Oor die Woord, homoseksualisme en 'moderne' teoloë

  • 29

Twee teoloë, Ernest van Eck en Ralph Barnard, vind dit goed om weer vir die soveelste keer ’n lansie te probeer breek vir homoseksualisme met ’n uitgerekte analise van ’n paar tekste uit die Woord waar homoseksualisme verbied word deur God waar hulle die leser probeer oortuig dat mense daardie tekste verkeerd verstaan. Daar is al sóveel pogings in die laaste dekades aangewend om die kwessie vir die homoseksuele deur te haak, dat dit nou al eintlik vervelig is want daar is soveel uiteenlopende opinies soos wat daar vanuit hulle oord kommentatore is die knoop vir hulle te probeer deurhaak. Dit is agter duidelik dat geeneen van hulle slaag nie, want hulle probeer oor en oor elke keer met ’n ander poging.

Maar daar is tog ook ’n ander aspek wat uitgelig behoort te word. Hierdie skrywers is twee mense wat veronderstel is om ook gelowiges te wees. Hulle basiese uitgangspunt is dat die ewige en onveranderlike, Almagtige God se Woord uitgedateer is en dat die Woord nie meer beteken wat dit ’n paar duisend jaar gelede beteken het nie. Die oogwink in tyd van die mens se bestaan van destyds tot nou relatief tot God se ewige, tydlose bestaan, dring net nie vir hulle deur nie. Hulle dink God se Woord verouder en raak irrelevant nes hulle en ander voor hulle. Dit is natuurlik omdat hulle geen verbintenis met God het nie en derhalwe nie bewus is van God se onbeskryflike Grootheid en matelose omvangrykheid nie, dat hulle God só probeer vermenslik om te dink en te sê dat God se Woord só verganklik en irrelevant sal wees soos hul eie.

En dit wil ook voorkom asof hulle hul eie disseksies se konsekwensies nie begryp nie.

Hoewel hul baie kunsmatig en geforseerd probeer voorgee dat die verskillende tekste in die Woord verwysings bevat na situasies wat kwansuis nie meer van toepassing is op die hedendaagse homoseksueel se leefstyl nie en derhalwe kwansuis nie meer van toepassing is nie, is dit duidelik dat hulle net eenvoudig nie die eenvoudige voldonge implikasie en feit van boodskap uit die Woord begryp nie. Uit die hele bespreking staan dit vas – naamlik dat, vanuit Genesis met die hantering van die Sodomiete, deur die beletsels van Levitikus, tot in die Nuwe Testament, is dit duidelik dat die geslagsdaad van twee mense van dieselfde geslag verbied en veroordeel word as sodanig ongeag hoe, waar en wanneer of vir welke doel dit ook al plaasvind. Die verskillende verse deur die Ou en Nuwe Testamente vermeld gewoon die verskillende maniere waarop dit beoefen was en is – kyk mens daarna in geheel, word dit alles verbied, wat ook al die motivering vir sulke afwykende gedrag sou wees. Of dit nou uit homoseksuele oriëntasie of uit ander vorme van seksuele wellus ontstaan, is vir die pleeg daarvan nie relevant nie. Wanneer al die verse wat behandel word, as geheel beskou word, met welke interpretasie ook al daaraan geheg word, is dit baie duidelik dat alle vorme van seksuele omgang tussen persone van dieselfde geslag gewoon verbeid word en as ’n gruwel vir God aangestip word.

Vir daardie eenvoudige rede is dit dan ook nie vir die mens geoorloof nie. Daar is geen aanduiding in die Woord dat God dié reëlings ooit herroep of verander het nie.

Daar is mense, teoloë, wat meen dat die Ou-Testamentiese reëlings nie meer geld nie en in onbruik verval het en dat die HERE Jesus Christus in die Nuwe Testament nie juis daaroor kommentaar lewer nie – die teendeel is eerder die geval, deurdat die HERE Jesus Christus daardie reëlings sowel as die ander reëlings met betrekking tot die verhouding tussen mens en God en mens en mens onderling, bevestig het (Mattheus 5:17-19). Daar is steeds straf vir sonde; daar is steeds vergelding vir rebellie teen God (Genesis 2:17; Romeine 6:23). Die blote feit dat die HERE Jesus Christus as Regter die oordeel (Johannes 5:22) uitstel, beteken nie dat dit nooit sal kom nie, maar dat dit uit genade uitgestel word vir mense, om die mens geleentheid te gee om te besin, te herroep en tot bekering te kom (Johannes 15:1-6; Esegiël 18:21-23).

Om dan te gaan en die terminologie wat hedendaags gebruik word, naamlik homoseksualisme of homoseksualiteit te probeer uitsonder en afsonder asof dit nie onder die loep van die Bybelse beletsels kom nie, is besonder kunsmatig en onwaar. Die feit is dat dié hedendaagse terminologie bloot maar net geformuleer is om die breëre implikasies van die antieke fenomeen wat daardeur ondervang word, te beskrywe. Dit wat vandag homoseksuele oriëntasie genoem word, was al in Bybelse tye net so bekend soos dit vandag is, maar sekerlik net by ander name. Dit is immers allerweë bekend dat die homoseksuele oriëntasie nes dit destyds die geval was, nou ook inderdaad aanleiding gee tot homoseksuele geslagsverkeer (hoewel daar diegene van homoseksuele oriëntasie is wat hulle wel van homoseksuele geslagsverkeer weerhou maar dit nie beteken dat hulle nie die begeerte daartoe het nie).

Hoewel daar in die Ou Testament direk na die fisiese manifestasie van homoseksualisme verwys word, ontstaan dié gedrag eers in die gedagtes, in die hart, voordat dit in die fisiese as ’n daad manifesteer. Romeine 1 handel juis ook met dié aspek waar daar verwys word na die feit dat sulke mense op onnatuurlike wyse brand met die begeerte na mekaar en om onnatuurlik met mense van dieselfde geslag te verkeer – soos dit daar opgeteken staan, dat die mans natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe ... Die wellustige gedagtes en begeerte daarna is wat algemeen in spirituele (geestelike) terme  as ’n ‘versoeking’ sal bekendstaan. Die spirituele oortreding kan óf in die hart (gedagtes) óf in die hart én die daad gepleeg word. Dus, gedagtig aan die HERE Jesus Christus se waarskuwing met betrekking tot owerspel in Mattheus 5:28 gelees met Mattheus 15:19 en Jakobus 1:14-15, is daar geen rede waarom presies dieselfde beginsel ook op die homoseksuele oriëntasie van toepassing gemaak sal word nie. Die homoseksuele persoon sal dus telkens in die versoeking kom om homoseksuele seks te pleeg en kan dit bestry of dit doen deur óf tot die daad oor te gaan óf in die gedagtes (die hart) te fantaseer daaroor. So iets sal beswaarlik voorkom by persone wat nie homoseksuele neigings het nie. Om dit te probeer wegpraat is baie kunsmatig en onoortuigend.

