Opsomming vir Dirk Rigter

  • 1

Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief van deser aan jou.

Jy hoef nie kommentaar te lewer nie; die skrywe was maar vir jou inligting. Kommentaar is dus oorbodig, veral as jy saamstem. Dit kan wees, aangesien jy sê jy vind die storie onsamehangend, dat jy nie mooi verstaan nie, so kom ek som dit op vir jou:

Paragraaf 1: Jy kan nie kla as ek reageer op ‘n skrywe van jou wat nie spesifiek aan my gerig is nie; jy doen dieselfde. Trouens, dis die aard van hierdie forum; mense klim in en stry of stem saam al na gelang van hulle ingesteldheid, opvattings of luim.

Paragraaf 2: Jy kan nie net sommer praat nie; as ‘hiet en gebied’ in die 60’s deel van jou verwysingsraamwerk was kan jy nie aanvaar dit was die geval met almal nie.

Paragraaf 3: Swaziland se burgers is gesegregeer van dié van Lesotho. Die hele Europa se nasies is gesegregeer. Nie een van hierdie voel hulle word onderdruk deur enige van die waarvan hulle gesegregeer is nie.

Paragraaf 4: Pasop vir chronolitis, daardie kwaal wat jou laat glo ‘n nuwe weergawe is altyd beter is as die ouer ene. ‘n Plastiekbottel is nie noodwendig beter as die glasbottel nie (‘n woestersous wat altyd in glas beskikbaar was is nou in plastiek). Of vat maar vir Zimbabwe; in die ou tyd het die inwoners dit God’s own country genoem en nou, in die nuwe tyd, is dit ‘n nes wat op aalmoese moet staatmaak.

Paragraaf 5: Hierdie nuwe SA is nie Utopia nie; hier is baie uitdagings en die uitdagings vermeerder soos die tyd aangaan (‘n ‘uitdaging’ is iets wat perfek gewerk het en in die nuwe bedeling opgefoeter is, soos rioolaanlegte of plase byvoorbeeld). Die feit dat jy meegewerk het in die daarstel van die huidige gemors verklaar jou houding van ‘aanvaar en berus’ en gevolglik jou weersin in diegene wat nie daardie ingesteldheid het nie.

Pragraaf 6: Standaardafrikaans is nog nooit in enigiemand se keel afgedruk soos jy beweer nie.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • "...Woestersous...is nou in plastiek..."?? Genugtig Jan, jou "opsomming" het nou nuwe hoogtes bereik! Geen verdere kommentaar nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top