Oor evolusie, taksonomie en baraminologie

  • 57

Charl Le Roux vertel van twee sogenaamde strooipoppe, volgens hom, wat teëstanders van die darwinistiese evolusieleer sou voorhou as kritiek teen dié leerstuk.

As mens so na die evolusioniste se kommentaar op die kritiek kyk, besef mens dat hulle nie die kritiek verstaan nie.

Le Roux meen dat kritici van die darwinisme met betrekking tot twee aspekte van evolusie deur middel van natuurlike seleksie dwaal.  Die eerste is, volgens hom dat kritici sou aanvoer dat die hele proses lukraak sou plaasvind; die ander dat een spesie eensklaps aan ’n ander geboorte sou gee.

Alreeds voor ons op die besonderhede van sy artikel kommentaar lewer, is daar belangrike beginselaspekte  waarop ons moet let. Die eerste is dat, indien Le Roux te kenne gee dat die darwinistiese model evolusieproses in sy wese nié ewekansig lukraak is nie – is hy is nie reg hieroor nie, want in hulle eie besprekings kom die woord ‘random selection’ gedurig voor as dryfveer vir die seleksieproses – en beteken dit noodwendig dat daar ’n gekose of gestelde/gerigte orde is waarvolgens prosesse plaasvind. Indien daar dan nie ’n lukrake nie, maar gekose of gerigte orde plaasvind, beteken dit eenvoudig onomwonde dat dit volgens ’n beplande, gerigte proses plaasvind, waarbinne die ‘nuttelose’ doelbewus verwerp word ten gunste van die nuttige. Só ’n geordende proses kan gewoon nie toevallig of lukraak ontstaan en ontwikkel nie, want dit is duidelik en ook logies dat gesofistikeerde en ingewikkelde seleksie prosesse plaasvind en dit beteken noodwendig dat die proses intelligent ontwerp en aldus georden is, sonder om die Intelligente Ontwerper by die naam te noem.

Daarom is dié aanmerking van Le Roux sélf,  een van die ernstigste aspekte van kritiek teen die darwinisties tipe evolusieleer. Dit is dus een van die mees ingrypende afwykings van die darwinistiese evolusieleer. Dit wil voorkom asof Le Roux ’n evolusionis is, maar nie ’n darwinistiese evolusionis nie. Interessant.

Die volgende aspek is dat Le Roux onder die indruk is dat kritici van die darwinisme meen dat daardie teorie (darwinisme) voorgee dat een spesie eensklaps, soos hy dit noem, aan ’n ander geboorte sou gee. Hierin is hy ook heeltemal verward. Die kritici sê nié so nie – die kritici sê juis dat die darwinisme te kenne gee dat een spesie en een soort geleidelik oor die verloop van baie lang tydperke, ‘geboorte’ gee aan ’n nuwe spesie. Dit is inderwaarheid sommige van die darwiniste, soos oorlede Steven Gould en sy spanmaat Niles Eldredge, wat praat van min of meer plotselinge ontstaan van spesies in hulle punctuated equilibrium teorie, om dinge soos die sogenaamde Kambriese ontploffing en soortgelyk te probeer verklaar.

Sy kritiek beteken ook dat Le Roux nie saamstem dat spesies eensklaps ‘gebore’ word nie, maar dat dit geleidelik gebeur.

Dan maak Le Roux die stelling dat, met enkele uitsonderings, die afstammelinge van dieselfde ouerpaar nie identies is nie en dat hierdie ‘lukrake’ variasie algemeen in die natuur voorkom en maklik waargeneem kan word.

Maar Le Roux maak subtiel die stelling dat dié proses ‘lukraak’ plaasvind. Hoegenaamd nie. Hoe kan Le Roux of enige evolusionis bewys dat dié proses lukraak is? Dít is juis die soort van aanname wat die evolusieleer so onaanvaarbaar maak.

Daar is eerder veel meer rede om te glo dat die variasies nie lukraak is nie, maar juis so beplan is ter wille van broodnodige biologiese verskeidenheid – in die Woord, word die oorsprong van dié unieke biologiese kenmerke van die mens, byvoorbeeld, by wyse van prosa en digkuns in die bekende en pragtige Psalm 139 beskrywe – ’n direkte aanduiding dat hierdie fenomeen wat ons vandag, meer as drieduisend jaar later biologies waarneem, juis so beplan en ontwerp is, ‘skakelaartjies’ en al. Hoe sou die Psalmis, Dawid, dié kennis kon bekom vir doeleinde van sy ode aan God as God hom dit nie te kenne gegee het nie? Die mens van meer as drieduisend jaar gelede het géén parate kennis gehad van die mikro biologie of the genetika nie.

Die voorbeeld van Le Roux met die langsnoet hondjies, hoe oulik ookal, help hom of die darwiniste glad nie. Daardie proses wat hy beskrywe is geheel en al gerig en beplan en doelbewus gemanipuleer en kan veel eerder ’n lokale voorbeeld wees vir intelligente ontwerp, as vir die intelligensielose, lukrake proses wat die darwinisme voorstel. So, wat Le Roux vir ons daarmee demonstreer, hoe kru ook al, is juis ’n baie basiese voorbeeld van intelligente seleksie, waar die genetiese hoedanighede spesifiek en doelbewus geselekteer word om ’n bepaalde resultaat op te lewer. Dit is wat God egter in die fynste detail doen en het met die essentialia van die darwinistiese evolusieleer niks te make nie, vanweë die ingrype en werking van intelligente gerigte seleksie.

Die aanname wat Le Roux maak oor die skeiding van die langsnoet brakkies van anders-snoetige diere, is ook hoegenaamd nie ’n uitgemaakte saak nie, tewens, hy is waarskynlik verkeerd – hy sê dit is belangrik dat die honde met die langer snoete geskei word van die ander honde sodat hulle nie met mekaar teel nie, anders vind verbastering plaas en sal die langsnoet hondras se unieke eienskappe binne `n paar geslagte weer verdwyn. Die korrekte posisie is egter dat dit sal afhang hoe dominant die langsnoet- geen is, of nie. Dan is daar ook die waarskynlikheid dat die snoete nóg langer sal word, omdat daar te min ander gene in die teel-poel is wat dit bekamp. Gewoonlik  vind vermenging juis plaas om te verhoed dat ’n fisiese kenmerk handuit ruk – om sy langsnoet brakkie voorbeeld te gebruik – as daar nie ‘verbastering’ plaasvind nie, wat die langer en langer groei van die snoet bietjie aan bande lê nie, sal daar dalk met die probleem gesit word dat brakkies rondloop met abnormaal lang ietermagog- of erdvark tipe snoete. Daar is dus ’n baie bepaalde voordeel verbonde aan doelmatige ‘verbastering’ en dít sien ons eerder in die natuur – en dit is veel eerder ’n gerigte, doelbewus ontwerpte proses as ’n lukrake proses. Ons sien dit by die sogenaamde straatbrakke in aksie – hulle is intelligent, taai, aanpasbaar en pure hond – met ’n mengelmoes van gene. Die fout sluip juis in by die sogenaamde suiwer ras honde en diere wat gou-gou mank gaan aan allerlei genetiese oordraagbare skete en swakhede.

En tog, as voorbeeld, sal geen hond ooit met vark, skaap of bok inteel nie. Hoe gebeur dít lukraak? Dit is baie duidelik só beplan. Hierdie natuurlike genetiese beletsel en skeiding is ook iets wat baie duidelik uit die Genesis skeppingsoorkonde van die Woord af te lei is. Daar is dus ook geen kans dat ’n hond of enige van die ander soorte, sal evolueer in ’n ander soort dier, nie. Wat ons sien afspeel, is hierdie genetiese eksklusiwiteit wat absoluut verhoed dat een soort (nie spesie nie) sal evolueer in ’n ander.

Die sogenoemde oorgangsfossiele is dus bloot voorbeelde van unieke soorte (nie spesies nie) wat lank gelede gelewe het en wat eenvoudig uitgesterf het sonder om nasate te laat.

Die darwinisme wil dit anders hê – volgens die basiese beginsel dáár, is die aanname dat dit wel gebeur. Hoe anders verklaar hulle dat alle variasie afkomstig is van een organisme? Geneties lyk dit onmoontlik. Alles wat ons vandag sien, dui daarop dat dit nie moontlik is nie, maar dat daar wel intra-spesifiek variasie kan voorkom. Veel eerder die feit dat die verskeie soorte oor die tyd heen só geskep is en dan eenvoudig verdwyn het  - ’n aspek wat óók met sukses uit die Woord afgelei word.

Die stryd om oorlewing waarvan Le Roux praat, is nie ’n bewuste stryd nie. Dit is eintlik geen stryd nie. Dit gebeur dikwels in die natuur  dat diere van ’n soort se sterkstes om een van vele redes nie oorleef nie, maar dat sogenaamde swakkeres wél oorleef en die spesie se voortbestaan word hoegenaamd nie daardeur bedreig nie. Ons sien dit wanneer die wildboer diere van dieselfde spesie vanuit ’n ander genepoel uit ’n ander geografiese gebied bring en sodoende nuwe gene invoer in ’n lokale trop. Die ingevoerde diere is voor die voet gevang, sonder dat diere uitgekies word of geneties getoets word, voor dit gevang word. Dit bring egter oor die algemeen ’n verbeterde genepoel tot stand en die nuwe trop floreer. Maar niks sal gebeur as die wildboer blesbokke invoer, terwyl daar net rooibokke en waterbokke op sy plaas is, nie. Hierdie natuurlike beletsel sal eenvoudig die verandering van een soort in ’n ander verhoed – en die enigste verklaring dáárvoor is dat dit só ontwerp is deur God om die ryke variasie te verseker, waarvan ons immers in die Genesis oorkonde van lees.

Maar as die habitat graduaal oor die verloop van baie lang tyd verander op die plaas en die swartwitpense, wat net sekere grassoorte vreet, daaraan blootgestel word, sal selfs hulle gebit en spysverteringstelsel verander om die nuwe voedselbron te akkommodeer. Dit is intra-spesifieke aanpassing – ons het steeds met swartwitpense te make, maar met aangepaste gebit en spysverteringstelsel. Die evolusionis sal dit as bewys van evolusie aanstip, maar hy sal nooit kan bewys daarmee dat een soort in ’n ander soort verander nie. Swartwitpens sal nooit ’n nuwe soort miervreter word omdat daar net eenvoudig nie meer flora beskikbaar is, nie. Dit sal eenvoudig uitsterf.

Al waarvan Le Roux praat, is hierdie intra-spesifieke aanpassing en hy noem dit ook so.

Le Roux praat ook van indeling van lewensvorme. Daar verwys hy klaarblyklik na die evolusionêre darwiniaanse taksonomiese model wat deur darwinistiese evolusioniste ontwikkel, ooreenkomstig die darwinistiese evolusionêre stamboom model. Hierdie taksonomiese model berus ook op die veronderstelling dat die darwinistiese evolusieteorie korrek is. Maar die integriteit van die darwinistiese teorie is juis onder beleg, soos uit die kritiek daarteen uitgewys word en derhalwe kan mens nie ’n stelsel wat op die prinsiep en interpretasie van daardie verdagte stelsel geskoei is, as bewys daarvan aanbied, nie. Wetenskaplik is dit nie gangbaar nie. Daar is ook geen bewys dat die darwinistiese stamboom feitelik korrek is nie – daar word volledig gesteun op teorieë en die gepaardgaande aannames en nie bewese feite, nie.

Le Roux se voorbeeld van die Deense hond en die Terriër is juis die probleem van die darwinistiese evolusionis. Hoewel Deense honde en terriërs weens skeiding só aanpas dat hulle nie meer onderling kan teel nie, is hulle nog steeds honde – spesies van dieselfde soort. Die enigste rede waarom hulle nie kan teel nie, is bloot omdat die Deense hond normaalweg te groot is vir die terriër en dus die geslagsdele nie bymekaar kan uitbring om te kopuleer nie. Dit het met evolusie werklik niks te make nie.

Weereens géén bewys hóégenaamd vir die darwinis se nosie dat daar een soort uit ’n ander kan ontstaan nie.

Ek dink nie Le Roux is enigsins ’n ambassadeur van die darwinisme nie. Sy hele artikel behels die materiaal wat deur kreasioniste baie deeglik gebruik kan word teen die darwinistiese evolusie model.

Die darwinistiese taksonomiese model is geskoei op die haas onbewysbare en spekulatiewe darwinistiese stamboom. Die detail van hedendaagse taksonomie, soos Le Roux die beginsel van prokreasie uiteensit, maak baie sin, maar dit los glad nie die onderliggende konstruksie van die darwinistiese taksonomiese model wat op die spekulasie van die enkele darwinistiese stamboom berus, op nie – hoegenaamd nie. Trouens, Le Roux se verduideliking is véél eerder te versoen met ’n véél meer kreasionistiese verklaring van dinge.

Sedert die begin negentigerjare van die vorige eeu, dus onlangs, het daar egter ’n ander, nuwe wetenskaplike beweging gekom, wat die veranderende tendens wég van die darwinistiese evolusieleer wat toe alreeds 'n eeu oud was, verwoord – geskoei op die Skeppingsgebeure soos in die Woord vervat. Daar word gepraat van baraminologie (’n term gevorm uit die stamwoord “baramin” wat deur Frank Marsh in 1941 bekendgestel is), in plaas van evolusie. Die term is saamgestel uit die Hebreeuse bara en min wat onderskeidelik “geskape” en “van die soort/klas” beteken.

Reeds in Genesis sien ons dat Adam die eerste taksonoom was, toe God die onderskeie terrestriële- en gevleuelde diere na hom bring sodat hy hulle kon klassifiseer en benoem (Genesis 2:19). Interessant is dat Adam hulle nie net almal een versamelnaam gegee het nie (Darwin sou seker, menende hul is dieselfde biologiese oorsprong van ’n voor-antiek protosoön), maar op God se aandrang, name om hulle van mekaar te onderskei op grond van hulle soorte. Darwin het dus derduisende jare later, niks nuuts gedoen nie, maar Adam se voorbeeld nagevolg, maar kunsmatig aangepas vir sy eie agnostiese doeleindes.

Die baraminologie verduidelik baie logies en verklaarbaar hoe die verskillende terrestriële soorte diere én die mens deur intra spesifieke aanpassingsprosesse (sommige noem dit aanpassings evolusie)  hul ontstaan had en sedertdien ontwikkel het. Die baraminologie maak gebruik van ’n logiese stelsel van taksonomiese sistematiek, nié die taksonomie van die Sweedse botanis, Linnaeus, van meer as 250 jaar gelede, nie.

Daar word ook onderskei van Darwin se filetiese (evolusionêre) sistematiek, wat met ’n enkel boom waaruit vele takke en spriete voortgroei, skematiese voorgestel en verduidelik kan word, maar een waar makro evolusie egter gewoon sonder enige grondige bewyse veronderstel word.

