Oorlew’ngstriek

  • 0

Madiba op sy laaste, Allan Faul se spieël aan skerwe,
mede-Mens v’rruil, een narie ann’r, tyd’l’k m’t ew’ge,
p’rty m’r’t , ann’r sonn’r’t, nes “Duiwlspiek”-g’low’ge,
sup’r-submissief, theosofies onn’rdan’g, klaa’ g’sterwe

dood’s onafwendbaar, tyd wag mos vi’ niemand,
Self-d’struksie-oorhand, meest’ sonn’r v’rstand,
o liewe land, struktuurg’weldsvuur, ’t woed alom,
selfs slimme v’r onv’rwagte, g’beurl’kheid, t’dom

Lewe Twee Idee toe nie so verg’sog, ’f onaards,
after all, inwerk’ngstell’ng, praktyk, nette idee,
versus onheilspel, onkantspel, v’n “Duiw’lspiek”

God se Eng’le, t’n volle b’reid, Sy Pad t’maartsj,
als-’n-als op t’dra, virre Paradyservar’ng t’gee,
Boek-g’lett’rdheid, ’l Sege se Oorwinn’ngstriek

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top