Destyds toe my kinders op skool was, het hul ook maar neus opgetrek vir my 60/70’s versameling musiek. Dan was dit met genoegdoening dat ek soms ‘n cd met ‘n ou liedjie daarop kan uittrek en speel om vir hul te wys dat die nuwe liedjie waaroor hul nou gaande is, nie die oorspronklike een is nie, maar dat dit jare gelede al geskryf/gesing is deur ‘n ouer kunstenaar, bv. Love is all around van die Troggs, waar hulle groot geword het met Wet Wet Wet se weergawe, of die Beatles se “Come together” wat later deur Aerosmith gesing is vir die klankbaan van die rolprent “Armageddon”. Daar is mos baie voorbeelde.
Maar net so het ek my ook mos al vergis deur die jare deur te dink ‘n liedjie wat ek al jare ken, is die oorspronklike. Die nuutste voorbeeld daarvan is die liedjie “Look out, here comes tomorrow” wat ons almal ken soos deur die Dealians gesing in die 70’s. Gister kom ek agter dat die liedjie deur Neil Diamond geskryf is, en die Monkees, wie ook sy “I’m a believer” bekend gemaak het, het dit destyds gesing. Toe ek dit agterkom, besef ek die liedjie is wel op die “Monkees collection” cd wat ek reeds baie jare gelede gekoop het. Interessant dat daar op YouTtube wel ‘n bejaarde Neil Diamond voorkom wie wel die liedjie sing, ek het dit egter nie op een van sy vele plate of cd’s nie.
Van die Dealians gepraat, een van hul mooiste liedjies vir my was “Two of us” hier in 1973 rond, en so 10 jaar gelede neem ek eers kennis van die Beatles se oorspronklike weergawe wat Paul McCartney geskryf het en die Beatles in 1969 gesing het.
So misgis mens jou mos maar soms met ‘n “oorspronklike” liedjie.
Pieter


Kommentaar
Hello,
Hallo Wouter
Dankie vir die voorstelling aan van Bill Withers se liedjies; "Just the two of us", baie mooi. Ek ken hom net vanwee: "Ain't no sunshine." Girl you'll be a woman soon" van Neil Diamond het ek jare gelede noodgedwonge vanaf 'n plaat ingetrek omrede dit nie op cd beskikbaar is nie. Wat 'n ander frustrasie is, heelwat baie mooi liedjies, sommige wat my betref die beste van die spesifieke kunstenaar, is nooit na cd oorgedra nie. So, bv. moes ek na al die jare weer na die LP met "Much more love" van Tommie Roe gaan soek, omrede jy wel 'n cd van sy bestes kry, maar dit bevat nie hierdie liedjie nie. (as jy nie in die 60/70's op skool was nie, sal jy nie die liedjie ken of mal wees daaroor nie. 🙂
Groete
Pieter
Hallo Pieter,
Hallo,