Die nuwe beweging onder wetenskaplikes verkies eerder die diskontinuïteitsistematiek, wat dan met baraminologie versoen word. Om die logiese biologiese ontwikkelingsproses  binne soort- of klasverband aan te dui, kan dit met ’n plantasie bome wat elk ’n soort aandui, geskoei op die Genesis weergawe in die Woord, skematies voorgestel en gedemonstreer word. Alle lewende en uitgestorwe soorte word dan in vier kategorieë “bome” verdeel, naamlik:

Holobaramin – “holo” beteken omvattend - wat verwys na ’n gehele bekende groep, lewend of uitgestorwe, wat ’n gemene herkoms deur genetiese verwantskap deel en só sal elke verwante groep plante of diere ’n holobaramin vorm en in die skema is dit elk ’n boom, die takke en spriete waarvan elk  ’n bekende spesie en subspesies binne daardie groep (holobaramin) waaruit dit spruit, verteenwoordig. Die mens is ’n uitstekende voorbeeld van holobaramin – die stam (holobaramin) is die mensdom as uniek geskape wese en die hooftakke wat uit die stam ontwikkel is die vier verskillende hoof etnisiteite, naamlik Kaukasiërs, Amerindiane, Ethiopiërs en Mongole, elk waarvan weer hulle eie talle onderskeie sub-etnisiteite en dié se sub-sub etnisiteite, het. ’n Ander voorbeeld van holobaramin is ook waterskilpaaie, ’n stam (holobaramin) met vyf hoof takke (vyf waterskilpad spesies) en dié weer subspesies, variante, ens.;

Monobaramin – “mono” wat enkel beteken - wat verwys na ’n groep wat slegs organismes van gemeenskaplike afkoms bevat, maar nie noodwendig al die lede van gemeenskaplike afkoms, nie, synde óf ’n hele holobaramin of ’n gedeelte van ’n holobaramin.  ’n Monobaramin sal dus ’n tak wees van ’n holobaramin. Die mensdom is ’n voorbeeld van ’n holobaramin, soos reeds verduidelik, en die Kaukasiërs, byvoorbeeld, sal ’n monobaramin wees, of by die seeskilpad (holobaramin) sal een van die vyf verskillende spesies wat tans lewe, só ’n monobaramin wees. Individue en groepe wat ’n tak (gedeelte) van ’n holobaramin verteenwoordig, is dus ’n monobaramin;

Apobaramin – “apo” wat ?apart, los vanmekaar, beteken - wat verwys na ’n groep wat bestaan uit meerdere holobaraminne óf uit die geheel van die lede van ’n enkele holobaramin, met dien verstande dat geen lid van ’n holobaramin binne die apobaramin, herkoms deel met enige organisme buite sy eie holobaramin, nie. Só sal die mensdom aan die eenkant saam met die aapspesies sjimpansees, orangoetang en gorillas, aan die ander kant, gesamentlik ’n apobaramin wees - hoewel daar ooreenkomste is, deel hulle nie herkoms nie. Daar is dus gedeelde assosiasie, maar nie gedeelde herkoms, nie. ’n Ander voorbeeld is dié van die mensdom, wat as ’n groep geheel en al apobaraminaties is, aangesien die mensdom met geen ander organismes herkoms deel nie. Net so sal die saamgroepering van die mensdom en die waterskilpaaie apobaraminaties wees, aangesien hulle geen herkoms met mekaar of ander organismes deel nie. So is hondespesies, katspesies en perdespesies byvoorbeeld ook elk holobaraminne en as groep apobaraminaties, aangesien hulle assosiasies deel, maar nie afkoms deel nie.

Polibaramin – “poli” wat baie/veel beteken - wat verwys na ’n groep wat bestaan uit gedeeltes van ten minste twee holobaraminne. ’n Voorbeeld sal wees ’n groep bestaande uit die mensdom, ’n hond, mielies, twee katsoorte en ’n waterskilpad spesie. Die groep is polibaraminaties – die mens is ’n holobaramin, die hond ’n monobaramin in ’n ander holobaramin (canis), die katsoorte weer monobaraminne in ’n ander holobaraminne, ens. - daar is ’n magdom verkillende kombinasies moontlik.

Die Darwinistiese makro-evolusionêre model is gebaseer op ’n enkele stamboom van lewe, waar elke vorm daarvan dus noodwendig weens die mistieke enkele voorouer verwant is aan mekaar. Daar word deur sommige van hulle gespekuleer dat lewe ontstaan het deurdat selfstandige protosoë toevallig gevorm het in die aardse oerwaters en dié mettertyd deur ’n proses van lukrake mutasie en seleksie ontwikkel het deur die evolusionêre prosesse soos deur Darwin beskrywe, tot lewe soos ons dit vandag ken. Die naturalistiese bioloë neem aan dat lewe uit nie-lewende selle onder die korrekte omstandighede ontstaan het – hoewel daar hoegenaamd geen bewys voor is, nie. Dit is die enigste verduideliking vir die enkele stamboom. Hulle weet nie hoe en of nie, want hulle kan dit nie bewys nie, maar vir doeleindes van hulle teorie aanvaar hulle dit. Dit is verbasend dat sommige dit wil ontken en nog meer verbasend dat enigeen dit wil gebruik as wetenskaplike uitgangspunt.

Die baraministiese stelsel word egter voorgestel deur ’n plantasie van verskillende bome wat met mekaar assosieer en habitat deel en mekaar direk en indirek dien en beïnvloed, maar geen herkoms deel of ooit suksesvol sál deel, nie, amper soos perde en donkies, wat ’n steriele muil tot gevolg het, maar intra spesifiek baie vrugbaar en dienlik bly.

Die bekende baraminoloog David Cavanaugh praat eerder van die verhoudings as voorgestel deur ineengevlegte maar onderskeibare latwerk, of netwerke, eerder as ’n plantasie bome. Hierdie “bome” of latte van die netwerk, is deur die Skepper geontwerp en toegerus om te ontwikkel en te groei – dus lewe uit Lewe. Die kenmerk van al die baraminologiese hoofstamme (holobaraminne) is dat hulle op verkillende dae (stadia) van die skeppingsperiode soos in Genesis opgeteken, deur God geontwerp en geskape is, elk met unieke kenmerke wat tot vandag toe óf uitgesterf het óf uniek bly, vir unieke redes en funksies binne die makro ekologie wat tóé alreeds gevestig is.

Die kritiek vanaf darwiniste se kant teen baraminologie is kortliks dat daar nog nie deurdringende toetse bestaan om die korrektheid daarvan te bevestig en die ongewenste faktore uit te suiwer nie; en dat die Darwinistiese model behoorlik getoets en bewys is en algemeen as korrek aanvaar word en die baraminologie derhalwe nie daarnaas kan staan nie.

Die eerste hiervan kan baie kortliks, geredelik verantwoord word deur aan te dui dat die baraminologie geskoei is op waarneembare en reeds uitgewysde feite en lewe en dus nie weer getoets hoef te word vir dit wat reeds vasstaan nie; Ook omdat die baraminologie berus op weinig teorieë maar op massas vaste feite (terwyl die teenoorgestelde vir die Darwinistiese model geld, wat hoofsaaklik op bewys-behoewende teorieë geskoei is), én dat dit ooreenstem met en ondersteuning bied vir, die énigste antieke geskrewe kenbron van wetenskaplik biologiese inligting, naamlik die Woord – die Woord in Genesis is opgeteken bykans 3,400 jaar gelede al, uit inligting wat aan die mensdom lánk voor dit selfs al bekend was, báie lank voor enige wetenskaplike prosesse en toerusting bestaan het om die data mee te toets. Byvoorbeeld – hoe sou die optekenaar van die boek Genesis (die Goddelike profeet Moses) anders as deur Goddelike openbaring geweet het dat daar eers net water was gevolg deur drooglegging van habiteerbare grond, en daarna eerstens die seediere, toe die voëls en toe die plante en toe die diere en toe die mens, in daardie volgorde, in lewe ontstaan het? Tog, vandag bied juis die opgrawings van fossiele en die wetenskaplike toetsing daarvan, bevestiging. Voorts is daar beswaarlik iets wat die wetenskaplikes uit  die aarde opdiep, wat nié ondersteuning bied aan die skeppingsgebeure soos dit in die Woord, hóé kripties ook al, uiteengesit word, nie.

Dit kom dus daarop neer dat die Darwiniste in hul soeke na bewyse vir hul teorieë, sóveel feitelike inligting ingesamel het wat die baraminologie ondersteun en bewys, dat daardie prosesse nie weer herhaal hoef te word nie.

Wat die tweede been van kritiek aanbetref, sal dié staan of val by die inherente houdbaarheid en bewysbaarheid van die Darwinistiese model self – daar moet in gedagte gehou word dat die Darwinistiese model as wetenskaplike model, tot baie onlangs die eerste en ook enigste in sy soort is, sonder enige kompetisie – ’n posisie wat aggressief verdedig word en dus die effek het dat die alternatief baie moeilik staanplek bekom – die hofsake wat darwiniste in Amerika bring sodra dit net lyk of ’n alternatiewe leerstelling die lig gaan sien, dui volkome hierop en ook die arrogansie en aggressie waarmee universiteitspersoneel wat die alternatief sou durf propageer, geboelie word. Dít verklaar die wye steun en nie die aanspraak dat dit korrek en bewese is, nie, want dié is dit allermins. Die voorste posisie word dus nie deur darwinisme op meriete beklee nie, maar op suiwer politiekery. Daarom is die aanspraak dat dit meerderheid steun geniet, baie misleidend. In die veelbesproke Dover-saak van Amerika, het die regter, na aanhoor van sarsies deskundiges van die evolusieleer, tot die gevolgtrekking geraak dat die darwinistiese model ’n ‘imperfect theory, to be sure’, is.

Nog nooit voorheen, tot baie onlangs, is daar eens werklik gepoog om die wetenskaplike model op die Woord geskoei, uit te bou en voor te hou, nie. Maar, dit is nou ophande en daar word verwag dat dié model, die Darwinisme spoedig sal laat tuimel.

Die kritiek teen die Darwinistiese model is egter wyd en ingrypend - dat die Darwinistiese model se uitgangspunt grootliks geskoei is op fisiologiese ooreenkomste, is terselfdertyd ook die grootste ondermyning daarvan, aangesien dié inligting reeds soveel as 3,400 jaar gelede in die Woord opgeteken staan. Genesis 1 en die eerste gedeelte van Genesis 2 bied ’n baie beknopte kronologiese sinopsis en Genesis 2:5-23 konsentreer op meer geselekteerde detail van dieselfde proses (hoewel nie in kronologiese orde nie) en ook die instelling van die eerste taksonomiese klassifikasie stelsel, geskoei op die nut en doel wat elke soort op aarde sal vervul – baie logies en baie dienlik.

Wat ook báie duidelik uit daardie Woord blyk, is dat alle diere én die mens fisiologies oorweldigend ooreenkomste sal deel, omdat algar uit die aarde, die natuur, se elemente saamgestel is (Genesis 1:24). So is elke dier en ander lewende organismes in hul onderskeie hoofstam groepe ook uniek geontwerp om in sy habitat vir sy doel daar, te floreer en aan te pas, indien nodig – daarom lyk sommige baie dieselfde, maar ander weer, glad nie en dit sal afhang van die status daarvan binne die verband waarin dit staan in die makro ekologiese ketting.

Elke lewende organisme het sy spesifieke funksionaliteit in die makro ekologiese ketting en is vir daardie doel só geontwerp en die oudste tot die mees onlangse fossiele, indien enigiets,  ondersteun dié posisie.

Dus, waarop die darwinistiese model géén bewysbare antwoord het nie, is dié feite – tewens, darwiniste raak verwar deur die ooreenkomste, byvoorbeeld tussen aapspesies en die mens en maak dan die onbewysbare afleiding dat die mens uit sekere van die aapspesies ontstaan het, bloot omdat hulle daardie noodwendige en voorspelbare biologiese DNS ooreenkomste toon, welke al meer as 3,400 jaar gelede opgeteken staan in die Woord, maar in die idioom van die tyd en in Spirituele verband – om die Goddelike orde mee te demonstreer binne ’n uiters komplekse, gesofistikeerde biosfeer en dié terselfdertyd, ’n duidelike demonstrasie van hoe belangrik orde in die  Goddelike skepping is.

Maar die ooreenkomste is bloot vanweë die gemeenskaplike aardstowwe en gasse waaruit hulle ontstaan het en die habitat en doel wat elk in die makro ekologie van die aarde vervul, maar het niks te make met voorouerskap, nie. Hierdie kenmerkende beginsels strek deur al die lewende spesies. Byvoorbeeld, as ape soos sjimpansees en orangoetangs met hulle 90+ % DNS ooreenkomste met  mense so na aan mense biologies verwant was op gemeenskaplike voorouer gebied soos beweer word, sou hul ten minste suksesvol transspesifiek kon voortplant – en almal weet dit is onwaarskynlik, selfs onmoontlik , want elk behou sy ontwerpte uniekheid, al lyk hulle ook fisio-biologies hóé.

Dan is die darwinistiese evolusieleer ook geskoei op die hipotese dat fisiologiese en atomiese prosesse hulself rangskik in toenemend komplekse en voordelig geordende kombinasies, om uiteindelik lewe soos ons dit ken, tot gevolg te hê. Dit op sigself is deur en deur die werk van geniale intelligente ontwerp en geniale bestuur. Dit verklaar ook die stelsel van geslote soorte wat as sodanig geontwerp en geskep is, sodat die soorte elk sy eie hoedanighede kan behou vir die ontwerpte ekologiese doel en funksionaliteit en voortlewing kan behou op aarde en ook waarom verskillende spesies nie suksesvol transspesifiek suksesvol kan voortplant nie.

Dit is een ding om boustene te vervaardig, maar totaal ’n ander om die boustene vir komplekse bouwerk te orden en in te span, soos in die geval van die genetika. Dit verg geniale beplanning en deurvoering. God doen sulke dinge. ’n Dooie, onpersoonlike intelligensielose proses soos darwinistiese evolusie, is gewoon nie daartoe in staat nie. Daar is inderdaad ook geen bewys dat ’n eenvoudige self-repliserende molekule op sigself kan genereer en ontwikkel tot ’n ultra komplekse DNS samestelling nie en dit lyk hoogs onwaarskynlik dat soiets ooit sal kan plaasvind – het nog nie, tot dusvêr nie - as dit hoegenaamd ’n werkbare biologiese proses was, sou dit aanhou gebeur.

Dit wil dus voorkom asof dit juis die darwinistiese strooipop is wat deur Le Roux gepeper word.

Kobus de Klerk

  • 57

Kommentaar

  • Kobus

     
    Jy beweer: "Nog nooit voorheen, tot baie onlangs, is daar eens werklik gepoog om die wetenskaplike model op die Woord geskoei, uit te bou en voor te hou, nie. Maar, dit is nou ophande en daar word verwag dat dié model, die Darwinisme spoedig sal laat tuimel."
     
    Kan jy vir ons slegs een verwysing na 'n portuurgeëvalueerde artikel verskaf wat hierdie hersenskim van jou ondersteun. Om die wetenskaplike proses van evolusie te betwyfel is gelykstaande daaraan om die rotasie van die aarde en ander planete in ons sonnestelsel, om die son te bevraagteken. Ek verbeel my dat jy dit ook al gedoen het en beweer het dat die son om die aarde draai en dus maak jou lawwe aanspraak sin komende van 'n wetenskaplike leek soos jy.
     
    Ek herhaal my uitdaging aan jou om slegs een gerespekteerde universiteit ter wêreld te noem waar die biologiese wetenskappe aan die hand van kreasionisme aangebied word. Jou stilswye oor die afgelope jare toon duidelik dat daar nie so 'n instansie bestaan nie en dat jou model van die skepping van alle lewende organismes deur een of ander kreator gewoon onwetenskaplik en naïewe wensdenkery is.
     
    Groete daar in Kammaland.
    Thomas
  • CorneliusHenn

    Beste Thomas, tot op hede had die ou grote Kobus de Klerk (soos hy graag met homself spog), nie die moed om eens sy verafgoding van die Bybel as die Woord, hier te verduidelik nie ... hy ry gewoon op die rug van sentimentele clichés en kreasonistiese webwerwe om slim en gewild te blyk ... hel, om te dink hoe bly die siniese Wouter Ferns, Jaco Fourie en Chris Dippenaar moet wees noudat hulle ewe siniese strooipop weer op die werf is ... Thomas, dankie vir jou gegronde kritiek altoos rakende Godsdiens en die klug waarin Kobus de Klerk homself hier voordoen ... gewyde groete, Cornelius Henn

     

     

     

     

  • Charl le Roux

    My bydrae van 26 Julie, “Strooipoppe in Evolusie”, handel oor twee wanvoorstellings wat dikwels deur kreasioniste gemaak word oor wat evolusie deur middel van natuurlike seleksie kwansuis sou beweer.  Dit bevat `n verduideliking van hoe spesiasie plaasvind, maar  was geensins `n poging om enigiets te bewys nie.

     

    Die taksonomiese stelsel wat in biologie gebruik word, is gebaseer op Carl Linneaus se Systema Naturae (1735) wat Charles Darwin se On the Origin of Species (1859) met 124 jaar predateer.  Dit kan dus beswaarlik Darwinisme vooronderstel.