Die enigste logiese en houdbare gevolgtrekking waartoe gekom kan word, is eenvoudig dit - die geslagsdaad tussen twee mense van dieselfde geslag is eenvoudig  taboe, vir watter rede en by watter naam dit ook al gedoen word en dat selfs die oriëntasie wat daartoe aanleiding gee, op grond van die feit dat sonde in die hart en verstand begin nog voor dit hoegenaamd in die fisiese uitvoering daarvan manifesteer, onwenslik is en deur God afgekeur word op grond van Christus Jesus se waarskuwing soos reeds aangehaal hierbo.

Die punt is dat tekste nie, vir doeleindes van die bespreking van die beginsels wat daarin vervat en verwoord word, in isolasie uitgelê en gesien moet word nie. Dit is wat die skrywers van die artikel ongelukkig doen. Mens wonder waarom – dalk is daar ’n vooropgestelde oogmerk wat die skrywers wil dien wat homoseksualisme (die praktyk daarvan) probeer regverdig. Dit gee dan aanleiding tot die kunsmatige konstrukte wat ons in hulle konklusie sien wat nie strook met die strekking, inhoud en veral die gees van die tekste soos dit in die Woord aangeteken staan, nie.

Dit is sinneloos om te erken dat God selfs die transvestisisme verbied, maar dan te wil voorgee dat die vir-God-veel-meer-aanstootlike daad van homoseksualisme nie verbied sal word nie – ongeag wat die motief of beweegrede vir die homoseksuele daad is.

Hierdie tipe haarklowery en Woord-kullery wat deur die skrywers gepleeg word, gebaseer op hulle gepriviligieerde teologiese kennis met betrekking tot antieke geskiedenis en kultuur, lei tot uiters onwenslike gevolge. Die indruk word geskep dat die gewone mens nie die Woord sal kan verstaan sonder grondige kennis van die antieke kultuur en geskiedenis uit die tyd toe dit neergepen is nie. Dit is natuurlik louter snert. Dit gaan ook teen die grein van die Woord in.

Die skrywers verloor ook uit die oog dat die Woord beskikbaar is vir algar en as sodanig verstaan behoort te word en dit ook so bedoel is (Lukas 10:21 gelees met Mattheus 18:3). Teologiese opleiding en kennis van antieke kultuur en -geskiedenis is geheel en al oorbodig om Gods opgetekende  Woord te verstaan. Wat vereis was en steeds vereis word, is ’n opregte, hegte en nederige verhouding met die HERE Jesus Christus, die Poort tot Goddelike openbaring (Johannes 14:6-7) en die ontvanklikheid vir die innerlike werking van die Heilige Gees van God (1 Korintiërs 2:13; 6:19).

’n Bekende kenmerk van God se profete, was dat God hulle daartoe geroep het – ongeag dat daar ook in daardie antieke tye sogenaamde profeteskole waar ‘profete’ opgelei is. God se profete het nie van daardie skole gekom nie, maar was mense vanuit alle vlakke van die samelewing wie deur God Self geïnspireer en gelei is. In Nuwe Testamentiese tye was geeneen van die beroemde apostels teoloë nie. Die HERE Jesus Self, was geen teoloog nie, hoewel die mense Hom as Rabbi aangespreek het weens sy ontsaglike teenwoordigheid, krag en kennis. Saulus (later Paulus), die enigste een onder die dissipels wie wél ’n skrander teoloog was uit een van die vooraanstaande teologiese skole van die tyd, was só mislei deur die subtiele leuens en inslag en resultaat van sy studies en die misleiding wat daarmee gepaard gaan, dat hy só insigloos was dat hy die einste HERE probeer vervolg het vir Wie hy veronderstel was om te dien. Paulus moes die inslag van sy teologiese kennis verloën om basies tot bekering te kon kom en homself aan die Heilige Gees van God oorgegee het om tot sy sinne te kom en tot insigte te kom. Dit is dus die Heilige Gees Wie die insig in en uitleg van die Woord aan die opreg gelowige mens bedien (Mattheus 11:27; Johannes 14:26). Waar kennis omtrent omringende omstandighede benodig word, sal die Gees daartoe lei.         

Om nou te suggereer dat dit van mense verwag word dat hulle eers antieke geskiedenis en kultuur moet bestudeer - soos wat teoloë heeltemal oorbodig doen - voordat hulle kwansuis die Woord korrek kan verstaan en begryp, bring ons terug by die berugte donker Middeleeue, toe die Katolieke kerk se teoloë die Woord gekaap het en die geskrewe Woord van mense weerhou het en voorgegee het dat dit slegs die formeel opgeleide amptenary, die teoloë van die tyd, was wat die Woord kwansuis kon verstaan en verklaar – so asof teoloë God se uitverkore witbroodjies is, iets wat God net eenvoudig nie doen nie (Deuteronomium 10:17; Handelinge 10:34) - en ons weet almal tot welke gruwelike wanpraktyke dit aanleidinge gegee het in die Middeleeuse Katolieke kerk. Tewens, dit is die teendeel wat eerder waar is (Lukas 10:21). God openbaar Homself en Sy Woord aan die nederige (Mattheus 11:28-30; 2 Korintiërs 12:9-10).

Die tipe van Spirituele wanpraktyke wat nou weer onder die vaandel van sogenaamde eksklusiewe teologiese kennis gepropageer word, herinner baie sterk aan die donker Middeleeue toe die Woord deur Middeleeuse Katolieke kerk se ‘kundiges’ verkrag is vir hulle eie doktrines - wat anders is dit wat die twee skrywers hier probeer propageer – hulle is beide teoloë wat dinge bestudeer het wat geen essensiële effek op die uitleg van die Woord behoort te hê nie, naamlik antieke geskiedenis en kultuur wat nie vir die deursnee gelowige hoegenaamd toeganklik is nie. Om te sê dat mense dit op die internet kan bekom, is om mense los te laat in ’n mynveld van informasie en disinformasie. Die skrywers gee voor dat hulle in ’n gepriviligieerde interpretasie posisie is omdat hulle teoloë is. Die suggestie is dat mense daarsonder nie kan verstaan wat hulle veronderstel is om te glo nie. Net so het hulle voorgangers in die donker Middeleeue gedoen. So onaanvaarbaar soos dit destyds was, net so onaanvaarbaar is dit vandag. Net soos dit destyds die pad vir misbruik geplavei het, net so vandag.

Mens kan nie anders as om onder die indruk gelaat te word deur die soort van teologie wat uit die artikel onder bespreking bly, dat die skrywers en bedrywers daarvan eerder in die guns van mense wil wees as in die guns van God. Mens word duidelik met die indruk gelaat dat daardie soort van teologie en teoloë al van God gehoor het, maar Hom beslis nie ken nie.

Dit is genadiglik ook só dat daar tóg ook nog vandag sommige teoloë is wat die waarde en betroubaarheid van God en Sy opgetekende Woord soos ons dit in die Bybel aantref, besef en onderrig. Hulle word geken aan hulle werke, hulle vrugte en van hulle sal jy nie sulke onheil sien soos van wrang vrugte hier onder bespreking nie ...

Kobus de Klerk

  • 29

Kommentaar

  • CorneliusHenn

    Pope Francis ‏@Pontifex 6h God’s forgiveness is stronger than any sin. 5,328 Retweets 3,461 Favorites 9:26 AM - 26 Sep 13 ... yes, God's forgiveness and love is even stronger than spiritual intelligence of Kobus de Klerk!

