Mens, mede-Mens wil’t so sagk’ns oppie hart druk,
sosio-linguïsties alhier, lank reeds, ingxaki kakhulu,
nette minn’rheid bes’g m’t daai viesl’k “isiBhoeroe”,
dié wie Afrikaans in kleur w’l v’rdeel, uit’rs ong’skik
Mens, wie ann’r totte “Ann’r” w’l omvorm,
m’t “ras”-’n-“klas” asse v’rtrekpunt, of norm,
inklusiwiteit, neo-apartheidsg’wys eksklusief,
al is Afrikaans ’n Afrika-taal, o ja, def’n’tief
wend Mens Mens Self tottie meerd’rheid,
dié wie denk Moed’r, Sy’s sup’r-skangakha,
via dik-’n-dun, propvol hoop, s’l phakhamisa
want sonn’r ’n wydg’konsulteerd taalb’leid,
is Afrikaans nog glattie “duid’l’k”, in Afrika,
t’veel w’t illeg’tiem apartheidslas w’l dra
Jacobus Faasen


Kommentaar
Jacobus Faasen
Vir een wat gedurig rym oor veelrassigheid, kom jy in omtrent al jou rympies anti-wit-Afrikaner voor. Dit waaraan jy die wit Afrikaner aan wil beskuldig is jy beslis self aan skuldig.
Jy en Jan Rap is eenders in julle benaderings. Albei in die vorige bedeling vasgevang. Jan vir blanke baasskap, jy vir 'n ewige bruin martelaarskap onder wit-Afrikaners.
Pleks om te help versoening tussen half-bloed-broers teweeg te bring, is jy soos Jan Rap die ewigdurende beskuldigende vinnger wys.
Dink jy nie dit is nou al 'n afgesaagde onderwerp nie?
Jaco Fourie
17-12-2013
Beste Jaco
Vra gerus vir Vryheidsfront Plus, Afriforum, Solidariteit, Helpende Hand en Orania Beweging of hulle dit goedkeur dat Afrikaans op regeringsvlak as "apartheidsonderdrukkerstaal" ("isiBhulu") bekend staan. Laat weet ons gerus, of plaas asseblief hulle betoog om dit as sodanig te behou.
Oom Jan Rap is waarskynlik eerliker as wat julle almal saam is.
Groete
Jacobus
Jacobus Faasen,
Indien dit die regerende ANC beleid is en dit hulle goedkeuring wegdra dat Afrikaans op regeringsvlak als "apartheidsonderdrukkerstaal" ("isiBhulu") bekend staan, moet jy hulle daaroor aanvat, en nie AfriForum, Solidariteit, Helpende Hand en die Orania beweging wat nie by magte is om enigiets daaromtrent te kan doen nie. In elk geval is daar vir hulle meer belangrike "issues" as om met jou "petty" uitkyk mbt tot 'n enkele woord, nl. "isiBhulu" in te val. Ek is ook nie bewus van enige ander instansie of selfs ander persone wat so knaend daaromtrent is as jyself nie.
mbt "Eerlikheid", is jy nie eerlik teenoor beide jouself of jou lesers mbt die Afrikaanse taal en veral viz a viz wit Afrikaners wat jy steeds post-1994 als die onderdrukker aansien. Die aanspraak vir bruin-Afrikaansprekende martelaarskap was pre-1994, sedertdien ongekende vryheid vir beide blank en bruin Afrikaanssprekende, danksy on konstitusie.
Watter pogings wend jy aan om wit en bruin Afrikaansprekendes nader aan mekaar te probeer bring, eerder as om die uitgediende beskuldigende vingerwys na wit-Afrikaners uit te steek?
Jaco Fourie
18-12-2013
Beste Jaco
Dit klink asof jy in 'n onkund'-ontkenningswoestyn rondswerf. Laat weet my wanneer jy die selfbeskikkingsoase bereik.
Groete
Jacobus Faasen
Jacobus Faasen
Aai nee a!! Waar was selfbeskikking ooit 'n onderwerp tussen jou en my gewees!? Jy maak wilde stellings, veral teenoor post-1994 wit_Afrikaners, en wanneer ek jou daaroor konfronteer, of jy antwoord my glad nie of jy "side-step" dit met ander irrelevante "issues" soos in albei jou response hierbo.
