Beste Jason Lloyd
Na aanleiding van jou skrywe “Dookoom: Larney jou kans” op 5 November onder die “Menings / Hotnotsgod” kolom op LitNet, die volgende opmerkings:
Die minste wat die lesers van hierdie forum verwag, is dat ‘n meningsvormer soos jy ‘n ingeligte opinie sal hê, en meer nog, dat dit gebalanseerd sal wees.
Jy verwys in jou skrywe onder andere na die “De Doorns-plaasopstande in 2012”. Laat ek jou dan maar inlig aangesien jy nie van beter weet nie: Daar was géén plaasopstande by De Doorns in 2012 nie. Wat daar wél was, was ‘n georkestreerde plundering van privaat- en staatseiendom aangestig deur Nosey Peterse van Bawusa. Wie was die deelnemers aan hierdie plundertogte? Definitief nié inwonende plaaswerkers nie, maar die Sotho-sprekende plakkers langs die N1, van wie net sommiges tydens seisoentyd as tydelike werkers ingeneem word.
Hierdie arme mense het vir nege maande van die jaar geen inkomste nie, want die ANC regering is gebore nie in staat om hierdie land se ekonomie aan die gang te kry nie. Nou plak hulle by De Doorns met die hoop van inkomste met oestyd. Pieterse en genote wéét hier is ‘n teelaarde vir onrus en maak al te graag hiervan gebruik om die Wes-Kaap (ja man, DA-gebied!) te destabiliseer. Dis nie om dowe neute nie dat Tony Ehrenreich gedurigdeur agter Nosey Pieterse se rokspante gesien word nie!
Kom ek sê vir jou nog ‘n ding: Ek het nog nooit in my lewe meer naakte vrees in mense se oë gesien nie, as juis in die oë van werklike inwonende plaaswerkers gedurende hierdie “opstande” nie. Vrees vir intimidasie en die ergste aanranding en selfs lewensgevaar. Want as jy uitgevang was dat jy nie ook saam plunder nie, is aan jou geen genade betoon nie, om dit nou maar baie saggies te stel.
Verder skryf jy oor die Dookom liedjie: “Met die gebruik van woorde soos “brand die plaas en f** die baas” blyk dit ’n ernstige noodroep te wees op die owerhede om in te gryp om iets omtrent die oorwegend ongunstige werkslewe van ons plaaswerkers te doen.”
Oorwegend ongunstige werkslewe van plaaswerkers? Dis net so ‘n veralgemening soos dié van Busani Ngcaweni in die Sunday Independent onlangs wat alle wit Afrikanermans gelyk stel aan Oscar Pretorius se kroegmanewales en skietlustigheid. Wanneer laas was jy op ‘n plaas in De Doorns? Of for that matter op enige ander ordentlike boerdery in SA wat op sake-beginsels bedryf word? Plaawerkers word ekonomies-lewensvatbare lone betaal, daar is chreches en versorgingsfasiliteite vir kinders, gratis vervoer na klinieke en dokters, gratis huise met elektrisiteit, warm en koue water en in baie gevalle rantsoene soos melk en vleis waar die boerdery dit toelaat.
Ek is nie ‘n boer in De Doorns nie, maar ek het familie daar en kom reeds sedert die middel 1980’s gereeld daar en ek wás daar tydens Bawusa se plundering en onluste. Ek het die goed eerstehands aanskou en weet waarvan ek praat.
Wat ‘n meningsvormer soos jy (en ons almal!) behoort te doen is die volgende:
Eerstens moet ons aanvaar dat SA ‘n derdewêreldland is met ‘n verskriklike koloniale- en apartheidsverlede wat reuse ongelykhede hier gevestig het, en dit sluit die landbou in. En hierdie ongelykhede moet uitgewis word, maar die realiteit is gewoon dat dit baie, baie jare gaan vat om dit gedoen te kry.