     

     

  • Hierdie klomp teologiese- en bybel-geskiedkundige waansin kan net kom van iemand wat die begrip "spirituele insig" enigsins ernstig opneem. En al die groot woorde tog: ... gepriviligieerde interpretasie posisie... wat sou dit beteken?? Verbale snert in die hoogste graad en dan nog meeste van die tyd in die lydende vorm geskryf. Tipies van leke wat "geleerd" probeer klink. Net soos die predikante van die 1960's en 1970's wat vuur en swael oor die volk afgepreek het elke Sondag.

     

     Gelukkig is die oorgrote meerderheid reeds van hierdie dogma bevry. Oplaas kan Gays en Lesbiërs begin om hul regmatige plek onder die son in die RSA te proklameer. (Teroops, kyk hoe leeg loop die kerke op Sondae. Mense stem met hul voete.)

  • Kobus de Klerk

    Die 'kerke' - lees tradisionele kerke - loop in baie gevalle leeg juis omdat God se Woord daar so gekompromitteer word en die lidmate nie meer weet waar God te vinde is in al die dogmatiek van daardie kerke gemeng met die persoonlike voorkeure en snert van die ou op die preekstoel wat as 'leraar' paradeer, nie - so, ja, daardie kerke (as ek dit reg het, is Ralph Barnard juis 'leraar' by een van hulle) stem die voete nee vir hulle en stroom na die nuwe kerke waar God se Woord weer in ere herstel is en gepredik word en waar mense weet van en met Wie daar  gepraat word as daar van en met die Heilige Gees van God gepraat word.

    En soos dit maar is met so 'n uittog, val daar natuurlik hier en daar 'n paar r(R)igters langs die pad en kan net nie weer opstaan nie en lê dan daar en braak oor algar wat verbykom op pad iewers heen sinvol.

    Miskien wil jy iets intelligent kwytraak waarmee mens kan werk, Rigter (what a misnomer!)

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Ek deel ook heelhartig die volgende bemoedigende verhaal elders deur Raed-na-Gael:  

     

    (Begin van aanhaling)

     

    So drie of wat jaar terug, was daar so sewe of agt meisies en drie seuns, almal sestienjariges in my kategese groep. Een meisie wou weet of gays hemel toe gaan en toe ek na haar kyk merk ek dat die ander se oë almal in een rigting draai. Na 'n pokkelrige outjie hier langs my. Hy het daardie tyd op skool opspraak verwek met sy vermoëns met musiek.

     

    Ek het haar gevra of sy daarvan sal hou as iemand hier haar nie in die hemel wil hê nie. Haar antwoord was 'n besliste nee. Ek het toe aan die groep gesê dat ons as mens nie kan besluit wie in die hemel toegelaat behoort te word nie. Dis nie ons probleem nie. Dis God se hemel en Hy alleen sal besluit wie daar hoort en wie nie. Sorg net dat julle elkeen daar sal kom en nie dalk uitgesluit sal word nie. Ek het toe besluit om die outjie in die groep in te trek en so onopsigtelik bietjie meer aandag aan hom te gee.

     

    Verlede November by die afsluiting was hy ook daar. Slank, volwasse 'n mooi jong man. Sy moeder na my gekom en gevra of ek X onthou. Sy het haar arm op my skouer gesit en net gesê Dankie. X het haar vertel dat hy in my kategese groep was.

     

    Verlede Sondag is hy ( B-mus amper honneurs ) in die kerk en bespeel hy sy instrument, suiwer.

     

    Na die verdaging kom my vrou na my toe en vra "Is hy gay?" Ek weet nie. Sy sê "maar sy lyftaal".

     

    Daar kom toe 'n yskoue beklemming om my hart. Gaan hy ook omdat sy natuurlike instinkte dit dalk dikteer en die vertalers dit skeef het, God verwerp?

     

    (Einde van aanhaling)

     

    Ek dank onse HERE Jesus Christus, vir besonderse harte soos die van Raed-na-Gael.  

     

    Namaste!

     

    Cornelius Henn

     

  • Kobus

     
    Jou verbale en geestelike verguising van homoseksuele mense op grond van jou blindelingse geloof in 'n antieke middeleeuse geskrif is heimlik dieselfde as die afmaai van "ongelowige"s in 'n winkelsentrum in Nairobi. Godsdiens is en bly een van die gevaarlikste speletjies in die wêreld.  Ek verwerp enige godsdiens met die minagting wat dit toekom.
     
    Ateïstiese groete
    Thomas
  • Kobus De Klerk, jy wil met intelligensie werk, sê jy. Nou toe nou, dit van iemand wat die volgende kwytraak:

     

     "Die indruk word geskep dat die gewone mens nie die Woord sal kan verstaan sonder grondige kennis van die antieke kultuur en geskiedenis uit die tyd toe dit neergepen is nie. Dit is natuurlik louter snert"

     

    "Die skrywers verloor ook uit die oog dat die Woord beskikbaar is vir algar en as sodanig verstaan behoort te word en dit ook so bedoel is"

     

    "Teologiese opleiding en kennis van antieke kultuur en -geskiedenis is geheel en al oorbodig om Gods opgetekende Woord te verstaan"

     

    "Die tipe van Spirituele wanpraktyke wat nou weer onder die vaandel van sogenaamde eksklusiewe teologiese kennis gepropageer word, herinner baie sterk aan die donker Middeleeue toe die Woord deur Middeleeuse Katolieke kerk se ‘kundiges’ verkrag is vir hulle eie doktrines - wat anders is dit wat die twee skrywers hier probeer propageer – hulle is beide teoloë wat dinge bestudeer het wat geen essensiële effek op die uitleg van die Woord behoort te hê nie, naamlik antieke geskiedenis en kultuur wat nie vir die deursnee gelowige hoegenaamd toeganklik is nie"

     

    Met watter van enige van hierdie bogenoemde aangehaalde diepe insigte van jou wil jy hê moet ons 'n intelligente gesprek oor voer? Dis per definisie onmoontlik om intelligent te debateer met iemand wat sulke onsamehangende snert kwytraak. Jy't met hierdie geskrif van jou nie op enige van Barnard en Van Eck se argumente oor die letterlike lees van bybeltekste gereageer nie. Nee, in plaas daarvan trek jy los met "haarklowery en woord-kullery wat gepleeg word..." Man, moord word gepleeg, nie beskaafde, intelligente debat en gesprek nie.

     

    Jou probleem is dat hierdie deeglike kontekstuele ontleding van die relevante bybeltekste die mat heeltemal onder jou voete uitgeruk het. Al wat vir jou oorbly is om te suggereer dat almal wat anders as jy dink "...Hom beslis nie ken nie.."

     

    Ek het 'n voorstel vir jou: Begin 'n nuwe kampanje om almal wat op Saterdag werk en vuurmaak te waarsku dat hulle volgens Eks 35:2-3 eintlik die doodstraf in die gesig staar. Bestorm hierdie windmeul. Dit sal jou 'n tydjie besig hou.