     

    Baraminologie is `n pseudowetenskap wat ontstaan het in nog een van daardie misleide pogings om wetenskap by Genesis aan te pas.  Vir solank as wat mense Die Bybel as `n wetenskaphandboek probeer gebruik, sal sulke absurditeite opduik.

  • Beste Thomas, 

    Die Sun Moon universiteit, Asan, Chungcheongnam-do, Suid-Korea, is so 'n kreasionistiese universiteit. Dis waar Jonathan Wells, die kampvegter vir die vernietiging van Darwanistiese evolusie, sy twee doktorsgrade binne twee jaar gekry het. Sy boek Icons of Evolution: Science or Myth, is netso 'n grap as wat Kobus hier bo vertel.
    Groete,
    Angus
  • Kobus de Klerk

    Thomas,

    Jy verbeel jou gereeld - soos byvoorbeeld dat ek sou gesê het dat die son om die aarde draai - wat 'n wanvoorstelling. Wys jy hoe jy jouself bedrieg. Ek het julle uitgedaag om te bewys dat die aarde om die son draai en nie andersom nie - en nie een van julle kon nie. Julle aanvaar dit sommer net. As jy enige insig had in wat ek daaroor gesê het, sou jy weet dat ek gesê het dat die bewys daarvan vir my in die Woord lê, waar daar sulke aanduidings is.

    Wat baraminologie aanbetref. misgis jy jou ook - dit is al op die vlak waar dit geëvalueer word in  wetenskaplike publikasies en is baie sorgvuldig gekonstrueer. Dus, dit haal nou al die wetenskaplike tydskrifte - nie meer te lank nie en dit word gedoseer. Jy kan gerus na die evaluasie daarvan deur 'n geswore evolusionis kyk - en sien, as jy daartoe instaat is, hoe die skrif stadigaan aan die muur verskyn vir die evolusioniste se weergawe - lees gerus ook tussen die lyne van die kritiek wat die evolusionis Alan Gishlick gee.

    Gelukkig is jy nie die maatstaf vir wat as gerespekteer beskou sal word nie.

    Kobus de Klerk

  • Kobus, jy skryf: “Byvoorbeeld – hoe sou die optekenaar van die boek Genesis (die Goddelike profeet Moses) anders as deur Goddelike openbaring geweet het dat daar eers net water was gevolg deur drooglegging van habiteerbare grond, en daarna eerstens die seediere, toe die voëls en toe die plante en toe die diere en toe die mens, in daardie volgorde, in lewe ontstaan het? Tog, vandag bied juis die opgrawings van fossiele en die wetenskaplike toetsing daarvan, bevestiging. Voorts is daar beswaarlik iets wat die wetenskaplikes uit  die aarde opdiep, wat nié ondersteuning bied aan die skeppingsgebeure soos dit in die Woord, hóé kripties ook al, uiteengesit word, nie.”

    Genesis 2 verskil egter met hierdie uiteensetting. Die mens (Adam) is eerste gemaak en daarna die diere. Volgens vers 20 spesifiek al die mak diere, voëls en wilde diere. Hoe verklaar jy dat die mens in Genesis 1 laaste gemaak is, maar volgens die tweede hoofstuk voor al hierdie genoemde diere?

    George

  • Cornelius verkwalik Protestante dat hulle die Bybel alleenlik as bron van goddelike openbaring aanvaar, en by herhaling "ad nauseum" hulle neerhalend as "Bybelaanbidders" uitkryt, met die inuendo dat hulle 'n boek eerder as hulle god aanbid, en daardeur te kenne wil gee dis net katolieke (Anglikane; Rooms; Ortodokse; Siries, ens.) alleenlik is wat god AANBID.

    Die katolieke aanvaar bykomstig "Tradisie" tesame met die  Bybel als goddelike openbaring.  Binne die realm van hierdie "Tradisie", is die leringe rakende: gebede VIR dooies;  gebede AAN dooies in die vorm van heiliges (saints), deur pouse benoem; die vagevuur (Rooms); die vereering van "relics" (beenstukkies en of klere van afgestorwene heiliges; die werklike verandering van die wyn (alleenlik vir priesters) en  die ongesuurde brood vir alle katolieke, in die liggaam van Christus; die pous als Petrus se opvolger; die onveilbaarheid van die pous; die hemelvaart van die sondelose en steeds maagd Maria, ens.  Alles hierbo genoem, nie duidelik in die Bybel te bespeur nie, maar wel hier en daar 'n vae en onduidelike teks om sodanige dogma Bybels te probeer staaf.

    Wanneer die Roomse pous "ex Cathedra" verklaar, word dit 'n geloofsbelydenis, met groter gesag als die Bybel. Dit het meer as agtienhonderd jaar in die Christelike ere geneem toe dit eers in 1870 als "ex Cathedra" verklaar is dat die pous onfeilbaar is.  Dit het meer as negentien honderd en vyftig jaar geneem vir die Katolieke om te besluit dat Maria in die vorm van 'n sondelose maagd, wel hemel toe gevaar het toe pous Pius XII (die einste een wat met die Fasiste ooreenkomste aangegaan het, wat van die volksmoord deur Katolieke aan die Serbiers bewus was) dit als "ex Cathedra" verklaar het, met die bykomstige stelling, nl:

    "Hence if anyone, which God forbid, should dare willfully to deny or to call into doubt that which WE have defined, let him know that he has fallen away completely from the divine and Catholic Faith".

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, jy probeer werklik hard (met deernisvolle erkenning aan jou halwe feite hierbo) ... derhalwe, jy hoop verniet dat  Kobus de Klerk, jou "agnostiese" en desperate verering van sy dwaal sal ag ...  

     

    Nee Jaco Fourie, ek verkwalik nie die Protestante, of enigeen wat 'n ander se hart respekteer nie ...  

     

    Wyl jy jouself so in die ou grote se skadu probeer smuk, lees asseblief dat ek die fundamentele en ekstreme verwysing na die Bybel, as die Woord van God (Jesus Christus onse HERE), bevraag ...   .

     

    ... en ook die anderhaters se selfverheffing as sogenaamde "ware Christengelowiges" ...  

     

    Tot op hede had net Chris Dippenaar, Wouter Ferns, en ja jy - Jaco Fourie -  die moed om namens die werf se infernale Bybelaanbidders in te tree ... jul (hul) kohesie - duidelik net in die sinisme!  

     

    Jaco Fourie, jy blyk ook jouself in die pad te hou met 'n gekoggel - ad nauseam - let asseblief hoe "ad nauseam" die hel weer op die werf losgebreek het uit die bodemlose put swaeldampe Kobus de Klerk se minagting van ander se harte hierbo ...  

     

    Het jy al vir die ou grote Kobus vertel hoe jy in sy plek gely het?  

     

    Cornelius Henn

     

     

  • Die laaste paragraaf wat deur de Klerk gegee word: Despite its use of computer software and flashy statistical graphics, the practice of baraminology amounts to little more than a parroting of scientific investigations into phylogenetics. A critical analysis of the results from the one "objective" software program employed by baraminologists suggests that the method does not actually work. The supremacy of the biblical criteria is explicitly admitted to by Wood and others (2003) in their guidebook to baraminology, so all their claims of "objectivity" notwithstanding, the results will never stray very far from a literal reading of biblical texts. I will give the baraminologists credit in one area: they are up-front about their motives and predispositions and true to their biblical criteria and methodology, which is more than can be said about "intelligent design" proponents.

    "Nuff said, soos die Engelse seg.

  • De Klerk:  "dit is al op die vlak waar dit geëvalueer word in  wetenskaplike publikasies en is baie sorgvuldig gekonstrueer. Dus, dit haal nou al die wetenskaplike tydskrifte."

    Gee asseblief 'n paar verwysings na wetenskaplike publikasies waar baraminolologie evalueer word.

  • Kobus de Klerk

    Leon Retief,

    Tag, julle is 'n lui spulletjie. Die aanlyn tydskrif waaruit jy aanhaal, is alreeds een - 'n evolusie bastion boonop. Doen gerus self verder jou huiswerk.

    Die aanhaling wat jy daaruit plaas, is juis maar die neerhalende kwetsende slotopmerking wat mens van die deursnee agnostiese evolusionis kan verwag, wat anders? Verwag enigeen dat hy die teenkant opinie sal lof toeswaai vir ordentlike werk? Stellig nie. Daardie soort van neerhalende, subjektiewe aanmerking is nie die kuberpapier werd waarop dit geskrywe staan nie. Insiggewend, egter, dit dit juis daardie aanhaling is wat jou interesseer tussen al die res wat daar is om aan te haal...

    Maar as jy wil, kan jy sorgvuldig die kritiek deurlees en vind dat die kritiek baie kosmeties is en op geen wyse die essensie van die baraminologie  kan aanval of diskrediteer nie. Onbewese stellings soos dat dit die wetenskaplike proses ignoreer en nie op bewyse steun nie, word sommer as feit gekonstateer en dit is maar een van verskeie sulke voorbeelde van vooroordeel en eensydige benadering. Die probleem met julle is dat julle met oogklappe kyk na net dit wat julle as gangbaar vir die sogenaamde hoofstroom aanvaar asof dit al is wat gangbaar is. Die werklikheid is dat julle maar 'n piepklein aspek van die uitgebreide werklikheid uitsonder as julle ganse verwysingsraamwerk en dan die talle leemtes daarin vul met astronomiese en fabelagtige teorieë en dit dan etiketteer as 'gangbaar'.  Soos ek tevore gesê het, ons sterkste argumente teen julle word deur julle self voorsien in die oppervlakkigheid en pure onbenulligheid daarvan.

    Julle verstaan nie die baraminologie nie. Baraminologie werk juis met die feite soos dit in die natuur aangetref word. Die feit daar ook nuttige aspekte vanuit die taksonomie kom, is juis aanduiding daarvan dat dit 'n objektiewe, wel deurdagte en behoorlik gekonstrueerde stelsel is. Die feit dat dit versoenbaar is met die ware Godsdiens, is nie verbasend nie en is 'n aanduiding van die betroubaarheid daarvan.

    Maar om by die baraminologie vas te haak, los ook nie vir julle die probleme vir julle standpunte wat elders in wat hierbo geskrywe is aangespreek word, op nie.

    Kobus de Klerk

  • Cornelius

    Vergeet om verder uit te brei mbt Katolieke "Tradisie", wat op 'n plein hoër as die Bybel staan, gesien dit deur die pouse, god se sogenaamde tweede in bevel bekragtig word, nl:

    Vergewing van sondes deur priesters, asook die afkoop van sondes (indulgences) vir beide die lewende asook afgestorwenes, laasgenoemde deur pous Gregory in werking gebring.

    Wanneer jy Protestante vir "Bybelaanbidders" uitkryt, kan tereg gesê word Katolieke is in der waarheid "kerkaanbidders"

    Jaco Fourie

    Terloops.  Jou bewering dat diegene wat nie vir Cornelius is nie, is outomaties vir Kobus, toon jy hiermee jou verwronge "logika".

  • Kobus de Klerk

    George,

    Daar is geen weerspreking of teenstrydigheid van die skeppingsgebeure in Genesis 1 en 2 nie. Dit is baie duidelik dat die Woord 'n klemverskuiwing verduidelik in die twee hoofstukke met betrekking tot die skepping.

    Genesis 1 gee die blote feite van die skepping in die orde wat dit gedoen is. Die laaste deel van Genesis 1 (vanaf vers 26) maak blote vermelding daarvan dat die mense geskape  is en watter hiërargiese posisie hulle sal beklee ten aansien van die res van die skepping, terwyl Genesis 2  weer daardie die aspekte vermeld, maar vir hierdie keer nie in die kronologiese volgorde daarvan nie, maar  ter wille van 'n gans ander aspek, ’n gans ander rede en dus in ’n ander orde – naamlik om die hiërargieë in die skeppingsorde aan te dui en om aan te dui vir watter rede die vrou ook geskape is – Dáár, in Genesis 2, gaan dit oor die hiërargiese ordening- én inter-verhoudinge van mens tot God, mens tot mens, mens tot dier, mens tot plant en dier tot plant.

    Dus, die gegewens in Genesis 2 laat glad nie klem val op die blote wetenskaplike volgorde van dinge, soos in Genesis 1 belangrik geag is, nie, maar behandel 'n heel ander aspek van die skepping weer ter wille van en in verhouding tot, die hiërargieë wat nou aangedui word, in die plekke waar dit in die besondere hiërargiese orde gepas, is.

    Genesis 2 verduidelik derhalwe die hiërargiese orde van die skepping, iets heel anders as die blote kronologie welke nie deur die kronologie van die skepping geraak word nie. Genesis 1 vermeld die feite van die skepping en die kronologiese volgorde daarvan. Genesis 1 vermeld

    Dit is onhoudbaar dat jy uit Genesis 2:20 die afleiding maak dat die mens eerste geskape is en die diere en plante daarna - vers 20 doen dit nie eens by implikasie nie. Trouens, Genesis 2:20, soos jy self na verwys, dui eerder daarop dat diere en plante reeds bestaan, maar nou deur Adam georden moet word en deel dan ook met die skepping van die vrou - vers 21 en die rede vir haar skepping. Dit sluit volledig aan by Genesis 1:26 waar vermeld word dat die mense geskape is na die res van die skepping. - dit is baie duidelik dat die vrou toe eers geskape is, end ie diere ne plante ens reeds bestaan het en nou georden moet word volgens hul soorte. Adam was dus die eerste taksonoom, of eerder die eerste baraminoloog.

    Nog 'n interessante en insiggewende aspek is juis die rede vir die vrou se skepping, die rede vir haar skepping is juis omdat die mens, Adam, nie gepas het by die res van die skepping nie, natuurlik omdat hy intellektueel en Spiritueel so anders was as die res (na die Beeld van God geskape) - nog 'n aanduiding dat die mens beslis nie uit enige dier geëvolueer het, soos die evolusieleer verkeerdelik probeer aanvoer, nie. God moes en het spesiaal vir hom iemand geskape wat by hom pas en soos hy is - die vrou, Eva.

    Man en vrou. So onversoenbaar anders as al die res, maar nie fisiologies nie. Presies soos ons dit vandag steeds aantref. Die statiese vlak van die dier se beperkte intelligensie en gebrek aan intellek teenoor die mens se steeds groeiende intelligensie ene intellek is een van die vele bewyse dat die mens op geen stadium hoegenaamd aan enige spesie of dier of soort verwant was of is nie en van die begin af afsonderlik geskape is en dat die ooreenstemmende fisiologiese kenmerke gewoon niks daarmee te  make het nie ne maar net aanduidend is dat mens en dier habitat en voedselbronne moet deel wat die fisiese konstitusie onderhou, presies soos dit in Genesis opgeteken staan. Dit is waar die evolusioniste hulself geheel ne al vergis.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, jy't jouself reeds elders daarin verhef deur Kobus de Klerk, beter verstaanbaar as ek te komplimenteer - hoe onsinnig ookal ... derhalwe, het jy my kritiek jeens jou algemene onsin op die werf, jouself in Kobus de Klerk se plek bejammer as kamstig my nood om 'n vyand te het ... jou stelling - Jou bewering dat diegene wat nie vir Cornelius is nie, is outomaties vir Kobus, toon jy hiermee jou verwronge "logika" - is dus gewoon lafhartig, ruggraatloos, en pas by iemand soos jy Jaco Fourie ... ek kryt ook nie Protestante as Bybelaanbidders uit nie - nog 'n lafhartige leuen van jou  Jaco Fourie - ek bevraag in besonder, ekstreme en fundamentele anderhaters soos Kobus de Klerk se verwysing na die Bybel, as Jesus Christus onse HERE (die Woord van God) ... ek is egter oortuig daarvan dat Kobus de Klerk en die res van sy aanhang hoog in hul skik is met jou, Chris Dippenaar en Wouter Ferns, se rookskerm om te verlos uit hul ewe lafhartige ontduiking van my vrae onder meer hieroor ... en dan, die kanse dat jy hoegenaamd katkisasie aan enige Protestante organisasie ontvang het - nes 'n Wouter Ferns, Trienie Mahne, Kobus de Klerk en Chris Dippenaar - is almal ewe min ... anders sou jy minstens geleer het dat alhoewel nie te aanbid nie, is die katolieke Kerk (met 'n kleinletter k en anders as die Bybel), direk deel aan God, Jesus Christus onse Hemelse Vader ... katolieke groete, Cornelius Henn

     

  • Kobus, sewe mense doen die moeite om met jou in gesprek te tree en soos in die verlede bewys jy die nutteloosheid van sulke pogings. Leon Retief vra ewe ordentlik vir jou bewyse (literatuurstudies) en jy beskuldig hom (en sommer ons almal) van luiheid. As jy oor die bronne beskik kan jy dit amper sonder moeite verskaf, maar jy doen dit nie – dis dan jy wat die luiste van die lot is. Die ander moontlikheid is dat jy nie die bewyse het nie en gevolglik 'n leuenaar is. Sal jy nie maar asseblief met die bewyse of die erkenning te voorskyn kom nie?