Tweedens: Die oorgrote meerderheid (wit) boere in SA is opreg in hul strewe om hul plaasmense se omstandighede op te hef en te verbeter, maar, en dis die groot maar, ekonomiese realiteite beperk die tempo waarteen dit kan geskied. ‘n Niewinsgewende boer is ‘n bankrot boer. Kleiner boere maak dit nie meer nie, die groter boere koop hierdie plase op en werksgeleenthede in die landbou word al minder. Vanaf 2010 tot 2011 het voltydse werknemersgetalle in die landbou gedaal vanaf 860 000 tot 820 000, ‘n 5% daling in een jaar! Gaan kyk maar wat sê Statistiek SA hieroor. Dis op hul webtuiste.
Derdens: Jou skrywe waarin jy alle boere met dieselfde onbillike teerkwas bykom, laat my dink aan Steve Hofmeyr se uitdagende sing van die Stem. Ál wat dit eintlik bereik is om mense te polariseer en ordentlik die moer in te maak. Natuurlik moet ongelykhede en slegte behandeling van werksmense uitgewys word, maar om op jou seepkis te spring en ‘n klomp emosionele onwaarhede uit te basuin, gaan hierdie tans droewe land van ons niks verbeter nie. Wie sê vir jou daai wit man in die flentergat Toyota bakkie met die hond langs hom en die bruin / swart manne agterop in die reën was ‘n boer? Dalk was hy ‘n bouer of loodgieter of smous of verwer? Het jy hom gestop en gevra? Nou laai, volgens jou, alle boere hul mense in die koue reën agterop die bakkie, laat die hond voorsit en daar gaan hulle?
Vierdens: Wie gaan vir SA kos gee as die landbou sy gat sien?
Groete
Dirk Rigter


Kommentaar
Dirk jou vierde vraag is die belangrikste: Wie gaan vir SA kos gee as die landbou sy gat sien? Selfs lank voor dit moet onthou word dat daar in hierdie land miljoene mense is wat onder die broodlyn leef en as mense soos Pieterse sy sin kry gaan voedselpryse skerp styg en gaan daar moeilikheid wees.
Dankie vir jou uiteensetting van sake by De Doorns. Ek het wel beswaar teen die volgende sin in jou brief: “Eerstens moet ons aanvaar dat SA ‘n derdewêreldland is met ‘n verskriklike koloniale- en apartheidsverlede wat reuse ongelykhede hier gevestig het, en dit sluit die landbou in.”
Dit is nie hierdie verlede wat die ongelykhede gevestig het nie. Die probleem was dat daar, afgesien van die nuwe aankomelinge in 1652, was daar niemand wat al van die alfabet gehoor het of van die wiel geweet het nie. Afgesien van kontak met die Khoi-Khoi het dit nog 120 jaar geneem voor daar werklik met die ander swart mense kontak gemaak is. Die “verskriklike koloniale en apartheidsverlede” het ongelooflik goed gevaar, want in nie veel meer as 200 jaar nie is mense wat duisende jare se ontwikkeling moes inhaal op 'n vlak gebring waar hulle 'n betekenisvolle rol kan speel, selfs op die hoogste vlak. Vanselfsprekend is my uiteensetting nie politiek korrek nie, maar sien jy kans om feitelik hierop te reageer?
Mnr Rigter. Geluk met jou baie goeie reaksie oor mnr Lloyd se Plaasopstande. Soos ek al in 'n vorige skrywe oor die knaap wat in die Sunday Independent sy dwaasheid oor Afrikanermans te kenne gegee het, het die mense deesdae die "vrye reg" om te skryf en te sê wat hulle wil. Die openbare media gryp sulke insidente met albei hande aan en saai wantroue tussen die bevolking. Die persoon wat iets tussen die ore het sal dit nie sommer vir soetkoek opvreet nie, maar die gepeupel sal emosioneel daaroor raak en barbaars begin optree. Ek gee toe dat daar beslis "wandade" op plase plaasvind, maar dit is te betwyfel of dit op gereelde basis met sulke ergere barbaarsheid te paard gaan. Ek kry die wettige plaaswerker jammer.