  • Kobus,

    Dit is met absolute ondersteuning dat ek jou skrywe lees. Ek stem ook 100% saam met jou. Ek het die artikel gelees waarna Pieter R verwys het, en kon werklik dadelik die subtiele “intelligente aanpassing” en “intelligente verdraaiing” opmerk waarmee die skrywers moedig poog om die Waarheid van die Woord van God in só ‘n mate te probeer “krities herinterpreteer” om by die sogenaamde “moderne” wêreldse opvatting ten opsigte van homoseksualiteit aan te pas en sodat die Woord dan ook meer aanvaarbaar kan wees vir diegene wat dan ook die homoseksuele praktyk beoefen, sodat hulle soveel “beter” kan voel oor hulself en hul eie sondige keuses.

    Verder was dit baie opmerklik hoe die skrywers van die artikel so duidelik mens gerig is en onder die dekmantel van hul sogenaamde “toelogiese kennis” nie skroom om goedmoeds God se Almag, Wysheid en Ewigheid aftewater tot menslike aanvaarbaarheidsvlak sodat die lesers van hul artikel en veral die homoseksualis gesus, en die sondige daad van homoseksualiteit, geregverdig kan word. Dit is tipies ‘n “grys area” ge-skeppery om die Waarheid van God se Woord te probeer kelder, of dan “krities” te bekyk, sodat die argument vir homoseksualiteit bevorder kan word en die spesifieke tekste in die Bybel (wat daarmee handel) in so mate te “herinterpriteer” dat die Godelike waarskuwings en verbodenheid wat die Woord spesifiek hieroor plaas op ‘n baie subtiele (mens gerigte) manier uit die weg geruim kan word.

    Dit was ook opmerklik hoe die skrywers van die artikel bloot oor die God-geinspireerdheid van die Bybel vee, soveel só, dat dit wil voorkom asof hul eerder fokus op die “antieke skrywers” se kennis vlak, as op God se Alwetendheid, Wyshied en Almag. Dit is asof hulle wil beweer dat, alhoewel God die Woord geinspireer het, Hy nie geweet het van die modern tye wat sou kom en die “herinterpritasies” ten opsigte van homoseksualitiet in die toekoms nie! – hoe onverantwoordelik kan sommige teoloë wees? Dit is ‘n tipiese poging om die Skepper by te skepsel te laat probeer aanpas, terwyl die skepseltjies eerder by die Skepper sal moet aanpas. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in alle ewigheid – en só ook die Woord van God!

    Ek is seker jy het ook geweet dat daar talle mense sal wees wat jou gaan aanval met jou skrywe – want sien, dit (jou skrywe) is nie mens gerig nie, maar God gerig (soos dit behoort te wees), maar vir die sienende blindes en horende dowes is die kennis van die Waarheid van die Woord van God, nie beskore nie. Ek het al baie gewonder hoe diesulkes nie kan besef dat hulle juis deur hulle optrede die Woord van God oor-en-oor waar bewys nie – die Bybel waarksu al eeue lank juis teen die valse profete en dwaalleraars wat na vore sal kom en baie mense sal mislei, en vandag sien ons dit tog te duidelik waar word.

    Terloops, ek sien ene Dirk sloeg nog deur die Ou Testament en het skynbaar vasgeval by vuurmaak, maar dan weer is hy sekerlik 'n ongelowige en ek wonder of Christus ooit vir hom betekenis sal kry?

    Groete en Sterkte.

    Dolf

  • Kobus de Klerk

    Rigter,

    As jy tot beter nadenke in staat was, sou jy besef - en kon insien - dat die skrywers glad nie op dieselfde mat as ek staan nie. Hulle staan glad nie, hulle sit die pot mis. Ek dink hulle sit op 'n ander matjie...

    Die eerste punt is eenvoudig - hulle maak asof mens net die Bybel kan verstaan as jy deeglike kennis het van die antieke kulture en geskiedenis - en daartoe het weinig mense wie die Bybel lees, toegang. As mens hulle dus moes glo, sou mens tot die jammerlike gevolgtrekking kom dat dit net die geselekteerde paar is wat kamstig kennis omtrent die Bybel kan hê, naamlik die teoloë wat ook 'n studie doen van daardie geskiedenis en kulture. Die res van die mensdom is poegaai - omdat hulle nie oor daardie kennis beskik nie, weet hulle ook niks.

    Dit is natuurlik 'n spul snert - en daarmee probeer die twee teoloë en jy, ons almal terug boender in die donker Middeleeue in toe die teoloë van die tyd dieselfde redenasies van eksklusiewe kennis gevoer het om daarmee die breë geloofskorps te probeer manipuleer.

    Dit is 'n baie eenvoudige punt wat ek weergee, maar duidelik, na twee pogings van jou om dit onder die knie te kry, bokant jou vuurmaakplek.

    Dan is die tweede punt wat ek maak dat hulle eenvoudig op 'n gejaag agter skimme is met die geïsoleerde kamstige 'ontleding' van die verskillende tekste as individuele, losstaande tekste - met die doel om mense so te mislei, natuurlik, terwyl die korrekte en sinvolle benadering baie eenvoudig is - al die tekste vorm 'n geheel en moet in geheel konteks gesien word. Maar selfs met die interpretasies wat hulle daaraan koppel is die boodskap daaruit baie duidelik  - beskou al die tekste in die geheel wat dit vorm, en sien dat die tekste dit almal eens is - dat pleeg van homoseksuele dade, vir watter rede of doel ookal, gewoon verbied word. Kortom - die Woord maak dit duidelik dat geen verskoning of gepoogde regverdiging daarvoor vir God aanvaarbaar is nie.

    So, dit is ook 'n baie eenvoudige punt wat ek weergee wat aandui op watter dwaalweg die twee 'slimkoppe' is in hulle poging om kunsmatig iets te bewerkstellig - wat die ore van die moderne homoseksualis sal streel ten koste van God en Sy Woord en die homoseksualis, natuurlik.

    So van mat gepraat ... Met hulle fabelagtige tierlantyntjies wat hulle om duidelike en eenvoudige tekste wil weef - jou twee sit seker op die matjie wat op pad is na mitologiese Marrakesh - jy weet, daardie fabelagtige Marrakesh  Express... en ek wonder of jy weet wat dit is. Nou ja, ek is baie beslis nie op daardie matjie nie.

    Maar, te oordeel aan jou gebabbel hierbo, skynbaar die beste waartoe jy in die omstandighede in staat is, is dit geen wonder dat jy ook dit nie kan insien nie.

    Waar sê die Woord ons mag nie op Saterdag werk nie? Waar sê die Woord dat Saterdag, die Sabbat is? Waar in die Woord word gesê dat die sewende dag, Saterdag is? Tewens, waar in die Woord gee God aan die Sabbat, die naam Saterdag? Toe, ou kansvatter, so sien ons hoe 'skrander' is jy. Dit is die soort van ding wat van julle agnostici maak - hierdie wilde, insiglose bewerings - julle weet wragtig nie wat aangaan nie.

    En wat straf vir sonde aanbetref (ek dink nie jy het mooi hierbo gelees nie of eerder dalk nie kon verstaan wat jy lees nie) - is die straf vir sonde, nes destyds, ook die Dood - op God se tyd en plek, nes destyds. Wees bly dat God daardie straf uitgestel het sedert die HERE Jesus Christus se verlossingswerk sodat jy nie nou al getref is nie, maar steeds kans het, want solank jy asemhaal, is daar hoop en geleentheid vir jou om tot insigte en redding te kom.