    Dankie dat jy my antwoord. Ek haal jou eerste paragraaf aan: “Daar is geen weerspreking of teenstrydigheid van die skeppingsgebeure in Genesis 1 en 2 nie. Dit is baie duidelik dat die Woord 'n klemverskuiwing verduidelik in die twee hoofstukke met betrekking tot die skepping.” Eintlik is Genesis 1 en 2 heeltemal verskillende en teenstrydige verhale en skynbaar nie deur dieselfde skrywers geskryf nie. Jou verduideliking van die volgorde en hierargie is goed – 'n prokureur laat hom nie sommer in 'n hoek vaskeer nie! As alles egter gesê is bly die feit staan dat die mens na al die diere in hoofstuk 1 geskape is. In die tweede hoofstuk word die skepping van die mens in vers 7 beskryf. Eers hierna word die diere een vir een uit klei gemaak en vir die mens gewys sodat hy aan elke dier 'n naam kan gee. Vir my is dit 'n pragtige verhaal, maar die probleem bly dat die twee hoofstukke feitelik verskil en nie albei letterlik waar kan wees nie.

    George

  • Hello, 

     
    Ek voel ook soos Kobus, soms moet die leser sy eie huiswerk gaan doen met die dat ek aanteken by Nature.com en soek vir hierdie nuwe woord vir my. Kry niks nie, so ook Scientific American. Verwysings is so skaars soos Cornelius Henn se 'miljoene katolieke', sonder Luther en die Reformasie of enige Pous van die Rooms Katolieke Kerk. 
     
    Google gerus centurion catholic church, al wat jy sal kry is die volgende: 
     
    Welcome to Maria Regina Catholic Church. We are located in Centurion, South Africa.We are the largest Catholic Church in Centurion and have three masses, Saturday 5:30pm, Sunday 7:30am and 10:00am.Our Parish priest is Father Arsene Muhau and has been with the parish since February 2011.
     
    Ek bly struikel oor iets wat nie daar is nie. 
     
    Maar die soeke na die baraminoloog gaan voort: 

    Maar Scientific American, 'n ernstige wetenskaplike tydskrif het die volgende: 

    ...The Creation Museum (in Petersburg, Kentucky) bills itself as a natural history museum, but it's one from a world in which we are certain that God created the Earth and everything in it, roughly 6,000 years ago, and all in six days. Anything that looks older--fossilised dinosaur bones, multiple strata of sedimentary rock, signs of ancient water erosion and the moving of the continents--were all caused by one catastrophic event, the flood that Noah and his family so adroitly survived by building a massive floating menagerie.This is nothing you wouldn't see or hear in your average fundamentalist church, but what makes the Creation Museum different, and controversial, is that it promotes the idea that not only is everything stated in Genesis chapters 1-11 true, but it can be proved ... with science. And the museum has teams of qualified palaeontologists, geologists, biologists and historians working on this. 'Oh, and baraminologists too. You haven't heard of them? Neither had I....

    Dit is geen grap nie, maar dit blyk 'baramanilogists', is net so skaars en onbekend soos die 'miljoene katolieke' wat in Cornelius se skedel bestaan. 

    Ek het nou al die hele foonboek vir Centurion deur gegaan op soek na die een van die 'katolieke kerke' wat Cornelius Henn hoog en laag beweer bestaan, maar kry dit NIE, ek wil graag vir die 'midrash' wil gaan. 

    Dalk moet ek 'n baraminoloog vra om te help, dalk het God hierdie 'miljoene katolieke' ook geskape met 'n tradisie om die gebreinspoeldes te mislei. 

    Wonder wat Jan Rap hier oor sal skryf, hy weet so baie en kan miljoene jare se gebeure in 'n enkele sin opsom en Jan Rap is nie uit Afrika nie. Jan Rap is op 'n ander plek geskape.  

    Dit is nou vooruitgang, 'when the rubber hits the road'...... 

    Baie dankie

    Wouter
  • Jaco, 

     
    Vra vir Cornelius Henn om die 'miljoene katolieke' se kerke, tradisies en geskiedenis vir jou te bevestig, ek het nou al 'n paar keer gevra en al wat Cornelius Henn bied, is skakels beide na Rooms Katolieke en Protestante tekste. 
     
    Dalk sal Henn dit vir jou verklaar en betroubare verwysings bied wat nie op die geskiedenis van die Rooms Katolieke Kerk en die Protestante Reformasie put nie maar iets wat presies die uniekheid van die 'miljoene katolieke' bevestig. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Dalk is dit hoe dit werk: 

     
    A centurion of the Italic cohort, Cornelius....
     
    Hierdie is ryp vir die Onion.  
  • Hello, 

     
    Jaco skryf: 

     
    'Cornelius verkwalik Protestante dat hulle die Bybel alleenlik as bron van goddelike openbaring aanvaar, en by herhaling "ad nauseum" hulle neerhalend as "Bybelaanbidders" uitkryt, met die inuendo dat hulle 'n boek eerder as hulle god aanbid, en daardeur te kenne wil gee dis net katolieke (Anglikane; Rooms; Ortodokse; Siries, ens.) alleenlik is wat god AANBID'.
     
    Dit is jammer dat Jaco nou Henn se term van 'katolieke' aanvaar om 'n groep saam te plaas wat die Roomse Katolieke Kerk nie sou saam plaas nie soos ek in die volgende gaan uitwys. 
     
    As profeet is Henn ’n mislukking. Soos aangedui is Henn in nominale terme Anglikaan, soos die kiekie van die doop wys, alhoewel dit nie seker is wat Henn werklik genoem moet word. 'n katoliek met koliek dalk?  

    I use the words you taught me. If they don't mean anything any more, teach me others. 

    Wat is Henn dan? 

    Ateïs wat ook al mag wees het ek 'n tyd terug die volgende boek van Afgetrede Pous Benedict XVI aangeskaf, getiteld Light of the World

    Die rede daarvoor was soos volg, die Pous se denke is vir my besonder waardevol is en ’n betroubare gids tot wat die Katolieke Kerk oor aangeleenthede dink. 

    In die boek word twee staaltjies vertel oor die Pous, naamlik dat hy ’n oefenfiets het wat hy nie gebruik nie en daarvan hou om saam met ’n groep persone van sy binnekring DVD’s te kyk. 

    As die vorige Pous alleen met God op die telefoon soos Joan Osborne dit sing. Maar hoe ook al dit is nie die kern nie, die volgende is wel op ’n vraag aan die Pous gestel oor die verhouding van die Katolieke Kerk met die Protestante bewegings. 

    Pous Benedict XVI is nou aan die woord: 

    First of all, we need to consider the vast, multilayerd character of global Protestantism. Lutheranism, after all, is just one part of the spectrum of the Protestant world. There are also the Reformed, Methodists and so forth. In addition, there is also the major new phenomenon of the Evangelicals, who are expanding with an enormous dynamism and are in the process of changing the whole religious landscape in the countries of the Third World. So when we talk about dialogue with Protestantism, we need to keep in mind, this multifaceted character, which also varies from country to country. We must recognize the fact Protestantism has taken steps that have led it farther away from us, rather than closer to us ... but let us join as real Christians in performing some task, in bearing some witness, in this word. 

    Die volgende vraag wat aan die Pous gestel word is soos volg: 

    Is it really true that the Pope does not regard Protestants as a Church, but only as an ecclesial community? 

    Pous Benedict XVI is nou aan die woord: 

    The word, “ecclesial community”, is an term employed by the Second Vatican Council. A Church in the proper sense as we understand it, exists where the sacramental expression of apostolic succession is present, which also implies existence of the Eucharist as sacrament that is dispensed by the bishop and by the priest. If this is not the case we are dealing with the emergence of another model. It is worh stressing again that the ecclesial sitiation differs greatly from one Protestant community to another. They define themselves differently even among themselves, so that we cannot speak of the Protestant Church. 

    Henn, verwerp dit alles en gooi alles in een pot en word kwaad vir almal wat hom op sy foutiewe metodiek wys. Hierdie huil Henn dan is om te spot met ander se geloof. Soos Dolf dit stel, nee, nee, dit is nie 'n gespot met ander se geloof nie, ek is die een wat 'n brief geskryf het om Kobus se spiritualiteit te verdedig en het teenoor Trienie bevestig hoe diep dit my geraak het.
     
    Die volgende opvolg vraag word dan aan die Pous gestel: 

    And not even a Pope can offer an alternative definition of a Church? 

    Pous Benedict XVI is nou aan die woord: 

    No. He has no authority over that. The Second Vatican Council is binding on him. 

    Sulke beperkinge wat die Pous bind, geld egter nie vir Henn nie en ewe kordaat stel hy dit soos volg: 

    Tot op hede, deel ek eintlik net inligting uit my algemene katkisasie aan die Protestante, Baptiste, Apostolate, Evangeliste, Kopte, Ortodokse, en Katolieke.  

    Tog val dit hierdie groep totaal verby.

    Henn is die vangnet vir alles. Henn staan vir alles en reduseer die komplekse werklikheid tot die enkele blik wat Henn op die werklikheid het, in kontras tot hoe Pous Benedict XVI dit formuleer.  

    Dan is Henn kwaad vir almal wat hom op sy foute wys met sy mantra van: "What I tell you three times is true."  & I, Henn  believe as many as six impossible things before breakfast. 

    Die die res van die mensdom hoef egter nie onder daardie las gebuk te gaan nie. 

    Vra vir jou Katolieke kennis wat sy mening oor "god - die moeder" is. 

    Net so kan jy jou Protestante kennis vra wat sy verstaan behels van Shekhinah en hoe sy voel oor "god die moeder" en deelname aan die Katolieke gemeenskap en hoe geskied 'sondagskool' aan die hand van midrash en hoe hulle, hulself sou klassifiseer?

    Henn, kan nie namens 2 miljard Christene praat nie en sommer nog 'n paar ander gelowe inklits en dan hier kom verkondig daardie entiteit bestaan daar buite en dat Henn dit slegs hier kom verwoord. 

    Dit is gek verby.   

    Baie dankie  

    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wat hierdie bose bende betref, het elkeen hul eie God; word alle oortuiging in 'n grys massa met 'n selektiewe gespoeg en plak beperk sodat hul duiwelse skaal nie kan kantel nie ... en so ploeter die patetieke bleeksiel Wouter Ferns (soos hy graag na homself vir jammerte verwys), voort ... ja, die katolike Kerk sal die Wouter Fernse', Kobus de Klerks' en Tienie Mahnes' se klipharde en kille intellektualisme onsigbaar bly - want die katolieke Kerk (met 'n kleinletter k) is heilig, heilig, heilig ...

     

     

     

  • Kobus de Klerk

    George,

    Jy is duidelik baie antagonisties. Wat is die punt dan in die gesprek met my? Wil jy twis soek?

    Vooroordeel is 'n besonder sterk kniehalter. Wie nie wil sien nie, sien nie. Benewens die bron waaruit aangehaal is, is daar die National Academies Press, die beginsels daarvan word dit ook in studies bespreek; word dit geëvalueer en gekritiseer op bekende evolusionistiese forums; en natuurlik in pro-kreasionistiese akademiese publikasies, ens. Daar sal ook talle ander wees waarvan en nie eens bewus is nie.

    Die evolusioniste evalueer dit graag en maak dit dan af as 'n sogenaamde 'pseudo-wetenskap', 'n gogga wat hulle ontwerp het om dinge mee te klassifiseer wat elemente bevat wat hulle nie onder die knie kan kry nie. Nou ja, 'pseudo-wetenskap' of te nie, die wetenskaplike onderbou daarvan kan juis nie ontken word nie en dit versoen op feitelike basis die geskiedkundige oorkonde van die Skepping soos dit in die Woord aangeteken is, met die wetenskaplike feite soos dit in die natuur aangetref word. Wat uiteindelik die nut daarvan is, is om aan te dui dat die evolusionistiese tipe taksonomie nie die aanvaarbare klassifikasie stelsel is nie, maar dat daar 'n beter klassifikasie stelsel bestaan - die baraminologie - wat deur natuurlike data en feite ondersteun word. Hierdie klassifikasiestelsel  is nog in finale ontwikkelingstadium. So byvoorbeeld vul dit op logiese manier die gaping van die ontstaan en wyse van ontstaan van lewe wat die evolusionistiese stamboom so kniehalter - daar is net gewoon geen bewys vir die evolusionistiese bewering dat alle lewe uit 'n enkele organisme ontstaan het nie - die baraminologie bied  die verklaring daarvoor op sterkte van die historiese oorkonde van die skepping, die opgetekende Woord van God, die Skepper. en soos die natuurlike feite daardeur ondersteun word en andersom - dus daarvan getuig. Niks in die natuur weerlê daardie geskiedkundige oorkonde nie, maar daar is baie getuienis ter bevestiging daarvan.

    Jou interpretasie van Genesis 1 en 2 se skeppingsoorkonde is nie te versoen met die inhoud daarvan nie. Vir jou om reg te wees, sou daar in Genesis 1 geen verwysing na die skepping van die mens moes wees, nie. Dit is egter baie duidelik dat die twee hoofstukke verskillende aspekte van die skepping aanspreek en niks te make het - een waar die volgorde vermeld word en die ander waar die interafhanklike  verhoudinge tussen Skepper en geskapenes en geskapenes onderling, aangespreek word en waar die feite daarvan nie in kronologiese volgorde hoef aangebied of behandel te word nie.

    Uit vorige skrywes van jou het dit al dikwels geblyk dat jy baie vreemde persoonlike interpretasies van die Woord huldig - en dit is maar op die ou end al wat dit is - jou persoonlike interpretasies wat hy konstrueer in 'n poging om die evolusieleer daarmee te versoek. Op die ou end is beide gebuigde weergawes wat jy vir jouself aanbied, deurtrek van verdraaiings en waninterpretasies en dus geheel en al onbruikbaar. As jy 'n gelowige is, sal jy moet besef dat jy jou deur die Heilige Gees van God moet laat lei om Sy Woord te verstaan, in te sien en  uit te lê.

    Kobus de Klerk

  • Wouter

    Net 'n uitklaring oor my gebruik van "katoliek" in teenstelling met "Katoliek" (eintlik Rooms in Corneels se definisie)

    My argument aanvanklik het te doen met kerke wat die Bybel alleenlik als goddelike bron aanvaar, in teenstelling met kerke wat "Tradisie" 'n hoër gestalte als die Bybel verleen en ook als goddelike openbaring aanvaar.  Laasgenoemde word gesamentlik als "katoliek" beskryf om hulle van Protestantisme te onderskei, nie dieselfde definisie wat Cornelius daarvoor weergee nie.  Hierdie kerke bevat gesamentlik soortglyke  nie-Bybelse "Tradisionele" dogma, soos Maria, en heiliges-aanbidding, gebede vir die dooies, vorms van mis onderhouding maar verskil van mekaar in intensiteit.  Die Grieks Ortodokse Kerk bv. heg baie waarde aan "icon" verheerliking in teenstelling met die Rooms wat glad nie.  Die Rooms onderhou "Confession" deur leke en die vergiffenis van sondes deur priesters wat die ander nie doen nie.  Die "High Church of England" (Anglican) is soortgelyk aan die Roomse Kerk, met die verskil dat leke keuses gegee word watter dele van "Tradisie" hulle wil aanvaar al dan nie.  Deur die bank beskryf elkeen afsonderlik hulself als "Katoliek" (nie ten doel om hulself met die Roomse Kerk te wil vereenselwig nie, wat dieselfde titel eien).