Beste George
Dagsê Dirk
Beste Dirk, ons moet eerstens duidelikheid oor ons verskille kry. Volgens jou het die “verskriklike koloniale en apartheidsverlede” die “reuse ongelykhede hier gevestig”. My standpunt is dat die “reuse ongelykhede” groter was tydens Van Riebeeck se aankoms as op enige stadium hierna. Dit was geensins my bedoeling om te kenne te gee dat apartheid nie nadele vir nie-wittes gehad het nie – daar was baie wetgewing wat hulle benadeel het, soos jy aantoon. Daar was ook oa onderwyswetgewing en aparte universiteite wat hulle bevoordeel het tot só 'n mate dat duisende swart mense grade verwerf het. (Dat daar diepe ongelukkigheid oor die 'apart' en ander sake was is onomstootlik.) Ten spyte van die ongelukkigheid het die saambestaan met wittes aan hulle 'n ontsaglike stoot gegee. Jy verwys na “groot verskille in beskawingspeil (deur ‘n koloniale bril gesien)”. 'n Mens wil dit liewer sag sê maar selfs sonder die 'koloniale bril' was die verskil duisende jare en het die Europeërs hier 'n groot beskawingsrol vervul (moontlik dikwels 'n onwillige rol).
Miskien moet ons liewer nie mekaar van 'morele oneerlikheid' beskuldig nie. Jy maak jou wel hieraan skuldig as jy te kenne gee dat swart mense, volgens my, 'gelyke geleenthede' gehad het. Ek het dit geensins beweer nie.
Thomas
Jou antwoord verbaas my nie. Jy bly in die Weskaap (het nie 'n idee van die ware omvang van die 'Swart gevaar" nie). Jy haat in elk geval die Afrikaner en gee nie om wat die rede is nie; hulle "glo" mos nie soos jy nie.
Ek stem met baie van jou sieninge saam, veral oor "geloof", maar net soos die media draai jy die negatiewe dadelik weer terug na die Afrikaner en die ware probleem word nie aangespreek nie. Ek dink jy is banger vir Steve as vir Malema want diep binne weet jy wat is die ware toedrag van sake. 60% van die lesers van netwerk24 ondersteun vir Steve; kan wees maar wat van die nie-lesers? Ek dink 100% ondersteun Steve. Steve het meer "volgelinge" op sosiale media as wat Beeld koerante verkoop.
Moenie skaam en bang verwar nie!
Oupa
Wat opsigtelik is,is dat Jason nooit op sy lesers se response reageer nie. Hy maak gereeld stellings en los dit eenvoudig daar.
Ek som Jason op as 'n bruin nasionalis wat 'n hekel inhet vir Afrikaners. Ongelukkig vir hom is die bruin gemeenskap so verdeeld onderling, dat sy nasionalisme geen kans tot bestaansreg ooit gaan geniet nie. Hulle het ook geen "track" geskiedenis van samehorigheid ooit gehad nie.
Intussen redekawel Afrikaners waarop hy afgunstig blyk te wees, onderling hierbo oor die verlede wat verewig verby is, en nie meer 'n faktor vir die Afrikaner se toekoms is nie.
Sentimenteel (inklusief) ondersteun Thomas se "dom" volksgenote vir wie hy skaam is, vir Steve, weens die buitensporige aanvalle van buite op hom as Afrikaner. "Afrikaners closing ranks with him", maar nasionaal (ekslusief) ondersteun die meerderheid van Thomas se "dom" Afrikaners as teenstanders van die ANC, vir die veelrassige DA.
Soos ek in 'n vorige respons genoem het, Afrikaners tree inklusief op wanneer hulle belange as Afrikaners bedreig word, en tree eksklusief op met ander rasse in beide die werkplek en nasionale politiek, ook uitsluitlik in eie belang.
Dagsê Thomas
Die ding wat hulle mens noem is darem eienaardig. Ek sien almal het altyd iets te sê oor goed waarin hulle nie betrokke is of iets van weet nie. Ek vat nou almal is gekant teen ivoorhandel. Die lande wat geen flippen olifant op sy grondegbeid het nie se bekke is die grootste. Net so die boere. Die jakketratte wat vet mooi nokkol met boerdery uit te waai het nie, se bekke is die grootse oop oor boerdery. Ek glo jy vloek nie 'n boer met kos in jou bek nie.