    Kobus de Klerk

  •  

    Kobus De Klerk, en daar vat jy toe die aas "hook line and sinker"! Jy is so naief, jy sien nie eers die slagyster nie.

     

    Jy vra waar in die bybel word die Saterdag as die Sabbat aangewys. Gaan lees bietjie op oor die antieke geskiedenis en -kultuur. Dan sal jy weet hoekom daar geen twyfel bestaan dat Saterdag as die sabbat ingestel is deur God nie. Maar nee, hoekom moet jy jou nou steur aan dié wetenskaplike nonsens as dit dit nie by jou denkraamwerk in pas nie? Gaan vra vir enige orodokse Jood watter dag is die sabbat. Of weet jy ook beter as hulle wat in die Joodse tradisie geskool is sedert die bybelse tye?

     

    Koebaai

  • Kobus de Klerk

    Dolf,

    Baie dankie, waar daar nog aspekte was wat nie hierbo aangeraak was in wat ek hierbo weergee het nie, het jy dit nou volledig en duidelik weergee. So is dit die wonderlike ervaring van ware gelowiges - Een Gees, Een mond, Een getuienis.

    Rigter,

    Jou kinderagtige, onvolwasse gebabbel is nie van enige nut nie. Vergelyk gerus die ryk, sinvolle en insigvolle weergawe van Dolf hierbo om te sien hoe dit is as mens deur die Gees van God getuig.

    Die enigste een in hierdie gesprek wat op 'n stadium in sy lewe 'n ander se aas gevat het en nou op die bodem lê en borrels blaas en snak na asem is duidelik jy. Jy het jou hier in 'n gesprek begewe waarvoor jy glad nie opgewasse is nie. Jy is heeltemal te onvolwasse en onkundig. Niemand stel belang in jou nuttelose opmerkinkies nie.

    Ek soek van jou bewyse - uit die Woord. Ek verlang van jou vers en kapittel om jou Saterdag-aanspraak vir die Sabbat waarvan in Eksodus gepraat word, met kruisverwysings na die geskiedkundige ontwikkeling van dae, benamings, kalenders ens en die bewys dat Saterdag soos ons dit ken, die Sabbat is soos die HERE in Eksodus na die Sabbat verwys. Ek wil van jou bewys hê dat God Saterdag as Sabbat ingestel het. Jy sal moet bewys Saterdag is die sewende dag waarna God verwys, en nie dalk Sondag, soos ons dit vandag ken, of dalk een van die ander dae van die week, soos ons vandag 'n week ken, nie.

    Volgens die geskiedskrywer Valens het Saterdag het sy naam ontleen vanaf die Romeine wat daardie dag ongeveer in die tweede eeu ‘deo Saturni’ vernoem het omdat Saturnus, volgens hulle, die eerste ure van die dag beheers het. Dit is eintlik die naam van ’n afgod, Saturnus. Die internasionale standaard ISO 8601 klassifiseer Saterdag as die sesde dag. Vandaar dat Sondae tradisioneel as die sewende dag beskou word.

    Maar geeneen van hierdie veel later indelings en klassifikasies kan op enige wyse met God se verwysing na die Sabbat in Eksodus, verbind word nie. Wat God oorspronklik gesê het is - Ses dae moet jy werk en al jou werk doen, maar die sewende dag mag jy geen werk doen nie, dan moet jy rus en dit is die Sabbat van die HERE. In Jesaja 58:13; Jeremia 17:21-22 en Mattheus 12:2-8 verduidelik God presies wat HY daarmee bedoel, maar altyd sonder om te sê welke dag as daardie sewende dag afgesonder moet word. Dat daar 'n Sabbat na elke sesde dag is, is 'n feit. Maar welke dag dit is, is 'n saak van gewete voor God (Romeine 14:5-12).

    Toe kom nou, as jy vir meer as vier kort, sinnelose kinderagtige paragrafies op 'n slag kan konsentreer en as jy hoegenaamd sinvol kan kommunikeer, sal jy dit nou moet doen.

    Kobus d Klerk

  • CorneliusHenn

    Dis weliswaar belaglik hoe die werf se infernale bende godsdiensboewe; die ware Christengelowiges Dolf van Loggerenberg en Trienie Mahne, asook die godslasteraars dog ewe siniese Chris Dippenaar, Jaco Fourie en Wouter Ferns - almal onder die "lyding" van Kobus de Klerk - gedurig hier onder mekaar kruip ...

     

    Ook ewe belaglik hoe kordaat Kobus de Klerk ander uitdaag met sy slim spirituele intelligensie, wyl hy lafhartig swyg as ek hom vra om sy aanbidding van die Bybel as Jesus Christus (die Woord van God) te verklaar, of om eenvoudig die verskil tussen ware gelowiges en gelowiges te beskryf...

     

    Ook net so erg om Kobus de Klerk slimmigheid rakende die katolieke Kerk (katolieke met 'n klien "k"), te sien kwyn om guns by die sogenaamde "agnostici" se Wouter Ferns te win - of weet die infernale agente dalk ook net nie van die katolieke Kerk nie? ...

     

    Mag onse HERE Jesus Christus, ons beskerm teen al die geveinsde haat en hoon van die ware Christengelowiges onder 'n dekmantel van Godsdiens.

     

    Cornelius Henn

  • Cornelius, 

     
    Give it a rest, Jaco het met groot geduld aan jou verduidelik dat hierdie nie 'n keuse tussen Kobus De Klerk versus Cornelius Henn is nie. 

     
    Hierdie is nie 'n geval van maatjies wees met mekaar nie al sou jy dink hierdie is soos die skoolgronde van jou kinderdae. 
     
    Eenvoudig gestel, 'n keuse tussen Cornelius Henn of Kobus De Klerk is nie 'n keuse nie. Daar is niks voor om te kies nie.
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter Ferns, gee tog asseblief die ware gelowiges 'n slag kans kans om self te antwoord ... derhalwe, die keuse tussen Kobus de Klerk en Cornelius Henn is jul eie sieklike fabrikasie ... jul anderhaat en siniese geteem is na my beskeie mening is gewoon eenders - dieselfde gees ...  nie te danke, Cornelius Henn

     

     

  • Kobus de Klerk

    Kerneels,

    As snertprater en irrelevante deelnemer het jy nie 'n gelyke op die forum nie. Jou vertoon van gebrek aan logika en insig is verbasend - soveel so dat beide gelowige en ongelowige en ateïs dit met gemak kan raaksien. Dit wil gedoen wees. Wat dan ook vir jou moet verklaar waarom jou snert en basislose gevolgtrekkinge en verdraaiings gewoon geïgnoreer word.

    Jy sou nog gaan soek het waar ek sou sê die aarde is net 10,000 of 20,000 jaar oud - toe, voert, gaan soek... dit sal jou besig hou en sodoende vir ons op hierdie forum jou bodemlose snert spaar.

