Orania blues

  • 3

vals profete b’roep’l’p vals god, vals g’voel v’n mag,
v’n G’wete b’roof, onkund’-ontkenn’nd, sjatansprooi,
gun Veritas g’n g’leentheid, verifieerbaar t’ontdooi,
gat aaire aan, in jaagtog na stuiw’r, sonn’r t’trag

sjelt bring moel’gheid, haat, nyd, twis, oorlog,
strydvegt’r net al hoe meer b’drewe in b’drog,
sado-masochisties, Self-d’struktief, oppe trip,
mos’l lankallies v’rsjeet, vannie slaaf-vrag-skip

aysh, vleisvret’r, inkomm’r, mamparamugu, paloeka,
’t help miskien net as Mens mede-Mens sou wou vra,
inligting primêr, eerst’hands, wet’nskapl’k in t’win

wann’r word Afrikan’r inwon’r v’n Afrika,
sonn’r ’n mentaliteit, soos dié in Orania,
of erg’r, nes dié vanne Broed’rbondg’sin

Jacobus Faasen

  • 3

Kommentaar

  • Jacobus

    Die mense van Orania pla mos niemand nie.  Rustige mense wat hulle eie gang wil gaan op hulle eie manier. Hulle het hulle "plekkie" wettig gekoop en ontwikkel dit na die beste van hulle vermoëns, en is gehoorsame burgers van die land.  Vergun jy hulle nie hulle eie leefswyse nie, of wil jy almal in jou "boxie" gedruk sien?

  • CorneliusHenn

    Jacobus Faassen, ek stel voor jy begin vanuit jou rassistiese blues met die geskiedenis van 'n Voortrekkerleier soos Adam Kok, en bedink vir 'n slag wat jou Kaapse rol in die Ingelse propaganda aan die Griekwas - nes aan die Boere - vandag steeds doen. Orania groete, Cornelius Henn

  • Kobus, ek is seker jy's nie teen regstellende aksie nie anders sou jy al lankal, gediggie vir gediggie, dit uitmekaar getrek het soos jou gewoonte oor en ten opsigte van ons Boere is.  So jy moenie knars en ween oor die Broederbond nie; dit was bloot regstellende aksie ingestel, en bedryf, deur die Afrikaner om hulself op te hef na (en gedurende) hulle onderonsie met die Engelse.

    Wat Orania betref, dis soos Jaco hierbo sê, hulle pla jou nie en verwag niks van jou nie.  Ek wonder of hulle Oranie toe is, die wat daar woon nou, om die redes wat jy vermoed.  Ek dink hulle is daar vir gemoedsrus; ek was so drie jaar gelede deur die plek en ek het nie één lemmetjiesdraadheining gesien nie.  Een ou was besig om te bou (nogal 'n Engelssprekende) en hy sê hy het toe so pas van vakansie af terug gekom en hy het al sy gereedskap net so oop gelos en nie 'n dingetjie was gesteel nie.  Gemoedsrus doen baie vir mens se gesondheid, beide die gees en die liggaam s'n.

    Jan Rap

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top