    Cornelius

    Waar ek in die verlede gesê het Kobus se argumente is omsigtelike weergee en gebruik logiese reëls, in teenstelling met joune wat nie so is nie, is geen argument dat ek 'n Kobus aanhanger is nie.  Jy verbeel jou dat die hele SêNet in twee kampe verdeel is, nl Cornelius-aanhangers en Kobus-aanhangers, rerig! 'n laerskool se speelgrond scenario.  Jy, Kobus en alle deelnemers word be-oordeel op die kwaliteit, inhoud en oortuigingsvermoë met elke AFSONDERLIKE brief, en word dienooreenkomstig daarop geloof, gekritiseer of geïgnoreer.

    Ek is in geen kamp nie.  SêNet is nie vir sissies nie. Indien jy jouself nie als sissie beskou nie, hou op om te "squeal"

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, jy verbeel jouself eweneens dat ek dink SêNet is in twee kampe verdeel ... stamp maar jou eie kompos ...

     

     

  • CorneliusHenn

    ... en Jaco Fourie, soos gewoonlik - nes die geval met Chris Dippenaar en Wouter Ferns  - is jy gruwelik van die punt hier verdwaal ... dis die ou grote se bydrae hierdie en onder hoofde "Baraminologie" ... hoekom laat julle nie hierdie lafhartige ware Christengelowiges toe om self uit hul ware geloof te bely nie? ... nog nie eenkeer het jy, of die res van julle "lae agnostici" soos Kobus de Klerk jul gedurig in neerhaal, die godsdiensboewe blootgestel om self te antwoord nie ... hoekom nie?

     

     

  • Chris Dippenaar

    Hello George

    Wanneer Kobus 'n interpretasie gee van die Bybel is dit altyd goed om die teks byderhand te hê. Hier volg die tweede van die skeppingsverhale in Genesis:

    Gen.4b Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het, 5 was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie. 6 Maar ’n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig. 7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword. 8 Ook het die HERE God ’n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee. 9 En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad. 10 En daar het ’n rivier uit Eden uitgegaan om die tuin nat te maak; en daarvandaan is dit verdeel en het vier lope geword. 11 Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land Háwila loop waar die goud is. 12 En die goud van dié land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen. 13 En die naam van die tweede rivier is die Gihon. Dit is hy wat om die hele land Kus loop. 14 En die naam van die derde rivier is die Hiddékel. Dit is hy wat oos van Assur loop. En die vierde rivier is die Frat. 15 Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak. 16 En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, 17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. 18 Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas. 19 En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees. 20 So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie. 21 Toe het die HERE God ’n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. 22 En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens. 23 Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem word, want sy is uit die man geneem. 24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. 25 En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.

    Daar is geen verwysing in Gen 2 dat dit 'n klemverskuiwing is om 'n hiërargiese orde aan te dui tussen plant, dier en mens. Om die waarheid te sê, dit is eerder in Gen. 1 waar so 'n hiërargie te sien is in die volgorde van die skepping. Alles wat God skep is "goed", maar die skepping van die mens op die laaste dag is "baie goed", die kroon van sy skepping.

    Kobus wil ons verder laat verstaan dat hiërargiese orde in Gen. 2 (wat nie in die teks is nie!) van die skepping, "iets heel anders as die blote kronologie welke nie deur die kronologie van die skepping geraak word nie", bedoelende dat die ware kronologie voorkom in Gen.1. Hiermee erken hy in werklikheid dat die kronologie tussen die twee weergawes verskil, maar met "slight of hand" skryf hy dit toe aan 'n sogenaamde klem wat hier gelê word op 'n hiërargie. Uit die teks hierbo is dit egter duidelik dat daar geen sprake is van so iets is nie. Dit bring ons dan terug by die volgorde van Gen.2: Eers die man, dan plante, dan die diere en laastens die vrou. Daar is geen onduidelikheid in die teks oor hierdie volgorde nie, lees dit self. Let op die gedeeltes in vet gedruk hierbo wat 'n duidelike kronologie aandui.

    Hierdie tweede weergawe se kronologie verskil heeltemal van die eerste, en is maar 'n enkele rede hoekom kenners twee heeltemal verskillende mites identifiseer, die een na die ander, in Genesis.

    Niemand kan Kobus dwing om evolusie te aanvaar as die waarheid nie, en 'n mens sal kan verstaan (nie goedpraat) as hy lieg en verdraai oor evolusie om spasie te maak vir 'n idee soos baraminologie. Wat verbasend is, is wanneer hy die waarheid van die Bybelteks, wat hom in die eerste plek motiveer, verdraai om spasie te maak vir 'n idee soos baraminologie. Dis asof Kobus die fondasie waarop hy staan, wat alreeds in die lug sweef, hoe anders, ons het hier te doen met mitologie, onder homself aan die brand steek.

    Chris

    Ns. In Kobus se laaste reaksie verwys hy na "interafhanklike  verhoudinge tussen Skepper en geskapenes en geskapenes onderling". Die verhouding tussen skepper en geskapene is die doel van enige skeppingsverhaal en nie die probleem wat George voor Kobus stel nie. Wat wel die probleem is, is dat die verhoudinge tussen geskapenes onderling nie aangespreek word in Gen.2 nie.

  • Ek kon die tweede skakel wat deKlerk gegee het nie oopmaak nie, nietemin: nie een van die voorbeelde wat gegee is is van navorsing in akademiese vakjoernale nie en dit is wat ek gevra het. Daar bestaan wel sulke publikasies waarvan ek goed bewus is, ek doen al sedert die vorige eeu "huiswerk" oor baraminologie en is baie goed bekend daarmee. Tans is my tyd bietjie beperk, ek sal wel later terugkom hieroor, hopelik oor die naweek of so nie volgende week.

  • Hello Jaco, 

     
    Ek neem kennis van jou verklaring en sal daaroor moet dink. Wat wel duidelik is dat Cornelius Henn se 'katolieke kerk' met sy 'miljoene katolieke', net Henn se skedel bestaan en 'n eie maaksel is, alhoewel Henn dit verdedig as 'n entiteit 'daar buite' en dan lang briewe skryf oor dat godsdiens word bespot in die algemeen wanneer dit slegs sy eie skepping is wat kritiseer word. 
     
    Neem as voorbeeld die kansvatter wat almal se spiritualiteit afmaak en nou na my brief oor die onderwerp, skielik 'buig voor die spiritualiteit' in almal. 
     
    Die probleem is dat jy in jou gesprekke gaan vind jy weet nie watter entiteit dit is wat Henn verdedig nie, want dit is 'n mengelmoes wat saamgeflans word deur Henn as persoon terwyl al hierdie groeperinge apart baie duidelike beginsels het. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Kobus de Klerk

    Dit is maar die bekende probleem wat ons in sulke gesprekke teëkom - die agnostikus en die lou-gelowiges, wat in die eerste plek so is omdat hulle in verskillende mates nie die begrip het om die Woord en vir God te verstaan en dan ware gelowiges te wees nie,  wat probeer sin maak uit die fyner nuanses en klemverskuiwings in die Woord, terwyl die Woord geskoei is op insig en begrip. Daarom is hulle almal geneig om op die oppervlak te lees en nie die dieper en minder opsigtelike dinge, waarvan die Woord deurspek is en welke die nodige insig verg om te verstaan en in konteks te sien, raak te sien nie.

    So byvoorbeeld is dut baie duidelik in Genesis 1 dat God die skeppingsorde - nie die hiërargie nie - daar weergee, vanaf die eerste skeppingsdag tot die sesde dag deur elke keer te vermeld wat God op welke dag geskape het. Die orde van skepping is nie om die hiërargie  aan te dui nie, maar die doelmatigheid van die skepping en die ineenvloeiing van die verskillende kreature te bewerkstellig weens hulle uiteindelike interafhanklikheid.

    Genesis 2 vermeld sommige van die kreature en skepsels weer, maar hierdie keer vir 'n gans ander doel - om hierdie keer die hiërargieë vas te stel en die orde en doel van die dinge en mense wat die Woord daar bespreek. Die klem val op daardie aspekte en gee veel meer besonderhede van die skepping, redes daarvoor en hoe dit by mekaar inpas. God maak ook die ligging van die van die setel van die mens daar  bekend - die paradys.

    Chris gaan dan heen en hy haal die tersaaklike gedeeltes uit Genesis 2 vir ons verbatim aan uit die vertaling wat hy verkies. Wat daar staan, maar vir hom geen betekenis het nie en hy heel waarskynlik nie eens raaksien nie (George ook nie), is die verskil in aanbieding - Genesis 1 maak die Woord spesifiek vir die doel daarvan melding van die plek in tyd wanneer die skepping plaasvind deur spesifiek die dae te vermeld waarop dit geskep is. Maar in Genesis 2 gebeur dit glad nie. Daar word 'n heel ander presentasie gebruik, deur aanwending van die woord 'ook' in die plek van die bepaalde skeppingsmomente soos in Genesis 1 aangedui. Die rede is ooglopend en duidelik - in Genes 2 bevestig die Woord dat HY die kreature en skepsels geskape het deur te sê '...Ook het die HERE...' maar sonder om te vermeld wanneer, soos wat wel in Genesis 1 baie spesifiek gedoen word. Daardie skepsel of kreatuur word dus so vermeld in Genesis 2 en direk daarna word daar dan meer besonderhede gegee aangaande daardie kreatuur of skepsel en hule onderlinge verhoudinge en die moets en moenies in daardie verband, want dit is die doel van die oorkonde in Genesis 2 wat met die kreature ne skepsels handel

    Vers 4b en 5 is informatief en gee die rede waarom daar nie van die begin af sekere plantsoorte soos gewasse was wat reën (dus heelwat water) benodig nie - omdat daar geen nut voor was voor die mens geskape is nie. Maar die Woord vermeld wel hoe dit wat daar was, benat was - deur die mistige vogtigheid (vers 6) soos wat ons tipes in die woestyne van die wêreld sien - veral die Namib, byvoorbeeld. Genoeg om alles daar aan die lewe te hou, maar nie om landbou gewasse te onderhou nie.  'n Blote verduideliking, sonder om volgorde aan te dui,  iets wat nie in Genesis 1 op daardie vlak voorkom nie.

    Vers 7 gaan dan oor na 'n heel nuwe onderwerp - die besonderhede omtrent die skepping van die mens sonder enige vermelding hoegenaamd van wanneer die mens geskape is, soos wat dit in Genesis 1 wel voorkom. Die doel van hierdie vers om om die mens in te lig oor die wyse waarop hy geskape is en met fisiese lewe, gees en siel toegerus is.

    Verse 8-17 gaan dan na 'n ander, nuwe onderwerp - die tuin of bewerkbare grond wat die mens kan benut en hoe en waar dit gesetel is en wat die doel daarvan is. Geen vermelding hoegenaamd van wanneer dit gedoen is nie, want vir doeleindes van die bespreking in Genesis 2 is dit nie van belang nie. Dit is ook baie logies dat die HERE eers die tuin met gewasse en diere waarvan die mens moet lewe en 'n lewe moet maak en oor moes heers, gevestig het en daarna die mens geskape het om daarin te woon. Vers 15 bevestig dit tog immers. Hoe sou God die mens in die tuin sit (skape) as die tuin op daardie stadium nog nie bestaan het nie?  Eers tog die tuin en toe kom die mens om dit te bewerk en beheers - en dit sluit direk by Genesis 1 aan waar dit duidelik is dat die mens laaste geskape is. Logies, alles wat die mens moes van lewe en oor heers, moes eers in plek wees.

    Vers 18 openbaar die rede waarom God besluit het om nog 'n mens te skape - die vrou. Niks meer nie. Hierdie vers sê nie hoe ne wanneer nie, maar bloot waarom. Eers in verse 21 en 22 word daarmee in 'n sekere mate van besonderhede gehandel sonder om te vermeld wanneer, Die doel daarvan is bloot om inligting te verskaf met betrekking tot die hegte verbintenis tussen man en vrou wat in die eerste huwelik kulmineer (verse 23-25).

    Verse 19-20 bevestig weereens dat God die kreature geskape het sonder om te vermeld wanneer, maar laat val dan die klem op die feit dat die mens die kreature sal orden en oorheers. Die vermelde gedeeltes is deurspek van sulke hiërargiese mededelings en ordening.

    Chris beskou God en die Woord as mitologie, omdat hy eenvoudig nie die insig en begrip het om dit te begryp of te verwerk nie - daarom is hy 'n ateïs. Hy kan werklik nie eens die mees basiese verbintenis maak om te besef dat  God Lewe en werklikheid is, nie. Hoe op aarde kan hy hom dan met enige relevansie uitspreek oor die diepe betekenisse van die Woord? Al waartoe hy in staat is - en dit blyk duidelik - is om kaal woorde te lees ne weergee en geen begrip te toon vir die konteks, betekenis en inslag daarvan nie. Dit is waarom die agnostici nie kop of stert kan uitmaak van wat werklik in die Woord aangaan nie. Watter nugter denkende mens sal dan sy disposisie van die betekenis van die Woord kan aanvaar? Dit is baie duidelik dat hy nie die vermoë daartoe het nie.

    Soos weereens hieruit blyk en Chris se pogings in die verlede, was die aanhalings waarmee hy uit die Bybel te voorskyn gekom goed om byderhand te hê, soos hy sê... maar nie vir hom nie. Dit het telkens gedien om sy verbasend gebrekkige insig in die tekste wat hy aanhaal, te beklemtoon, soos nou weer.

    Wonder wat George sal sê oor Chris se evaluasie van die Woord en van God ...

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Goddank die heilige katolieke Kerk is so verhewe bo die begrip van die spotters ... beslis 'n openbaring waarin ek nederig in buig ... Namaste! Cornelius Henn

     

     

     

     

  • Wouter

    Die man se waansin mbt "katoliek" is in 'n voorbeeld waar hy in 'n respons op 'n ander skakel skryf oor Protesante Amerika, met Obama aan die spits, se aanvalle op "katolieke" Sirie, 'n land met 'n bevolking van meer as 80% Moelems!!

    Hy bemoei hom met elke onderwerp op SêNet, ooglopend sonder die benodigde kennis, om sodoende sy onkunde vir almal bloot te stel, dan probeer hy skrywers in kampe indeel, die wat hy meen hom ondersteun en die wat hy meen Kobus ondersteun.

    Jaco Fourie

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk dweep: "Dit is maar die bekende probleem wat ons in sulke gesprekke teëkom - die agnostikus en die lou-gelowiges, wat in die eerste plek so is omdat hulle in verskillende mates nie die begrip het om die Woord en vir God te verstaan en dan ware gelowiges te wees nie,  wat probeer sin maak uit die fyner nuanses en klemverskuiwings in die Woord, terwyl die Woord geskoei is op insig en begrip."  

     

    (Kobus de Klerk, kan God verstaan en is daarom 'n ware gelowige?)

     

     

    Trienie Mahne dweep: "Die opregte ware gelowige het egter ’n verpligting: Saai van liefde. Hulle verkondig nie ’n evangelie van hel en oordeel nie, want dit ontlont net ’n ander hel. Hul evangelie is een van liefde. Want God is liefde."  

     

    (Trienie Mahne, bestempel die moontlikheid van nie-opregte ware gelowiges - KdK dalk vir sy eentonige vuur en swael gedwepery?)

     

     

    Soos vinkele en koljander ... presies eenders; hierdie twee persone se geaardheid is dieselfde ... beide onderskei hulself as "ware gelowiges"  ... ja, al dweep die een liefde inteenstelling met die ander se insig en begrip om God aan te bepaal ...  

     

     

    Tot op hede is daar geen verduideliking, of regverdiging deur enige van die "ware gelowiges" op die werf sodat andere ook dalk kan verstaan hoekom nederige en eenvoudige gelowiges in die liefde en genade van ons almal se Skepper, se geloof minder waar of opreg is nie.  