    Jy kan saam met Rigter gaan soek terwyl hy vir sy bewyse soek - intussen is daar twee van julle wat stil sal wees vir 'n baie, baie lang tyd, want julle sal nooit kry waarvoor julle soek nie. Dit bestaan ongelukkig net in julle skedels, maar nie buite daardie baie beperkte ruimte nie.

    As julle jul kuber-monde oopmaak, is dit wat daar voortgebring word, insigloos, onvolwasse en onsamehangend soos dit is, tragies om te sien soos wat afvalligheid van God die mens aandoen. Ander agnostici praat nog hul insiglose snert in sirkels en is daar op daardie nuttelose manier nog 'n mate van struktuur in hulle pogings, omdat hulle aanhaling na aanhaling van ander se snert metodies opdis, maar julle twee het nie eens meer enige struktuur nie - dit is sommer snert wild en wakker oral heen.

    Kobus de Klerk

  • Wat sou hulle keuse wees? 

     
    Kobus De Klerk =  'ware gelowiges'
    Corenlius Henn =  'miljoene katolieke'
     
    Kobus De Klerk =  'ware geloof wat Judaisme voorafgaan- daar van die begin van tyd'
    Cornelius Henn =  'katolieke daar van die begin van tyd'
     
    Kobus De Klerk = ' die wat nie ooreenstem met sy argumente ly aan 'selfdesepsie'
    Cornelius Henn =  'die wat nie ooreenstem met sy argumente is 'gebreinspoel''
     
    Kobus De Klerk =  'verwerp alle vakkundige kennis' - Dit laat slegs Kobus reg wat die waarheid kon sien
    Corenlius Henn = ''DIE KORPORASIE' is die meesters en almal slegs poppe in die poppespel' - Dit laat slegs Henn reg - wat die 'waarheid' kon sien
     
    Kobus De Klerk = 'Daar is slegs 'n enkele waarheid'
    Cornelius Henn = 'Daar is net een waarheid'
     
    Wat 'n keuse is dit nie? 
     
    Nie een wat ek sal maak nie. 
     
    Wat is daar om te kies?
     
    Niks nie soos jy nie sal kan sien nie.  
  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk,  

     

    Ek moet erken ek's ietwat verras dat jy die moed had om weer direk met my te waag.  

     

    Wat egter soos altyd baie duidelik daaruit blyk, is die feit dat jy nooit by enige punt ter sprake hou, of sonder belediging op kritiek reageer nie. Miskien is ek ook skuldig daaraan, maar ek bid dat ek nie myself as verhewe en meer relevant as enige ander belangstellendes soos jy, of jou bende ware gelowige en ongelowige sinici, sal beskou nie.  

     

    Al het ek meer as genoeg reg om op jou persoonlike belediginge aksie te neem, doen ek afstand van my reg om so te doen (vergewe ek jou), en bepaal ek my verder tot die gesprek ter wille van die Evangelie.  

     

    Ek het sekerlik (hopelik) rede genoeg om te aanvaar dat jy op my kommentaar hierbo so tekere gaan.  

     

    In my kommentaar herhaal ek my vraag omtrent jou gedurige verwysing na die Bybel as Jesus Christus - die Woord van God.  

     

    Ek verstom my ook aan jou as ware Christengelowige se miskenning van die katolieke Kerk, en jou gelatenheid wyl hierdie heiligheid deur jou ewe siniese aanhangers Wouter Ferns, Chris Dippenaar en Jaco Fourie, so bespot word - dit, wyl jy nie 'n oomblik se moeite spaar om jou ego blink te poleer met jou fenomenale spirituele intelligensie in ander en minder heilige onderwerpe nie.  

     

    Ook belangrik vir ander belangstellendes hier om te begryp, is die feit dat jou siniese en anderhaat niks met Godsdiens te make het nie, en dat jy in geheel ewe misantropies nes Chris Dippenaar, Jaco Fourie en Wouter Ferns is, en dan Godsdiens gewoon die medium is waardeur jy jou bose vernieling van ander se harte wreek.

     

    Dit was die punte in my kommentaar waaraan jy nie eens 'n enkele woord getik het nie.  

     

    Dus, jou kommentaar hierop kan gewis in jou eie woorde omtrent ander as; "nie eens meer enige struktuur nie - dit is sommer snert wild en wakker oral heen", beskryf word.  

     

    Maar nou ja, konsekwent wees is 'n vloekwoord in enige sinikus se gedagte.  

     

    Jy plaas toe nuwe argumente op die tafel wat hoegenaamd NIKS met hierdie volledige bydrae van jou, of enige kommentaar deur my se inhoud te make het nie naamlik: "Jy [Cornelius Henn] sou nog gaan soek het waar ek [Kobus de Klerk] sou sê die aarde is net 10,000 of 20,000 jaar oud - toe, voert, gaan soek... dit sal jou besig hou en sodoende vir ons op hierdie forum jou bodemlose snert spaar."  

     

    Hahahahahaha!!!   .... ja baas ....

     

    Kobus de Klerk, om die waarheid te seg - dalk is jy reg - ek gaan net my tyd mors; wat is dit tog werd?   

     

    Derhalwe, ek vind reeds geruime tyd tegniese probleme met die werf se soekenjin - mog die Webvoete my getuies wees.  

     

    Maar, dis ook nie regtig nodig nie.  

     

    Jy ontken dus dat jy ooit sulke spekulasie aangevoer het naamlik dat; die skepping van die aarde (heelal?) - kom ek skuif die getal na +-<50 000 jaar, jonk kan wees.  

     

    My punt is egter dat jy gedurig meen dat die wetenskap totaal verkeerd is; dog jy ook nie die Bybel as maatstaf daarvoor kan gebruik nie - tog jy op grond van dieselfde Bybel raai dat die skepping (hoe jy ookal die skepping in jou spirituele intelligensie omskryf), net tienduisende jare oud is - net om daarmee wetenskaplikes se logika teen jou berugte spirituele intelligensie gemeet, dom probeer te laat lyk.  

     

    My diepste seer daaromtrent is die feit dat jy jouself sulke vryheid gun, wyl jy sonder huiwer my en ander se gedagtes in dieselfde vryheid rakende die werklike bedoeling van die Bybel - naamlik die Evangelie - summier sal ontsier (verkrag is die meer gepaste woord vir jou bedoelinge).  

     

    Deur die jare het ek jou so leer ken Kobus de Klerk - enigiets is goed solank jy slim daarin kan lyk - en dit alles ten koste van die Evangelie.  

     

     

    Dit is ook waar dat jy nie 'n duit sal toegee waar jy iets by ander kan leer nie - ook nie die minste agting sal het vir die mylpaal waar ander harte hulself bevind nie - NEE, jy breek en braak en onderdruk en meen die een wat die oortuigendste lieg, die ware waarheid pleeg.  

     

    Kobus de Klerk, ek dink dis genoeg vir eers ... dankie dat jy jouself verwerdig het om aan my aandag te gee.  

     

    Ek vergewe jou ook nogmaals in die liefde en genade van onse HERE Jesus Christus - die Woord van God - en bid dat jy wel die nederigheid sal vind om my vrae aan jou sonder enige verdere belediging aan my te antwoord - of toe sal laat dat die ewe siniese ware ongelowiges Chris Dippenaar, Jaco Fourie en Wouter Ferns, jou 'n rookskerm sal wees.

