Oorspronklike liedjies

  • 4

Destyds toe my kinders op skool was, het hul ook maar neus opgetrek vir my 60/70’s versameling musiek. Dan was dit met genoegdoening dat ek soms ‘n cd met ‘n ou liedjie daarop kan uittrek en speel om vir hul te wys dat die nuwe liedjie waaroor hul nou gaande is, nie die oorspronklike een is nie, maar dat dit jare gelede al geskryf/gesing is deur ‘n ouer kunstenaar, bv. Love is all around van die Troggs, waar hulle groot geword het met Wet Wet Wet se weergawe, of die Beatles se “Come together” wat later deur Aerosmith gesing is vir die klankbaan van die rolprent “Armageddon”. Daar is mos baie voorbeelde.

Maar net so het ek my ook mos al vergis deur die jare deur te dink ‘n liedjie wat ek al jare ken, is die oorspronklike. Die nuutste voorbeeld daarvan is die liedjie “Look out, here comes tomorrow” wat ons almal ken soos deur die Dealians gesing in die 70’s. Gister kom ek agter dat die liedjie deur Neil Diamond geskryf is, en die Monkees, wie ook sy “I’m a believer” bekend gemaak het, het dit destyds gesing. Toe ek dit agterkom, besef ek die liedjie is wel op die “Monkees collection” cd wat ek reeds baie jare gelede gekoop het. Interessant dat daar op YouTtube wel ‘n bejaarde Neil Diamond voorkom wie wel die liedjie sing, ek het dit egter nie op een van sy vele plate of cd’s nie.

Van die Dealians gepraat, een van hul mooiste liedjies vir my was “Two of us” hier in 1973 rond, en so 10 jaar gelede neem ek eers kennis van die Beatles se oorspronklike weergawe wat Paul McCartney geskryf het en die Beatles in 1969 gesing het.

So misgis mens jou mos maar soms met ‘n “oorspronklike” liedjie.
Pieter

  • 4

Kommentaar

  • Hello, 

     
    My gunsteling is The Mike Flowers Pops,http://tinyurl.com/k3hvgrx se weergawe van Wonderwall met 'n "lounge lizard vibe", wat die indruk skep dat dit die oorspronklike is en Oasis se weergawe die latere weergawe is, dit is net mooi omgedraai en is daar 'n speelse ironie aan die gang en verkies ek die "Mike Flowers Pop" weergawe. 
     
    Saam hiermee is "Girl You'll Be a Woman Soon" van Urge Overkill, http://tinyurl.com/38e8sfm ook slegs 'n weergawe van Neil Diamond se oorspronklike en die gevaar van "Girl You'll Be a Woman Soon", maak perfek sin in die konteks van "Pulp Fiction". 
     
     Die weergawe van I'm a Believer wat ek ken is van Smash Mouth, http://tinyurl.com/2fccjvh uit Shrek, maar die klank van die sestigs moes 'n wenk gewees het. 
     
    Cool song. 
     
    Love is all around van Wet Wet Wet, het ek nie geweet het oorspronklik aan die Troggs behoort nie. Dit is 'n wild thing... 
     
    In die lyn van mooi en romanties, vir jou “Two of us” van die Beatles en almal na hulle, is Bill Withers se Just the two of us, http://tinyurl.com/27mz9bo, my gunsteling, maar slegs na sy Lovely Day, http://tinyurl.com/6r8g8f, maar is sy Lovely day, 'n Pefect Day, http://tinyurl.com/cegqeg en is dit 'n perfekte weergawe van http://tinyurl.com/3jjst3 Lou Reed se oorspronklike. 
     
    Take a walk on the wild side, http://tinyurl.com/2mypka na Iggy Pop se http://tinyurl.com/mddz7q Lust for Life, Iggy Pop die inspirasie vir David Bowie se http://tinyurl.com/q49dd2l, Jean Genie. 
     
    Maar hier stop ek, moet nou eers 'n speellys gaan saamstel. 
     
    Geniet die musiek....
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hallo Wouter

     Dankie vir die voorstelling aan van Bill Withers se liedjies; "Just the two of us", baie mooi. Ek ken hom net vanwee: "Ain't no sunshine." Girl you'll be a woman soon" van Neil Diamond het ek jare gelede noodgedwonge vanaf 'n plaat ingetrek omrede dit nie op cd beskikbaar is nie. Wat 'n ander frustrasie is, heelwat baie mooi liedjies, sommige wat my betref die beste van die spesifieke kunstenaar, is nooit na cd oorgedra nie. So, bv. moes ek na al die jare weer na die LP met "Much more love" van Tommie Roe gaan soek, omrede jy wel 'n cd van sy bestes kry, maar dit bevat nie hierdie liedjie nie. (as jy nie in die 60/70's op skool was nie, sal jy nie die liedjie ken of mal wees daaroor nie.  🙂
    Groete

    Pieter

  • Hallo Pieter, 

     
    Verskoning dat ek nou eers weer terugkeer na hierdie onderwerp. 
     
    Ek het aan Trienie verduidelik dat ek in 'n stilbui gegaan het, na my brief oor angs. 
     