     

    Ek is egter weldeeglik en deur die jare oortuig daarvan dat "ware gelowiges", 'n ergerlike en siniese beskouing omtrent hul medemens se hart het.  

     

    Intussen beskou ek die ewe siniese Chris Dippenaar, Jaco Fourie en Wouter Ferns se rookskerms om die "ware gelowiges" te help ontduik aan 'n verduideliking, as gewoon intellektueel oneerlik.  

     

    Al ontsier hierdie hartseer toedrag die werf, is dit tog leersaam en 'n bewys hoe blind die egotis (slimjanne) se begrip, insig en liefde vol nuanse (geveinsdheid), vir die Heilige se openbaringe oral is.  

     

    Mag Jesus Christus onse HERE, ons verlos van die "ware gelowiges" se misantropiese en sardoniese ongevoeligheid.  

     

    Namaste!  

     

    Cornelius Henn

     

  • CorneliusHenn

    Tel 'n mens die kommentare van veral Jaco Fourie en Wouter Ferns hierbo, dan is dit duidelik hoe desperaat hulle die onderwerp omtrent Kobus de Klerk se ydele uitsprake probeer aflei en verdoelsel ... ek kan my op geen manier voorstel hoekom my deel aan die katolieke Kerk, hoegenaamd hier ter sprake kan wees nie ... maar nou ja, die opgewondenheid is altyd groot onder AL die sinici op die werf, telkens as  hul ou grote anderhater Kobus de Klerk, die dag sy twak kom strooi ...

     

     

     

  • Chris Dippenaar

    Kobus, wat jy aanvanklik beskryf as 'n duidelike klemverskuiwing tussen Gen. 1 en 2 is nou ewe skielik "fyner nuanses en klemverskuiwings". Volgens jou is dit ook "baie duidelik in Genesis 1 dat God die skeppingsorde - nie die hiërargie nie - daar weergee". Dis verstaanbaar dat jy so sal sê, natuurlik. as Gen.1 alreeds 'n hiërargie aandui val jou "klemverskuiwing" mos plat, of hoe?

    Dan probeer jy die aanhaling wat ek gebruik verdag maak deur daarna te verwys as een wat ek verkies. Hoekom anders dit eers noem? Is daar dan fout met die ou vertaling van die Bybel in Afrikaans?

    Wat volg, jou interpretasie van Gen.2, is geforseerd en 'n demonstrasie en voorbeeld van hoe fundamentele Christene die Bybel verander in 'n praatpop: Evolusie is nonsens, en hulle sal hierdie antieke dokument kry om enige iets te sê wat hulle wil. As dit die 'game' is wat jy wil speel, Kobus, het jy nie 'n Bybel nodig nie.

  • Kobus, na aanleiding van jou jongste reaksie, haal ek die begin van die vierde laaste paragraaf aan: “Verse 19-20 bevestig weereens dat God die kreature geskape het sonder om te vermeld wanneer, maar laat val dan die klem op die feit dat die mens die kreature sal orden en oorheers.”

    Dit is nie korrek nie. Die diere word in vers 19 gemaak en Adam in vers 7. Daar is nêrens enige aanduiding wat die kronologie van hierdie verse betwyfel nie, maw die mens is eerste gemaak en daarna die diere.

    Kobus, ek wil ook skryf oor jou antwoord van 2013-9-19@10.16, wat begin met: “Jy is duidelik baie antagonisties. Wat is die punt dan in die gesprek met my? Wil jy twis soek?”

    Van die antagonisme en twis soek is ek nie bewus nie. Die punt van my gesprek met jou is dat ek vir jou aantoon dat die verskille tussen Genesis 1 en 2 sodanig is dat dit nie met 'n letterlike interpretasie verklaar kan word nie. Die doel met jou vele woorde is om hierdie punt te vermy.

    Dis gaaf dat jy uiteindelik 'n paar bronne verskaf. Wat nou nog nodig is, is verwysings na akademiese vakpublikasies – daar is egter geen hoop dat dit ooit sal gebeur nie.

    Jy sluit af met (die kursiewe gedeeltes is my beklemtoning): “Uit vorige skrywes van jou (George) het dit al dikwels geblyk dat jy baie vreemde persoonlike interpretasies van die Woord huldig - en dit is maar op die ou end al wat dit is - jou persoonlike interpretasies wat hy [jy?] konstrueer in 'n poging om die evolusieleer daarmee te versoek [versoen?]. Op die ou end is beide gebuigde weergawes wat jy vir jouself aanbied, deurtrek van verdraaiings en waninterpretasies en dus geheel en al onbruikbaar. As jy 'n gelowige is, sal jy moet besef dat jy jou deur die Heilige Gees van God moet laat lei om Sy Woord te verstaan, in te sien en uit te lê.”

    Die kursiewe gedeeltes is 'n 100% beskrywing van Kobus de Klerk. Jou laaste sin is uit die hart en behoort enige gelowige ernstig te laat nadink. As ek nou oordeel, vergewe my, maar dit is vir my onbegryplik hoe jy self by die punt sal uitkom waar jy diepere insig sal verkry, terwyl jy so sterk deur jou verstand gelei word. Miskien bring die Gees jou nog van bramanologie tot by teïstiese evolusie (dis my opregte wens).

    Kobus jou hele benadering is altyd dat almal verkeerd is. Alleen jy en jou interpretasie van die Bybel is reg en alle ander gelowiges en veral wetenskaplikes is verkeerd. Ek lees tans Hermann Giliomee se boek Die Laaste Afrikanerleiers. Die volgende aanhalings het op Verwoerd betrekking, maar toon ongelooflike ooreenkomste met Kobus de Klerk – geniet dit!

    Sy “grenslose eiegeregtigheid wanneer hy voor sy tikmasjien gaan sit.” (Phil Weber)

    “Hy het gewoonlik die eerste en die laaste woord gehad. … “Ek het nog nooit iemand ontmoet wat meer oortuig van sy saak en sy idees was nie.” (Piet Meiring)

    Stanley Uys, 'n parlementêre korrespondent, het Verwoerd soos volg opgesom: “Ons matig ons aan om te dink ons is reg; hy weet hy is reg.” Hy meld ook van sy afsydigheid. “Die mense om hom (en in die buitewêreld) was sy leerlinge. Hy het al die antwoorde gehad en hy moes net die besonderhede aan sy leerling verduidelik.” … “Al wanneer hy soms so 'n bietjie ergerlik geraak het, was wanneer hy gevoel het sy boodskap tref nie die kol nie – die leerlinge was te dom om te verstaan.”

    Dan is daar die antwoord wat Verwoerd aan 'n joernalis gegee het wat vir hom gevra het of hy goed slaap. Hy het dit nie alleen bevestig nie, maar bygevoeg: “Jy sien, 'n mens het nie die probleem dat jy jou hoef te bekommer dat jy dalk verkeerd kan wees nie.”

    George

  • Hello Jaco, 

     
    Gelukkig het ek dit gemis, die "katolieke Sirie". Wat 'n lagwekkende stelling is dit nie. Die Christene wat daar is, is 'n minderheid van die bevolking en dan ook nog in die bed saam met Assad en wens ek geen Christen leed toe nie. Maar daar is 'n vraagstuk net daar alreeds.Google werk oortyd by die man, sy 'digitale biblioteek', verwerp alle hoofstroom media as deel van 'KORPORASIE', en die wat sou verskil met sy 'alternatiewe nuus', die is gebreinspoel en nog steeds word daar gewag vir WOIII wat sy 'alternatiewe media' voorspel het en intussen het Putin en Obama saamgewerk in  Sirie. Die bye is nou eers seker vergete. 

     
    Hierdie is definitief nie kampe nie, maar gaan let op na sy kommentare. Hy werk hard om Angus, Thomas, Panda, Jan Rap et al heuning om die mond te smeer. Dit is soos twee persone op die werf, so gedwee toe Jan Rap hom tereg wys op iets. 
     
    Hierdie psigodrama van Henn duur nou al hopeloos te lank. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Cornelius Henn skop die gesprek so af... Die tweede kommentaar naas Thomas en werk die heuningkwas oortyd: 

     
    Cornelius Henn2013-09-16 @14:34
     
    Beste Thomas, tot op hede had die ou grote Kobus de Klerk (soos hy graag met homself spog), nie die moed om eens sy verafgoding van die Bybel as die Woord, hier te verduidelik nie ... hy ry gewoon op die rug van sentimentele clichés en kreasonistiese webwerwe om slim en gewild te blyk ... hel, om te dink hoe bly die siniese Wouter Ferns, Jaco Fourie en Chris Dippenaar moet wees noudat hulle ewe siniese strooipop weer op die werf is ... Thomas, dankie vir jou gegronde kritiek altoos rakende Godsdiens en die klug waarin Kobus de Klerk homself hier voordoen ... gewyde groete, Cornelius Henn
  • Kobus de Klerk

    George,

    Jy sê die diere word in vers 19 gemaak en Adam in vers 7 en dat daar nêrens enige aanduiding is wat die kronologie van hierdie verse betwyfel nie, maw sê jy, die mens is eerste gemaak en daarna die diere.

    Wat jy dus daar probeer opdis, is dat vers 19 die diere gemaak het en vers 7 die mense... Wat dit eintlik maar net beteken is dat daar in vers 7 staan dat mense geskape is in vers 19, diere.

    Maar die blote feit dat die oorkonde opgeteken staan met paragraaf nommers wat hulle skei, word sommer nou deur julle verhef tot 'n aanduiding van die skeppingsorde? Hoe ver sal julle nog wil gaan om die Woord te plooi en te buig om julle evolusieteorie te pas en die Woord te diskrediteer?

    Dan maak jy ook die verstommende aanmerking dat daar nêrens enige aanduiding is wat die kronologie van hierdie verse betwyfel nie... so, die verse se nommers, die kronologie van die vers nommers, volgens jou, word nou deur jou verhef tot 'n skeppingsorde?! Genade, ek wonder of die outeurs en vertalers van die Bybel besef het dat hulle numering van die onderskeie verse om hulle van mekaar te kan onderskei, skielik in die verwronge benadering van die Bybel antagonis en ateïs verhef sal word tot Goddelike skeppingsorde? Ek dink dit is lagwekkend.

    En dit boonop in die lig van die werklike skeppings kronologie wat in Genesis 1:23 e.v. so duidelik uitgespel word:" 23 En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag. 24 En God het gesê: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte. En dit was so. 25 En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was. 26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. 28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip. 29 Verder het God gesê: Ek gee nou aan julle al die plante wat saad gee, wat op die hele aarde is, en al die bome waar boomvrugte aan is, wat saad dra. Dit sal julle voedsel wees. 30 Maar aan al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel en al die kruipende diere op die aarde, waarin ’n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel. En dit was so. 31 Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag."

    Waarin glo jy, George? Glo jy hoegenaamd aan God? Indien jy ja sou antwoord, waar kom jy aan die God wat jy in glo? Dit is duidelik dat jy die Bybel, wat die geïnspireerde Woord van God aan die mens in geskrewe vorm weergee en waarin God hom aan ons openbaar, deur Sy Heilige Gees, minag. So, waar het jy aan die God gekom wat jy dan sou dien? Of is jy ook 'n agnostikus.

    Jou hele relaas oor my as persoon, wat geen reaksie verdien nie want jy is stuitig, dui baie duidelik aan dat die Heilige Gees van God en die werking en gawes en interaksie van die Gees met die mens, vir jou 'n baie vreemde konsep is waarmee jy nie bekend is nie en ook straks nie wil wees nie...

    Chris,

    Dit is dikwels deur insig in die fynere nuanses en samehangende kontekste in die Woord dat die werklike betekenis van die Woord uitgelê kan word. Tensy jy bereid is om die werking van Spiritualiteit in te sien en te probeer verstaan, sal jy my probeer kritiseer soos wat jy wel doen. Wanneer ons die Woord uitlê, beweeg ons op terrein, Geestelike / Spirituele terrein, waarmee jy as ateïs geheel en al onbekend is. Tewens, dit is juis die rede ver jou agnostisisme.

    Wat die vertaling aanbetref, is dit mos jou manier om vir jou 'n gunsteling vertaling uit te soek, wat volgens jou interpretasie daarvan, jou agnostiese interpretasie beste sal pas. Maar weens die probleem wat ek in die paragraaf hierbo weergee, slaag jy natuurlik ook nie daarin nie want ongeag watter vertaling jy verkies, jy sal eenvoudig nie agter die kap van die byl kom nie. Dan is dit natuurlik ook so dat sommige van die nuwer vertalings belangrike aspekte of uitlaat of wanvoorstel vanweë hulle pogings om 'n meer 'moderne' aanslag te verkry. Wie weet waar dit sal eindig.... Ons sal maar dophou en sien. Wat ek wel weet, is dat jy hulle met 'n valkoog sal dophou en die vertaling sal verkies wat die vêrste wegdwaal van die oorspronklike, betroubare tekste af.

    Kobus de Klerk

  • Hello George, 

     
    Vir wat dit werd is ek het jou verwysing geniet en bevestig jy wat bekend is van Kobus, wanneer jy skryf:
     
     'Kobus jou hele benadering is altyd dat almal verkeerd is. Alleen jy en jou interpretasie van die Bybel is reg en alle ander gelowiges en veral wetenskaplikes is verkeerd.' 
     
    Dit bly daarom 'n raaisel van die persoon wat alle vakkundige kennis verwerp en daarmee ook enige alternatiewe interpretasies wat in kontradiksie tot sy eie ontledings staan. Wat om te doen met so 'n persoon weet ek nie en is hierdie die probleem wat Angus elders ook aanspreek? 
     
    Wat gaan jy doen Kobus, sekerlik maar volhou daarmee. 
     
    Tesame met George se verwysing, wil ek put uit 'n opstel van Isaiah Berlin:
     
    Few things have done more harm than the belief on the part of individuals or groups (or tribes or states or nations or churches) that he or she or they are insole possession of the truth: especially about how to live, what to be & do—& that those who differ from them are not merely mistaken, but wicked or mad: & need restraining or suppressing. It is a terrible and dangerous arrogance to believe that you alone are right: have a magical eye which sees the truth: & that others cannot be right if they disagree.
     
    Met dit dan, die vraag is die opslossing wat jy bied om God verantwoordelik te maak vir die skepping die beste en is George se verwysing  van  teïstiese evolusie nie die beste oplossing en uitkoms bied weg van 'n letterlike ontleding van Genesis? 

     
    En daarmee die verwysing en belaglikmaking van pratende slange ens snoer?
     
    Baie dankie
    Wouter 
  • De Klerk gebruik verskeie kere die word "soort". Om enige moontlike verwarring te voorkom verneem ek graag van hom wat hy met hierdie word bedoel.

  • Beste Thomas — Hierdie reaksie is effens laat en van die punt af en ek wil nie probeer om die onderwerp ter sprake te verander nie, maar Kobus de Klerk is heeltemal reg as hy in sy reaksie op jou kommentaar van 16 deser beweer dat hy lesers uitgedaag het om te bewys dat die aarde om die son draai — heliosentriese model —    en nie andersom nie. En dat niemand kon nie.

    Maar daar moet in ag geneem word dat niemand op SêNet hom nog ooit van enigiets waarvan ek bewus is, kon oortuig nie — nie eers dat 2 x 0 = 0 nie. As hy in ’n hoek is dan maak hy sommer sy eie Fisika wette waarmee hy dan sy argument verder  voer. Soos dat gravitasie nie ’n natuurlike krag is wat tussen liggame bestaan en wat o.a. direk eweredig is met hulle onderskeie massas nie maar dat dit volgens hom opgewek word en wat dit dus — volgens hom — moontlik maak dat die aarde genoeg  gravitasie kan opwek sodat die son en daarmee saam die res van die sonnestelsel, trouens die ganse heelal, om die aarde kan wentel  ten spyte daarvan dat die son se massa omtrent 330 000 keer meer is as die van die aarde. Stel jou net voor  ’n mannetjie met ’n massa van 100 kg staan en swaai ’n gewig van 33 000 ton, wat aan 'n tou vasgemaak is, met gemak om hom. Dit is gelyk aan die massa van drie Eiffeltorings. Ek het finaal tot die gevolgtrekking gekom dat enige dispuut met hom 'n futiele oefening is. As hy die skaakstukke op die bord deurmekaar geskop en op die bord geskyt het, dan vlieg hy terug na die trop toe en verklaar homself as oorwinnaar.