     

    Jou amigo in Adam,  

     

    Cornelius Henn    

  • Kobus de Klerk

    Kerneels, kerneels,

    'Moed' om jy direk te nader? Wat 'n wanpersepsie... jy is 'n non-event, dus verg dit nie moed om jou direk te nader nie, maar oorredingsvermoë - mens mors nie graag soveel tyd nie.

    Niemand stel belang in jou snert nie, mense lok jou uit omdat jy bespotlik is.

    Dan maak jy asof jy verstaan wat Brahms se Latyn frase beteken? Ek twyfel... waarom vertel jy nie vir ons nie, hmm?

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus et al.

     
    Die 'computer' het dit as: 
     
    there can be no debate with those who deny the foundations
     
    Debate is fruitless when you don't agree on common rules, facts, presuppositions.Maar dit kan mos nie wees nie. Het ek jy nie alreeds 'n gesprek hieroor gehad nie. Die gesamentlike blik waarvan Hume praat nie? Wat sal deur beide van ons as ’n aanvaarbare stawende bron aanvaar word? 
     
    Ek het dit gaan opsoek en haal 'n stukkie aan: 
     
    Is dit moontlik dat Kobus de Klerk en Wouter Ferns ’n "common point of view" kan vind, soos Hume dit stel, "move some universal principle of the human frame, and touch a string, to which all mankind have an accord". 
     
    ’n Ydele versugting, om in akkoord te wees met ’n gedeelde motivering vir ’n bestaansblik op die werklikheid. 
     
    Die sal mos nooit wees nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    NS, Jy het dit nie nodig nie maar korrelkop wat jy is en al wil jy my hoe graag stenig vir homoseksualisme volgens jou Bybel, like ek jou ...vir die songs...
     
    Watch Cornelius nou...
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Ek bespeur daardie grootdoenerigheid in wat jy deesdae kwytraak... maar dit is al. Jy moet tog daarop let dat jy waak daarteen om nie so irrelevant soos Kerneels te word nie... met bydraes soos die sinnelose laaste twee hierbo is jy onderweg daarheen.

    Moet tog nie die fout maak om te dink jy is gevrywaar daarvan nie - en dink Kerneels het ook so geredeneer en kyk waar is hy nou.

    Onthou, as jy in staat was om spirituele keuse te maak, sou jy nie 'n agnostikus wees nie. Maar jy het die maklike pad (so dink jy, maar dit is die gevaarlike pad) gekies waar jy nie ingeligte spirituele keuses hoef te maak nie...

    Daarmee beweeg jy dus self heel op die randjie van irrelevansie, met jou sarsies op sarsies mistastende aanhalings van andere sonder om iets uit jou eie diepte ooit voort te bring (kan jy?)

    Kobus de Klerk

  • CorneliusHenn

    Wouter Ferns hierbo:  

     

    (begin van aanhaling)  

     

    Wat sou hulle keuse wees?   

     

    [Ja, waarom 'n keuse daarvan maak?]  

     

    Kobus De Klerk =  'ware gelowiges'

    Corenlius Henn =  'miljoene katolieke'  

     

    [Dis die halwe waarheid; die ware waarheid - ontelbare katolieke]  

     

    Kobus De Klerk =  'ware geloof wat Judaisme voorafgaan- daar van die begin van tyd'

    Cornelius Henn =  'katolieke daar van die begin van tyd'  

     

    [Dis die halwe waarheid; die ware waarheid - katolieke selfs voor die begin van tyd]  

     

    Kobus De Klerk = ' die wat nie ooreenstem met sy argumente ly aan 'selfdesepsie'

    Cornelius Henn =  'die wat nie ooreenstem met sy argumente is 'gebreinspoel''  

     

    [Dis die halwe waarheid; die ware waarheid - die wie ENIGEEN op aarde se REDE minag, is gewoon sinies]

     

    Kobus De Klerk =  'verwerp alle vakkundige kennis' - Dit laat slegs Kobus reg wat die waarheid kon sien

    Corenlius Henn = ''DIE KORPORASIE' is die meesters en almal slegs poppe in die poppespel' - Dit laat slegs Henn reg - wat die 'waarheid' kon sien  

     

    [Absoluut 'n Wouter Ferns geforseerde leuen; daar is diegene wat die masjien geolie hou, en dan is daar diegene wat hul vryheid en die van ander na jaag]  

     

    Kobus De Klerk = 'Daar is slegs 'n enkele waarheid'

    Cornelius Henn = 'Daar is net een waarheid'  

     

    [Hahahahahaha ... nee, elke mens op aarde se eerlike waarheid is waar- dus; ontelbare waarheid!]  

     

    Wat 'n keuse is dit nie?   

     

    [Hahahahaha ... wat 'n keuse is dit nie?]    

     

    Nie een wat ek sal maak nie.    [

     

    Hahahahahahahaha... ek ook nie!!!!]    

     

    Wat is daar om te kies?    

     

    [Hiehiehiehie ... ek gaan my stukkend lag ... ja, daar is gewis geen keuse hier ter sprake nie!!!]    

     

    Niks nie soos jy nie sal kan sien nie.      

     

    [Hahahahahahahha... agge nee hel, hou op asseblief!!!!! ... PRESIES Wouter Ferns; niks nie soos jy nie sal kan sien nie!!!]    

     

    (einde van aanhaling)

     

    Nie te danke nie,

     

    Cornelius Henn

     

     

  • CorneliusHenn

    Hou moed Kobus de Klerk; hou asseblief tog net moed!

     

     

     

    Wat
    weereens en soos altyd baie duidelik uit jou reaksie hierbo blyk, is die feit dat jy
    nooit by enige punt ter sprake hou, of sonder belediging op kritiek reageer
    nie. Miskien is ek ook skuldig daaraan, maar ek bid dat ek nie myself as
    verhewe en meer relevant as enige ander belangstellendes soos jy, of jou bende
    ware gelowige en ongelowige sinici, sal beskou nie.

     

     

     

    Al
    het ek nogmaals meer as genoeg reg en rede om op jou persoonlike belediginge
    aksie te neem, doen ek afstand van my reg om so te doen (vergewe ek jou), en
    bepaal ek my verder tot die gesprek ter wille van die Evangelie.

     

     

     

    Ek
    vergewe jou in die liefde en genade van onse HERE Jesus Christus - die Woord
    van God - en bid dat jy wel uiteindelik die gemoedsgesteldheid en dapperheid sal
    vind om my vrae aan jou sonder enige verdere belediging aan my te antwoord - of
    toe sal laat dat die ewe siniese ware ongelowiges Chris Dippenaar, Jaco Fourie
    en Wouter Ferns, jou 'n rookskerm sal wees.

     

     

     

    Jou
    amigo in Adam,

     

     

     

    Cornelius
    Henn    

     

  • Kobus de Klerk

    Wouter,

    Dit is baie jammer jy het 'n vertaling van die Latynse strofe gegee voor Kerneels gereageer het, ek wou graag sien of Kerneels werklik verstaan en of hy sommer so sê sodat ander kan dink dat hy ook iets weet - ek dink eerder laasgenoemde, want die ironie in sy simpel opmerking is juis dat dit so kolskoot op hom van toepassing is - daarom dink ek nie hy weet werklik wat dit beteken nie. Dit is soos asof iemand vir hom op Latyn sê hy is simpel en omdat hy nie weet wat dit beteken nie en nie dit integriteit het om dit te erken nie, glimlag hy vir daardie persoon en komplimenteer hom vir sy raak opmerking, en so blyk sy onkunde op bedekte wyse...