    Die brief het my heel melankolies gelaat. 
     
    Maar hoe ook al, terug na musiek. 
     
    Ek het na "Much more love" van Tommie Roe gaan luister en ongelukkig is jy reg, wanneer jy skryf, "sal jy nie die liedjie ken of mal wees daaroor nie". 
     
    Jammer daaroor. 
     
    Maar het onmiddellik onthou van "Sweet Pea" en was ek nie in die 60/70's op skool nie, maar wel  80/90's. 
     
    My smaak in musiek begin met my ouers, Country en Afrikaans, wat ek nou volkome agter gelaat het. Maar daarom die "Sweet Pea" en nog 'n ander gunsteling uit daardie tydperk, Cottonfields. 
     
    Wie het die oorspronklike gedoen? 
     
    Weet jy? 
     
    Nou nog gaande oor daardie liedjie. 
     
    My groot liefde, 'n jong dame in Standerd Ses, dit was die tydperk waar alle gay persone, eers heteroseksueel probeer wees het, die laaste generasie en stel sy my bekend aan David Bowie, Sting, Kate Bush, Prince en vorm daarmee die grondslag van popmusiek in my lewe. 
     
    Haar smaak was besonders "cool" vir iemand so jonk. 
     
    My tweede groot liefde, voor ek finaal uit die kas tuimel, toe ook nog jonk, stel my bekend aan klassieke musiek, en was dit die beste opvoeding in klassieke musiek waarvoor 'n persoon kan wens. 
     
    Sy is ook 'n musikant en leef vir haar musiek en haar kennis is verstommend en is ek haar ewig dankbaar, die liefde vir haar en die liefde vir die musiek het so verweef geraak dat dit amper onmoontlik was om dit te skei. 
     
    Dit laat my dus ook met 'n smaak wat die spektrum dek van Albinoni tot ZZ Top. 
     
    Hierdie twee dames, het my my liefde in musiek gegee. 
     
    'n Fantastiese geskenk. 
     
    So lekker luister, en is ek altyd opgewonde om oor musiek te praat, dit was my eerste liefde. http://www.youtube.com/watch?v=lAsvjVx-Mg4 en is ek en John Miles in ooreenstemming. 
     
    Tydskrifte, koerante en boeke het later gekom, met die ironie dat my Pa se werk my aan koerante en tydskrifte blootgestel het.
     
    Drie persone. 
     
    Boeke het ek self ontdek. 
     
    Halleluja daarvoor. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Hallo,

     
    In opvolg op die mitologiese jeug wat ek onthou en dit nou sin maak in die verhaal van 'n lewe wat vertel word, die volgende uit 'n opstel wat ek onlangs gelees het. 
     
    Dit is 'n opstel van Aaron Ben-Zeev. (Professor of philosophy and former president of the University of Haifa in Israel, 'n gedeelte uit sy boek "In the Name of Love", geplubiseer buite die boek.  
     
    "Romantic profundity is not merely about duration, it is also about complexity. An analogy can be found in music. In 1987, William Gaver and George Mandler, psychologists from the University of California, San Diego, found that the frequency of listening to a certain kind of music increases the preference for it – up to a point. 
     
    Too much familiarity is prone to produce boredom, especially if the composition is simple. The more complex the music, the less likely it is for boredom to set in.As with music, so it is with love. The complexity of the beloved is an important factor in determining whether love will be more or less profound as time goes on: a simple psychological object is liked less with exposure, while a complex object is liked more. A complex psychological personality is more likely to generate profound romantic love in a partner, while even the most intense sexual desire can die away".
     
    Die saadjie geplant om die geliefde en musiek te verweef, soos gedoen in die kommentaar wat saam met hierdie geplaas is, maar daar is die rede hoekom musiek en liefde en dan die verskeidenheid van emosies verweef kan word in 'n tapisserie waarvan die weef daarvan 'n leeftyd kan duur en ook so om die draad daarvan te kry. 
     
    Daarom dat sekere musiek oneindig oor en oor geluister word. 
     
    Die hartseer noot in musiek, is werd om te ondersoek en vra George Steiner is die noot in "g", in "Wagner", werklik hartseer?.
     
    Bespreek.
     
    Die volgende liedjie is nou al 20 jaar onthou ek nou, en is sekerlik hartseer, maar laat jou met 'n goeie gevoel, beeld, klank skep 'n sielkundige en emosionele kompleksiteit wat herhaalde luister daarna moontlik maak. 
     
    Die lirieke word soos volg vertaal en kan ek nie bevestig of dit korrek is nie. Maar laat vry assosiasie toe om die beelde wat na vore kom te laat geskied, en beleef, liefde, jeug, onskuld, aanbidding, mense in al hul diversiteit, skoonheid, en dan ook oorlog, die teenopstelling tot vrede.
     
    Little child, little child be calm. Even though you still weep. Your father has left us. Protect the elderly, protect the orphan. Little child, little child be calm. Even though you still weep. Your father has gone to the afterlife. Protect the elderly, protect the orphan.
     
     
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top