Dagsê Jaco
Jare gelede was daar ‘n ding soos ‘n driekamerparlement wat die politieke tuiste was vir wittes, bruines en Indiërs (die swartes het die tuislande gehad). Daar was baie bruines en Indiërs wat niks van die storie wou weet nie want dit sou beteken hulle gaan akkoord met die beleid van afsonderlike ontwikkeling en hulle wou eerder die roete van ‘n swart regering volg.
Nou, jy het al herhaalde male wat jy die gekkegrensers noem daarvan beskuldig dat hulle nie vir hulself gaan beding het by Kodesa nie. Die rede is natuurlik dieselfde as hierbo; sou hulle gaan ‘beding’ beteken dit hulle gaan akkoord met swart regering en, in die lig van wat tot op daardie stadium in Afrika gebeur het, wou hulle nie daardie roete volg nie.
Dit is so goed jy kom een aan by die huis en daar staan ‘n klomp, sê tien, ouens in jou sitkamer jou beste bottel whisky en uitloot. Jy maak natuurlik beswaar maar hulle sê vir jou jy is welkom om ook ‘n kaartjie te koop. Koop jy ‘n kaartjie gaan jy akkoord met die idee dat jou kans om jou whisky te verloor 10 uit 11 is; jy gee hom vir alle praktiese doeleindes dus weg.
Ek hoop jy verstaan nou die storie.
Groetnis
Jan Rap

