-kwazi-paparazzi omring

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top