    Groete
    Panda

  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Wat ek moet en gaan doen, is eintlik maar baie eenvoudig - ek moet en gaan by die Waarheid hou. Die Waarheid is verhewe by my en enige mens en vir my 'n rigsnoer en Wegwyser soos 'n Kompas. Dit sal dwaas wees om die Kompas te ignoreer en eie koers in te slaan. Daar is natuurlik mense wat die Kompas se aanwysing ignoreer asof dit nie bestaan nie en daaroor spekuleer, terwyl hulle in die woestyn van die lewe agter elke mirage aanloop, al in sirkels om en dan diegene wie die Kompas eerder volg, so op 'n afstand probeer koggel en ontmoedig met ander se opinies wat nes hulle, so agter die blink mirage van selfbedrog aandrentel.

    Dit is soos ouens wat die pot goud by die reënboog se voet naarstiglik soek, maar net nie by dit kan uitkom nie. Dan verwag jy mense wat op koers is, moet eerder saam met jou agter jou persoonlike Fata Morgana aandrentel? Nee wat, Wouter.

    Leon Retief,

    Met 'soorte' word 'kinds' bedoel oftewel hoofklasse.

    Kobus de Klerk

  • Chris Dippenaar

    Daar het jy dit nou George. Kobus skop die laaste pilaar van sy argument onder homself uit deur juis die gedeelte vir ons aan te haal wat duidelik 'n hiërargie aandui in die eerste mite van die skepping:

    Gen.1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. 27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

    Sy verwysings na versnommers en vertalings is 'n gryp na strooihalms, of is dit nou strooipoppe?

  • Dankie mnr de Klerk maar dit beantwoord nog nie my vraag nie - wat bedoel u met hoofklasse? Is 'n hond-soort byvoorbeeld 'n hoofklas? Is 'n soort 'n spesie, genus of wat ook al? Ek weet wat kreasioniste bedoel met "kinds" maar wil seker maak presies wat u beskouing hiervan is.

  • Kobus, jou kommentaar dat ek stuitig is het my laat glimlag. Jammer, maar jou pogings om my kwaad te maak het nie gewerk nie. Jy gee weer 'n lang verduideliking van die skeppingsvolgorde in Genesis 1 en om seker te maak dat dit nie verkeerd verstaan word nie is gedeeltes daarvan in vetdruk.

    Ek is seker dat ons nog nooit enige verskil oor die volgorde in die eerste hoofstuk gehad het nie. As jy dit gemis het dit gaan oor die skeppingsvolgorde in die tweede hoofstuk. Die mens word in die tweede hoofstuk eerste geskape en daarna die diere. Ek ag die Woord hoog en probeer dit nie afkraak nie, maar die probleem bly staan dat die volgorde in hoofstuk 1 en 2 verskil en dat jy weier om dit te erken en 'n aanvaarbare verklaring te verskaf.

    Soos jy seker agtergekom het is ek maar dommerig en verstaan nie. Die enigste oplossing is dat jy die saak aan enige van jou vriende op hierdie blad verduidelik. As jy selfs net een van hulle kan oortuig sal ek dit aanvaar. George

  • Kobus de Klerk

    Leon Retief,

    Ek dink vir doeleindes van hierdie bespreking kan  jy gerus werk met die terminologie wat deur die opstellers van die baraminologiese stelsel daarvoor ontwikkel en en is my persoonlike vertalings voorkeur nie juis nou vir daardie doeleindes belangrik nie. Die mees bekende Afrikaanse vertalings vir 'kinds' is maar om te verwys na soorte, klasse of geslagte (laasgenoemde, 'n tipiese Bybelse term met 'n besondere spirituele betekenis om klas of soort aan te dui).

    Haarklowery is nie die onderwerp of doel van bespreking nie - vermy dit dus asseblief gerus.

    George,

    Ek probeer jou hoegenaamd nie kwaad maak nie - ek reageer maar bloot op wat jy kwytraak.

    Ek het nog nie een van my geestelike vriende se kommentaar hier by hierdie bydrae raakgeloop nie. Ons speel nie speletjies en hou nie kompetisies met die HERE se Woord nie.

    Dalk moet jy eerder na Chris se opmerking kyk om te sien hoe dit nie gedoen word nie - in gesprekke soos hierdie is dit nie gerade om so ooglopend die gebrek aan die geringste begrip van dit wat hy skrywe, ten toon  te stel nie. Uit die vetdruk gedeelte wat hy aanhaal - trouens, die hele gedeelte -  is dit baie duidelik dat God die mense laaste geskape het om oor die skepping wat voor die mens geskape is, te heers, wat ek nog die heeltyd sê - maar Chris bied dit aan asof dit die teenoorgestelde beteken. Dalk moet jy dus met Chris as les waak daarteen dat jy nie ook tot daardie vlak van insigloosheid daal nie - jy spot alreeds met jouself en noem jouself dom, dus, die alarms lui al vir jou ook. Watter kans is daar dat jy sal verstaan wat my geestelike vriende, met ander woorde, my mede ware gelowiges, sê as jy nie eens die Bybel verstaan en vir my verstaan nie, want ons praat nie uit twee monde nie.

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus, 

     
    Elke keer leer ek iets nuuts by jou, en moes ek Fata Morgana gaan opsoek. Fantastiese beeldspraak maar tog is dit nie ek nie. Hierdie was nie 'n twis met jou oor die aanbidding van God nie en 'n volgeling wees nie. Hierdie was eerder oor die letterlike navolging van 'n mite wat glad nie meer bestaansreg het in die moderne tyd nie en vir enige ingeligte gelowige ernstige uitdagings bied. Elders het FC Boot 'n intellektueel respektabele verduideliking geplaas wat die noodsaak van die verdediging mites onnodig maak. 
     
    Indien ek God sou wou volg maar dit word verwag dat pratende slange en die skepping soos in Genesis 1 & 2 aanvaar moet word sou daar vasgeskop word. Hierdie is die uitdaging van vandag hoe sal die ingeligte gelowige wat die mensdom se kennis van die afgelope 5000 jaar aanvaar en wil versoen met die aanbidding van God, dit doen? 
     
    Dit was dus 'n soeke na 'n meer robuuste antwoord wat intellektueel ook nie die persoon in die skande sal steek nie. 
     
    In wese word dit dan gevra, hoekom moet jy hierdie mite bly verdedig in plaas daarvan om doodgewoon te glo, soos jy doen, maar kan jy dit doen sonder bogenoemde? 
     
    Ek sien jou 'broer in Adam' het nou kompetisie vir jou argument van die ware geloof en stel dit in 'n brief van hom soos volg: 
     
    'Hierdie katolieke Kerk (katoliek met 'n kleinletter "k"), was daar van die begin van die wêreld af en sal daar wees tot aan die einde'.

    Die keuse kan nie wees geloof soos formuleer deur Kobus de Klerk versus Cornelius Henn nie. 
     
    Daar moet 'n beter antwoord wees. 
     
    Ek hou van Pous Francis se antwoord en so ook Rowan Williams en het FC Boot hier ook goeie insette en daarmee Trienie ook en sekerlik aspekte van die teenpole soos formuleer deur jou en Henn.
     
    Hoe kan Godsdiens beter gemaak word?  
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Vir jou is die gedagte aan die lewende God en die Woord van God en die werkinge en vermagtinge van God  'n mite sonder bestaansreg (ek neem aan jy gun ander mites darem seker hul 'bestaansreg') en het jy dit in jou ateïstiese gemoed en hart nog nooit 'n kans gegee om tot jou deur te dring nie.

    Maar ek dink jy moet probeer verstaan dat jy, wat God en Godsake 'n mite noem en as sulks aansien, verteenwoordigend is van 'n baie klein groepie mense op hierdie ou aardbodem en dat mens derhalwe nie eintlik enige waarde kan heg aan die tipe van ultra-minderheidsiening   nie, veral as dit ooglopend is dat julle dit as mite beskou omdat daar soveel is wat julle nie kan verstaan daaromtrent nie, vanweë julle onvermoë om met die Gees van God kontak te maak. Dus, die van ons wat met julle daaroor praat - en daar is werklik min genoeg van ons wie dit doen, want die ander maak julle summier af as 'n vermorsing van tyd en asem - sal nie agter julle aanpraat nie en beslis nie in dieselfde groef en put waarin julle jul bevind, wil en kan beland nie.

    Ek glo dus nie net omdat ek in iets wil glo nie - veral nie iets wat jy as ateïs vir my sal kan modelleer nie. Ek glo omdat daar absolute substansie is in dit waarin ek glo - ek het kennis daaromtrent wat jy as ateïstiese agnostikus nie oor beskik nie - vir die redes hierbo genoem - en my ervaring, insig en kennis daaromtrent is die aansporing vir my geloof.

    Jy sien, ek het 'n verbintenis met God wat jy nie het nie - hoe kan jy dus verstaan waarin ek glo? Ek glo in die realiteit van God. Dit is inderdaad jy wat aan 'n mite vasklou - die mite van 'n God-lose bestaan.

    Daar is mense wat dink dat hulle evolusie met die Woord moet probeer versoen - en dan doen hulle dit op die kunsmatige wyse soos wat FC Boot en 'n paar ander probeer doen. Dit is omdat hulle beide nie behoorlik verstaan nie en ook nie moeite wil doen om die diepere inslag en betekenisse daarvan te probeer verstaan nie. Daarom gaan hulle oppervlakkig te werk met beide en die resultaat is dan omtrent iets so onhoudbaar en basisloos en verwyderd van realisme en God soos Cornelius se poespas poeding vir religie. Hulle is dan ook geneig om literatuur te soek wat pas by so 'n benadering, nes ons sien, F C Boot doen. Die F C Boot tipe hutspot het net ander bestanddele, maar dit is nie minder van 'n onverteerbare hutspot nie. Die feit dat die Boot-hutspot hierdie keer bestanddele bevat waarvan jy ook hou (vergeleke met Cornelius s'n wat vir jou geheel en al onaanvaarbaar is), maak dit  beslis nie minder aanvaarbaar nie. Beide bevat elemente van Waarheid maar wat geheel en al besoedel word deur fabels en leuens wat die Waarheid weerspreek - dus, 'n resultaat in beide gevalle wat mens Spirituele sooibrand gee lank voor jy nog 'n happie gewaag het.

    As jy tot insig in die Woord in staat was, sou jy agterkom die die verwysing na 'slang' daar - om maar 'n enkele voorbeeld te noem - simboliese waarde het om die satan - 'n spirituele wese - en sy kwaad voor te stel. Die slang bied geskikte simboliek omdat slange tradisioneel mense se natuurlike vyande is. Dus, jou aanmerking oor die 'pratende slang', nes Thomas en Angus se ooreenstemmende aanmerkings, is so insigloos en onvanpas dat dit eintlik lagwekkend en verspot is. Dit is juis daardie tipe van verspotte aanmerking wat demonstreer hoe ver julle van insig ne ervaring betreffende die realiteite omtrent God en Sy Woord en Sy Werke verwyderd is.

    Terloops, jy verwys na Trienie se bydrae - ek moes haar bydrae misgekyk het . Kan jy vir my die skakels gee waar sy haar uitgespreek het oor die evolusie en hoe dit by die Woord inskakel en waar sy haar uitgelaat het oor die uitleg van die skeppingsgebeure in Genesis 1 en 2?

    Die ware Godsdiens hoef nie beter gemaak te word nie - net sommige mense se antagonistiese en afwykende houding daaromtrent - wat die wrywing veroorsaak - kan en moet beter gemaak word.

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus,

     
    Jy verstaan my verkeerd en is onnodig aan te verdedig. Wat hierdie aspek van die gesprek aangaan betwyfel ek nie die bestaan van God nie en word dit vir die doeleindes van die gesprek as waar beskou en was hierdie nie 'n gesprek om die bestaan van God te ondersoek nie. 
     
    Die enigste aspek wat aangespreek is in hierdie kommentaar was juis om weg te kom van die kritiek wat 'n 'pratende slang' moontlik maak vir die wat gate in die verhaal wil skiet. Daarom dan 'n weg beweeg van die poging om Genesis 1 & 2 as letterlik te wil lees en dan in 'n 'pretzel-logic' te gaan om dit te probeer bewys as waar gegewe al die kontradiksies wat bestaan teenoor dit in al die vakkundige studies tot die mens se beskikking. 
     
    Daarom dan, eerder net die geloof, sonder die 'pretzel-logic' en bied FC Boot se argumente soos geleen van die Rooms Katolieke Kerk uitkoms. 
     
    Trienie se brief het nie evolusie aangespreek nie, maar slegs gefokus op liefde. 
     
    Ek verskil met jou. 
     
    Godsdiens kan nie bekostig om in stasis te bly en het ek elders 'n BBC bespreking van 23 September 2013 geplaas wat juis daardie onderwerp bespreek net soos Pous Francis se onderhoud die nuanses en subtiele voortdurende ondersoek van God en die mens veronderstel waar daar juis gepoog word om relevant te bly en antwoorde te bied soos die mens se verstaan oor hulle self verander. 
     
    Op hierdie stadium is jy hopeloos te rigied en behoort dit oor die langer duur problematies te wees en is ons waar ons nog altyd was. Daar is net een ontleding en dit is joune en het jy al die antwoorde, dit is loodreg teenoor wat Pous Francis in sy onderhoud bely. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Beste Kobus

    Met alle respek, jy praat van 'Die feit dat die Boot-hutspot' bestanddele bevat waarvan Wouter hou.Nee jy is totaal en al die kluts kwyt,bly vasklou aan 'n 6000 jaar oue skepping,wat al oor en oor bewys is 'n menslike versinsel te wees.
    Jy stry soos die mense in Galileo Galilei se tyd teen jou beter wete in en hou vol om op hierdie forum 'feite' te verkondig wat geen grondslag van enige aard het nie.Die feit dat daar talle wetenskaplikes is, wat ook Christene is, wat van jou verskil ,rol soos water van 'n eend se rug af.

    Met jou hardnekkige ontkenning van bewese wetenskaplike feite en jou aanspraak dat jy' 'Jy sien, ek het 'n verbintenis met God wat jy nie het nie - hoe kan jy dus verstaan waarin ek glo? ' verdoem jy dus alle ander wat van jou verskil.

    Wel ek het 'n uitdaging vir jou.

    Hier is 'n uittreksel uit http://www.vredefortdome.org.

    The meteorite impact that happened in the Free State made a crater that was about 300 km wide (from Johannesburg to Welkom!). This is the biggest meteorite impact that geologists have yet found on Earth and it is nearly twice as big as the impact that killed the dinosaurs 65 million years ago.

     This makes it a site of great importance for scientists. It is also the oldest impact crater that has been found on Earth. It is mainly for these reasons that it has been made a World Heritage Site.   Over many decades, geologists from South Africa and other parts of the world have been studying the broken and melted rocks around Parys and Vredefort to understand this Vredefort Impact Even.

    This is what they have found: 
     1. The meteorite impact happened about 2023 million years ago, at a time when there were no people or even animals of plants like we see today. The only living thing was a type of algae, like the green slime seen in dams today.  

    2. To make a crater 300 km wide, the meteorite must have been about 10 km across (as big as a mountain) and travelling at more than 10 km per second (36 000 km/h!).  

    3. The Vredefort Dome is only the central part of the impact crater. It is called a dome because the rock layers were bent into the shape of an upside-down bowl 90km across by the impact.   Shooting stars and meteorite impacts   If we look up into the sky on a dark night we often see "shooting stars". These are bright streaks of light that move very fast across the sky for only a few seconds before they disappear. They are not real stars - the streaks of light are caused by tine pieces of burning rock, flying faster than bullets that enter Earth's atmosphere from Outer Space.

