Pad

  • 1

Daar is iets magies aan 'n pad. Ek weet nie of dit die teer en klip is nie, en of dit die roete is nie. Want net vandag sit en ry ek en ek wonder wie de hel die padingenieur was wat hierdie pad gebou het. Dit wassie 'n BEE-kader nie want hierdie pad kom van baie lank al af. Thys vra die vraag oor en oor hoekom die draai hier is en hoekom die pad nie dalkies reguit gebou kon word nie.

Dit is opvallend hoe die groot pad altoos vebeter as mens die Wes-Kaap uitbeweeg, want die vet weet, net iemand met baie geduld ry enige Weskaapse pad sonder om baie vloeke te uiter. Wetie waar die filosowe en derglikes hul lang stories vandaan kry en wat hul agendas is nie, want die Oos-Kaap se paaie is glad nie eens ter vergelyking met die beroemde Wes-Kaap se verskonings nie. Logies weet ons dat, as hulle 65 Miljoen Rand spandeer om die ongebruikte paadjie na die voorsitter van die Afrikanerbond se strandhuis op te gradeer daar eintlik weinig oorbly aan werklike infrastruktuur, reg?

So sukkel ons om hoegenaamd radiogolwe op te vang net soos ons oor die berg is. Die radio verseg en die Chinees wat hom geïnstalleer het word ten hemele vervloek. Dwarsdeur die Karoo is daar geen opvangs nie. Behalwe een stukkie pad: Die draai kort annerkant Uniondale. As jy die knoppie draai het jy 'n stasie, van Radio sonder standaarde regdeur tot die beste Swahili kan jy hoor in enige taal wat jy aan kan dink.

Thys kyk my aan met 'n "I told you so " uitdrukking. Ek weet nie of dit die basiese feit is dat ons 'n kadawer moet loop haal, en die gemengde vrese wat altoos met die dooies gepaard gaan en of dit die ou-ou storie vannie bekende Meisie en haar gru-dood en daarmee saam haar weiering om tot ruste te kom is nie maar die radio het gewerk tot annerkant die afdraai en van toe af verseg die bleddie ding. Thys beduie gewyd dat ons nie verder moet karring nie en toe luister ons na statiese gesuis vir 'n paar honderd kilometer.

Mens wil, as jy deur die Karoo ry, altoos na Meatloaf of Chris (de Burgh) of Koos Doep luister. Of wel, enigiets wat by die hitte of middel van die dag of dan die sonsondergang pas. Die pad terug is basies dieselle storie met die radio wat verseg om te werk en mens die stilte waardeer in die grootsheid van niksheid intens waardeer en dankbaar is dat die bleddie Chinees net staties is. By Beervleidam moet mens stop want dit is tog, wel , die heel mooiste dam in die hele wye wêreld al is hy altyd leeg, reg? Die Beervleidam is inderdaad die heel mooiste dam in die hele wye wêreld.

Soos die duiwel dit wil hê begin die radio eers kort duskant Uniondale stasie opvang. Kort na die dorp so in die verbygaan gesien is dit weereens net staties. Niks.

Die pad is kak en hobbelrig want dis nie meer die ANC-regime wat die pad in stand hou nie en die spook is lankal vergete want dis net die dooies wat 'n rit op hierdie pad kan verduur. En dan staan hulle op openbare verhoë en verkondig hoe sleg die arme Zuma en kie dinge bestuur.

oester

  • 1

Kommentaar

  • Oester ...?

    Ek ken nie hierdie "Oester" nie.
     
    Wonder of iemand Oester in die oor gefluister oor seerkry of iets dergeliks.
     
    Raed-na-Gael.
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top