In 'n vorige respons aan my het jy te kenne gegee dat Solidariteit / AfriForum rassisties is, sonder om jou stelling met bewyse te staaf. Ek op my beurt het jou betroubare bewyse tot die teendeel gelewer, waarop jy eerder stilgebly het in erkenning daardeur dat jy my nie kon weerle nie.
Jou voortslepende gerymde beskuldigende vingerwys na wit-Afrikaners sou relevant gewees het pre-1994, sedertdien glad nie, tensy jy dit feitlik tot die teendeel kan bewys.
Maar kom ons praat oor selfbeskikking. Ek persoonlik, en ek het dit tot vervelens toe hier op SêNet in die verlede, gesê dat enige vorm van politieke selfbeskikking in RSA vir wit-Afrikaners 'n onmoontlikheid is, en om daaroor te top se ek vir my volksgenote is tydmors.
Wat ek wel 'n voorstaander van is, is kulturele selfbeskikking wat ALLE Afrikaanssprekendes, onder een sambreel, ongeag kleur, nering, godsdiens, seksualiteit, ens. binne die bestek van 'n multikulturele SA. kultureel vereenig wil sien. Dit is vir my die idiaal. EN ongelukIg word idiale selde verwesenlik.
Maar ek is teen voorskriftelikheid. Die bruin of wit-Afrikaanssprekende wat nie mekaar wil vind nie, gun ek dit hulle reg in terme van die konstitusie om vrylik te kan assosiasie of selfs vrylik te kan disassosiasie. Die bruinman wat eerder die AfriKaaps idiaal nastrewe, is volgens my sy volkome reg daartoe. Die wit-Afrikaner wat politieke selfbeskikking als idiaal nastreef, ook sy reg daartoe. Jou pikante rymstyl, ook jou reg daartoe. Solidariteit / Afriforum soos ek hulle opsom, streef nie vir 'n politieke bestel nie, maar wel vir kulturele selfbeskikking binne die raamwerk van 'n besigheid, gefundeer deur betalende lede, wie se belange hulle uit hulle pad sal gaan om te beskerm.
Orania; Donkerhoek, en ander voornemende "enklawes" kan suiwer op besigheidsbeginsels funksioneer, en glad nie als politieke entiteite nie. Die feit dat hulle kieskeurig is wie hulle in hulle midde wil aanvaar, is ook 'n reg wat deur die konstutsie onderskryf word. Of jy of ek nie daarmee wil vereenselwig nie, is nie ter sake nie. Solank hulle gehoorsame landsburgers is wat hulle belastings betaal, kan daar nie vinger na hulle uitgesteek word nie.
Jy in teendeel kom voor as 'n ondersteuner van die rassistiese ANC, en 'n anti-wit-Afrikaner daarby. Dieselfde ANC party wat vir die bruinmense van die Kaap gese het daar is te veel van julle daar, 'n regstelling sal moet plaasvind. Die ANC rektor, Dr. Jansen wat 'n aanslag op Afrikaans op tersiere gebied wil maak; die Zululand Unversiteit se ANC rektor wat gese het dat Afrikaans is 'n kanker in die samelewingis wat uitgeroei moet word, ens. Sulke stellings wat bruin, swart en wit-Afrikaanssprekendes ewe raak, moet teegestaan word, die dat daar 'n noodsaaklikheid vir Afrikaanssprekende-kulturele selfstandigheid moet plaasvind. In gevalle waar die staat nie Afrikaans ondersteun, en selfs wil ondermyn, waar kultureel die Afrikaassprekende sy eie belange met private fundering sal kan voortsit, soos private Afrikaansskole, ens.
Jou beheptheid met die woord "isiBhulu" het jy reg daartoe. Maar moenie AfriForum, Helpende Hand, Oraniabeweging, ens daarvoor verkwalik nie. Gaan sien jou regerende ANC party eerder reg. Nogiets. Wat saak maak dit waar sekere Afrikaanssprekendes hulle eerder as Afrikaanses; AfriKaaps; Afrikaners; Boere, ens bekend wil staan. Vir my is dit om te ewe of my teestanders my as "isiBhule" of selfs als "kakkerlakke" wil uitskel, wat wel gereeld gedoen word. Ek neem dit vanwaar dit kom.
Jaco Fourie