    Because they are moving so fast (more than 10 km per second, which means they would take 30 seconds to fly from Parys to Bloemfontein!), when they enter the atmosphere they start to burn. (This burning is caused by friction with the air. When you rub your hands together very fast, they also get hot. To melt rock, though, the temperature must reach more than 1000 °C!)  

    There are many, many millions of such small pieces of rock in Outer Space, left over from when our Sun and the planets were formed. Thousands of them become shooting stars every day. But among them are also larger pieces of rock, ranging from football size to some up to many kilometers across. These asteroids also sometimes fall into the Earth's atmosphere, but not as often as the smaller pieces.

    When they do, they are too big to burn up or slow down and so they hit the ground at very high speed. An asteroid that hits the Earth is called a meteorite. Thousands of small meteorites have already been found around the world.)   The damage caused when a meteorite collides with the Earth is massive. The speed of a meteorite is so high that is explodes when intense heat of many thousands of degrees Celsius that can even melt rock. In this way, the meteorite itself is completely destroyed. This is what happened in the Free State near Parys and Vredefort millions of years ago.

    The explosion was so great that it was many millions of times more powerful than the biggest atomic bomb ever built on Earth. If it happened today it would kill almost all living things on Earth, including most people"

    Jy moet nou 'n wetenskaplike verhandeling skryf, waarin jy aantoon dat  skrywe wat ek hierbo aangehaal
    het, 'n spul leuens is en hoegenaamd geen wetenskaplike grondslag het, aangesien die aarde volgens jou slegs 6000 jaar oud is.

    Toon ook asb aan hoe jy tewerk gegaan het om jou stellings as waar te bewys. Indien jy dit reg kry Kobus
    en asb gebruik erkende wetenskaplike metodes, is ek bereid om op hierdie forum om verskoning te vra
    en sal dan  die wetenskaplikes met wie ek soms inverbinding is dienooreenkomstig inlig.

    Wees gegroet.

  • Kobus de Klerk

    F C Boot,

    Ek hoef werklik nie een jota aandag aan jou kinderagtige 'uitdaging' te bestee nie - gee jy vir my een enkele skakel of die bewys van een enkele brief waar ek gesê het dat die aarde net 6000 jaar oud is - as jy enigsins in staat was om enigiets te verstaan wat ek skrywe - en ek het daardie aspek al in besonderhede bespreek - sou jy sien dat ek glad nie daarmee saamstem nie. Ek twyfel of selfs enige agnostikus hier met hulle gebrekkige en ontbrekende begrip en kennis van God en sake Gods sal beweer dat ek 'n 6000 jaar oue aarde aanhanger is, nadat hulle gelees het wat ek daaroor weergee.

    Wys jou net - as 'n gelowige blind word, word hy stokblind.

    Dit is waarom ek sê jy het 'n hutspot wat sommer jou eie brousel is - jy dink sommer goed uit en maak bewerings links en regs en God se Woord moet ook daaronder ly.

    Praat van 'stry' - jy is die een wat 'stry' soos 'n skoolseun oor dinge wat jy nie begryp nie en soos 'n dwaas. Jou liggelowigheid en vooroordeel is jou ondergang.

    Dit is duidelik dat jou sogenaamde 'wetenskaplike' se woord vir jou veel meer beteken as die Woord van God soos deur die Heilige Gees geopenbaar.

    En so vind Wouter die ateïs 'uitkoms' in jou onsinnige, ondeurdagte skryfsels - omdat sy agnostiese sinnigheid jou soort van afvallige snert strelend vind.

    Wouter,

    Ek hoor wat jy sê, maar jy dink tog nie werklik jy kan jouself vir enige doeleindes skei van jou ateïs-agnostiese beskouing nie - dit wat jy verkies om aan te neem en te verwerp en die modelle wat jy as gangbaar beskou is algar produkte van jou agnostiese siening waar jy die opinie van mense hoog ag mits hulle God nie propageer nie en mits hulle nie verbintenis met God het of bely nie en mits hulle afwyk van God se geskrewe Woord.

    Trienie skryf baie mooi, ja.

    Soms is dit ook die regte tyd en die regte plek om mens se liefde vir die Woord van God - nakoming van die Eerste Gebod - voorop te stel in 'n milieu soos hierdie waar die Woord van God so belaster, verdraai en bemors word terwyl algar 'naasteliefde' predik - dit is dan die tyd wanneer mens opkom vir die Woord, want die liefde vir die Woord, vir God, laat mens eenvoudig nie toe om stil te bly nie. Die wat wel stilbly, moet vra - is hulle werklik lief vir God?

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Ek weet nie hoe oud is die aarde nie, Boot, niemand weet werklik nie - die Woord gee vir ons absoluut geen aanduiding van hoe oud die aarde is nie want ons weet glad nie hoeveel tyd het verloop sedert God die aarde geskape het en toe later die huidige skepping op aarde geskep het nie. Al wat God vir ons sê is dat HY in die begin die aarde en ander kosmiese dinge geskape het sodat ons kan kennis neem daarvan dat dit God se handewerk is en dat HY nie net maar een of ander lokale godjie is nie, maar inderdaad die God van alle dinge universeel en dat alles by Hom, by God, begin het.

    Dan gaan God voort en begin vir ons vertel van die skepping hier op aarde, waar ons leef.

    Wat ons wel kan sê met dit wat ons dink ons weet vanuit die geledere van die wetenskap, is dat die aarde bepaald ouer as 6000 jaar is omdat ons dinge aantref op aarde wat ouer as dit is - bereken volgens die beste van ons feilbare wetenskaplike kennis op hierdie stadium.

    Vir ons saligheid en geloof in God, is die aarde se presiese ouderdom van absoluut geen belang nie. Wat wel van belang is, is om te weet God het dit alles geskape en voorsien.

    Dit is interessant en selfs lekker om wetenskaplik God se skepping na te vors en te bestudeer want die natuur getuig van die wonderlikheid en almag en alwetendheid van God en die resultate van die bona fide wetenskap  is boonop ook in baie gevalle vir ons baie nuttig en selfs voordelig.

    Dier bona fide wetenskap se ontdekkings en bevindinge en gewaarwordinge  is seer sekerlik van die kragtigste getuienis van en vir God en daarom is die bona fide wetenskap beslis nie God se vyand nie en ook nie andersom nie. Hoe weet ons wanneer wetenskap bona fide is? Bona fide wetenskap sal nie teen God of SY Woord probeer aanstoot of militeer nie en Hom beslis nie wil ontken of SY bepalende rol in alles wil probeer ignoreer nie. Dit sal eerder soek na hoe en wanneer God dit doen.

    Wat betref die akkuraatheid waarmee wetenskaplikes dinge bereken soos die ouderdom van vervloë dinge en veral die ouderdom van planete ne ander kosmiese aspekte, kan geen verantwoordelike wetenskaplike aanspraak maak daarop dat sy/hulle berekeninge onomstootlik betroubaar is nie vir die eenvoudige rede dat daar voortdurend nuwe feite aan die lig kom nuwe ontdekkings en nuwe fenomene waarvan wetenskaplikes tevore nie kennis gedra het nie ne wat hulle teorieë beïnvloed, al neem dit dekades of eeue vir sulke feite om aan die lig te kom. Op die beste kan wetenskaplikes as hulle eerlik is, sê dat hulle seker is van hulle saak met die feite en kennis tans tot hulle beskikking.  Dus, die enigste tyd dat 'n wetenskaplike kan beweer dat sy teorie of verwerkings en bewerkings onomstootlik korrek is, is wanneer dit vasstaan dat hy/hulle alles weet wat daar te wete is en dit is beslis nie waar die wetenskap homself vandag bevind nie.

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk lieg! ... ek gaan nie noual die moeite doen om dit na te slaan nie, maar die huigelaar het verskeie keer probeer voorgee dat die aarde tussen tien- en twintigduisend jaar oud is ... ek sal die rekord nagaan as die werf se godsdiensboef dit wil ontken ... maar ek laat dit vir hom om self sy standpunt in die verlede hieroor te klaar ... sy veinsery hierbo is afgryslik! ... hoeveel maal het Kobus de Klerk, selfs Noag en die Vloed as sy verwysing vir die ouderdom van die aarde op ander probeer forseer? ... Mag onse HERE Jesus Christus, ons van al hierdie slimmighede met 'n Bybel in die hand verlos ... Namaste! Cornelius Henn

     

     

  • Mooi so Kobus,

    Die aarde is inderdaad ouer as 6000 jaar en so ook is die ontstaan van die mens.Geen wetenskaplike
    maak daarop aanspraak dat sy uitsprake tov die ontstaan van die heelal ens, akkuraat is tot op die presiese
    sekonde, uur, dag en jaar.

    Wat die wetenskap wel aantoon is dat die heelal op 'n heel ander wyse ontstaan het as wat die simplistiese siening in Genesis dit aantoon.Trouens die skrywer van Genesis gebruik slegs 32 sinne, terwyl daar etlike
    navorsingbronne van veral vanaf NASA is, wat derduisende bladsye beslaan, wat op grondige wetenskaplike navorsing gegrond is, ook van Christen wetenskaplikes, beskikbaar is.

    Die 'hoe' is vir die skrywers van Genesis van sekondêre belang maar van primêre belang vir die wetenskap, want daar gaan dit om 'How things work'. Ons funksioneer nie in waterdigte kompartemente nie.

    Die Bybel is 'n geloofsboek en nie 'n wetenskaplike handboek nie, maar ek het beide nodig omdat die ontdekking van die 'hoe' juis die wonder van die Skepping en Skepper openbaar.

    So funksioneer geloof en wetenskap dus aanvullend tot mekaar.

    Wees gegroet.

  • Chris Dippenaar

    Hello FC

    Jy vind dit dalk interessant om weet waar Kobus kom aan hierdie interpretasie hierbo. Dit hang alles af van waar punte en kommas geplaas word in Gen.1:1&2.

    Die eerste ding wat ons moet onthou is dat die oorspronklike Hebreeus nie leestekens gehad het nie. Die tweede is dat Augustyn die eerste was wat gekom het met die idee van 'n ex nihilo skepping.

    In die Afrikaanse Bybel lyk dit so: "1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters."

    Die KJV (en meeste vertalings) vertaal dit soortgelyk met leestekens op dieselfde plek: "1 In the beginning God created the heaven and the earth. 2 And the earth was without form, and void; and darkness was upon the face of the deep. And the Spirit of God moved upon the face of the waters."

    Deur 'n punt te plaas na vers 1 kan daar dan gesê word dat God die "rou materiaal" skep waarmee hy dan in vers 3 begin met 'n ses-daagse skepping. Hiermee word dan sommer ook die probleem van 'n skepping ex nihilo opgelos, en dit was dan ook die oorspronklike rede gewees hoekom die punt, strategies, geplaas is aan die einde van vers 1.

    Daar is egter geen rede hoekom 'n komma in plaas van 'n punt gebruik moet word na vers 1. Die NEB vertaal as volg: "1 In the beginning of creation, when God made heaven and earth, 2 the earth was without form and void, with darkness over the face of the abyss, and a mighty wind that swept over the surface of the waters."

    Of die NRSV: "1 In the beginning when God created the heavens and the earth, 2 the earth was a formless void and darkness covered the face of the deep, while a wind from God swept over the face of the waters."

    Hierdie vertaling in die NEB en NRSV word ondersteun deur die voetnota verskaf in die NLT (wat dit vertaal in die hoofteks soos die KJV) na vers 1: "1:1 Or 'In the beginning when God created the heavens and the earth', . . . Or 'When God began to create the heavens and the earth, . . .'"

    'n Komma na vers 1 is 'n baie meer natuurlike lees van vers 1 & 2 (as een sin), maar dit maak natuurlik nonsens van 'n ex nihilo skepping en dit wat Kobus hierbo mee probeer wegkom. Kobus het 'n paar ander idees ook oor vog en droog, wat ek nie nou presies kan onthou of dit iets te doen het met sy argument dat niemand weet hoe oud die aarde is nie. Miskien kan hy ons vermaak deur dit weer hier te herhaal as hy dink dit is van toepassing.

    Chris

  • Kobus de Klerk

    Boot,

    Die deel van die 'wetenskap' waarna jy in jou tweede paragraaf in jou kommentaar hiernaas verwys, is die direkte voorbeeld van wetenskap wat nie bona fide wetenskap is nie, juis omdat dit juis teen God of SY Woord probeer aanstoot of militeer en Hom beslis wil ontken of SY bepalende rol in alles probeer ignoreer.

    Die probleem is dat sommige wetenskaplikes en hulle aanhangers nie meer kan onderskei tussen bona fide wetenskap en mensgemaakte versinsels wat in die vorm van vêrgesogte teorieë en hipotese om die gaping wat hulle gebrek aan geloof en vertroue in God se opgetekende Woord laat, mee te probeer vul, nie.

    Ongelukkig is jy een van hulle en maak jy van jou geloof 'n klug. Duidelik is NASA se God-lose aannames en hipotese en teorieë vir jou veel meer werd as die bykans tweeduisend bladsye van die opgetekende Woord van God wat al die toets van eeue se tyd deurstaan het ten spyte daarvan dat dit deurgaans gekritiseer en gedissekteer is en deurgaans pogings aangewend is om die Woord te diskrediteer, presies soos jy en ander dit vandag, eeue later, nog steeds probeer doen...en dit ergste is dat jy so verblind is dat jy nie meer die onderskeiding kan tref en tot die besef kan kom van die eeue oue slaggat waarin jy ook verval het nie - another one bites the dust.

    Kerneels,

    Jou ou gewoonte-snertprater en hutspotter, bring vir ons daardie bewyse van waar ek kwansuis  sou sê wat jy  beweer ek sou sê, veral ook hoe ek die vloed as die ouderdom van die aarde sou probeer 'forseer'. Jy sal kry waar ek oor die vloed skrywe wat min of meer waarskynlik so lank terug gebeur het, maar jy sal nimmer kry dat ek dit as die ouderdom van die aarde sou gee of 'forseer' nie - weereens 'n versinsel van jou eie donker gemoed soos jy met bykans alles waaroor jy skrywe ook blykbaar doen.

    Jy sê jy sal vir ons die naslaanwerk doen om my brief /e te kry waar ek so sou sê soos jy lieg - dit is 'n goeie ding, want dit sal jou besig hou en ons selfs vir 'n baie lang tyd spaar van jou onuitstaanbare snert wat jy so oral oor blerts op hierdie forum, want jy sal soek en jy sal nie vind nie, want jy lieg. So, spring gerus onmiddellik weg en soek! Die resultaat sal net nog 'n keer bewys watter hekel jy in die waarheid het en net nog 'n keer die rede verskaf vir die feit dat jy so irrelevant geword het.

    Kobus de Klerk

  • Kobus de Klerk

    Die agnostikus sal sekerlik die komma waar hy nie bestaansreg het nie, wil sien staan om sy insiglose agnostiese interpretasie te pas. Dit is al waarmee die agnostikus het om te werk - kommas, punte, paragraaf nommertjies. Wat 'n hopelose stryd moet die mense nie voer nie, want wat hulle nodig het, insig, die ontbreek geheel en al.

    Goed so vir Augustyn - hy het ten minste insig vertoon (hy het 'n persoonlike ontmoeting met die HERE gehad) wat wetenskaplikes baie eeue later eers kon bevestig, ten  minste in die sin dat hulle met alle hulle toewyding, masjientjies en affêrinkies nog nie die teendeel mee kon bewys nie.

    Om die the Woord se teks te hou soos dit is, is dodelik vir die agnostikus, want dan sal hy moet erken dat hy die Genesis skepping geheel ne al te versoen is met die wetenskap en dus nie kan afmaak soos hy met sy pogings wel probeer doen, nie. Die tyd toe die kommas en punte en paragrawe in die tekste gesit is, soos in die geval van die King James, in die 17de eeu, byvoorbeeld, was daar nog nie die wetenskaplike druk wat sou motiveer om te maak soos Chris hierbo sê nie - en so suig hulle ongefundeerde 'redes' uit die duim uit alles in 'n eeue oue futiele poging om die opgeskrewe Woord van God te diskrediteer.

    God se Woord sê dat God die hemele en aarde geskape het sonder om detail te voorsien van wanneer en hoe.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top