    Ewentwel.

    Wanneer oor sake Gods praat, is dit nie soseer 'n debat nie. Vir sommige mense miskien, maar nie vir die ware gelowige nie - dit is 'n saak van diepe erns en die ooreengekome doelwit moet wees om die Waarheid te vind en te promoveer. Maar die ware gelowige en die ateïstiese agnostikus verskil alreeds oor wat of Wie die Waarheid is... en derhalwe is dit 'n baie moeilike taak, maar in die proses word baie inligting uitgeruil en is daar geleentheid om in die regte rigting te groei - terwyl daar selfs verskil sal wees oor watter rigting, die regte rigting is.

    Maar die geleentheid om oopkop te wees en te leer, is wel daar.

    Ek verbaas my dat jy van alle mense nou nog sê dat ek jou graag wil stenig omdat jy 'n homoseksualis is.  Jy weet mos dit is nie so nie. Ek sou jou veel eerder verlos wou sien daarvan, as lewende mens wat in die vreugde van die HERE kan woon... ai, wat mis jy nie. Dit is die liefde van die HERE wat my so laat voel.

    Maar as jou homoseksualisme 'n stenigbare entiteit of kreatuur was, sou ek dit baie vinnig en gou gestenig het. Maar die ware gelowige is, danksy die inwerking van die HERE, iemand wat kan onderskei tussen die kosbare mens en die gemors wat die mens aanvang en waarin die mens vasgevang is - laasgenoemde is by uitstek die situasie waarin jy jou bevind.

    Dus behoort jy al teen die tyd weet dat ek jou nie wil stenig nie, maar dat ek jou ook 'like', omdat jy duidelik 'n kosbare mens is, terwyl ek jou doen en late wat die homoseksualisme en veral die ateïsme aanbetref (die een bevorder die ander), eerder sal wil stenig om jou daarvan te kon bevry. - en vir daardie rede spat die vonke soms tussen my en jou, omdat jy so vasklou aan jou spirituele, lewensgevaarlike stuitigheid.

    Ek is nie 'n korrelkop nie - ek is 'n oortuigde gelowige persoon - Goddank - waarom op aarde sou ek 'n oortuiging wat ek weet reg is, prysgee vir iets wat ek weet verkeerd is, net om iets soos 'n 'debat' kamstig te laat vlot?

    Kom ek maak iets baie duidelik vir jou - mense wat oor dinge debatteer, is baie dikwels ongeërg oor die onderwerp van hulle debat en distansieer hulle hul agterna baie maklik van daardie onderwerp omdat dit eintlik net 'n debatknoper is en nie werklik deel van hulle oortuiging of lewe nie. Maar oor sake Gods debatteer ek nie - dit raak my diep persoonlik en jy, as die gespreksgenoot, se lewe word ook daardeur direk beïnvloed met baie definitiewe konsekwensies op die pad vorentoe, die ewige hiernamaals in.

    Daarom is daar te veel op die spel,  om simpel reëls van debatvoering die botoon te laat voer ten koste van die werklikhede omtrent die issues ter sprake en is die tipiese agnostiese kritiek, komende van Brahms en ander, gewoon nutteloos en vir redes vermeld, irrelevant.

    Hou jouself uit die moeilikheid,

    Kobus de Klerk

  • Hello Kobus. 

     
    Kennis geneem van wat jy skryf. Neem ook kennis dat jy veroorloof jou aanhalings uit die Bybel sonder end, maar die is goed en reg, maar dit is nie goed en reg wanneer daar deur my verwys word na die hele spektrum van vakkundige kennis nie. 
     
    Dit is mos dubbelstandaarde. 
     
    Indien jy kan aanhaal en jou argumente bou op jou Bybel, dan kan ek my argumente laat staan op alles wat die mensdom weet. 
     
    Of is kennis nie bedoel om gebruik te word nie of is dit dat slegs sekere kennis mag gebruik word?
     
    Sou dit dan net kennis wees wat jou goedkeuring wegdra en dan die vergelykende studie hierbo bevestig. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    Vergewe Cornelius, want hy weet nie wat hy doen nie, is 'n gebed wat daagliks gebid kan word. 
     
    Met alles wat goed is in die bestaan, vergewe ek jou ook, Cornelius Henn, gaan nou, jou oortredinge is vergewe.  
  • CorneliusHenn

    Die arme "nerd" Wouter Ferns, vrede vir jou ook ... ek stel egter voor jy luister na jou meester in die hand van Satan, en raak ontslae van daardie  grootdoenerigheid van jou ...  daar is gewis, duidelik, en beslis nie plek vir jou en die ou grote, se infernale waansin op dieselfde munt nie - al is dit kop en stert daaraan (geloof en ongeloof) ... nie te danke, Cornelius Henn

     

     

  • Almal maak daarop aanspraak  dat hul reg is en dat hul nooit verkeerd kan wees nie want hul vertolking van dit wat in die Bybel is onberisplik en foutloos en aan die ander kant diegene wat die mening huldig dat die wetenskap die antwoord op alles is.Twee onversoenbare pole dus, die een stuur jou warm plek toe omdat jy dit waag om te verskil, die ander lag jou uit omdat 'n warm plek (hel) nie bestaan nie. Hier is enkele gedagtes.

    1.Die Bybel - Adrio König Die Bybel as openbaring

    Soms word sondermeer van die Bybel as die openbaring van God gepraat. Dit is egter nie korrek nie. Toe God Israel uit Egipte wou red, het Hy nie vir hulle 'n Bybelboek gestuur nie. Hy het Homself in dade in hul geskiedenis geopenbaar. Eers veel later is dit deur mense op skrif gestel. Ook Jesus, dié openbaring van God, het nie boeke geskryf nie, maar gepraat en gedoen.

    Daardeur het Hy God geopenbaar. En eers toe die ooggetuies begin oud word het, is die behoefte gevoel om wat Hy gesê en gedoen het, op skrif te stel. Daar is wel gevalle, soos Paulus se briewe, waar die openbaring direk op skrif gestel is, maar in die meeste gevalle is die Bybelse geskrifte veel jonger as die aanvanklike openbaring van God.  

    Dit beteken nie dat die Bybel nie openbaring is nie. Maar dit is net openbaring in die sin dat dit 'n betroubare getuienis is van God se eintlike openbaring in die geskiedenis van Israel en in Jesus. Die Bybel as 'n biblioteek Die Bybel is veel meer as 'n boek, dit is 'n biblioteek.

    Die geskrifte is van verskillende soorte en moet elkeen na sy eie aard uitgelê word. 'n Mens verstaan poësie anders as geskiedenis, en 'n brief anders as 'n apokaliptiese (lees: `bonatuurlike') geskrif Verder het hierdie boeke oor eeue heen in verskillende omstandighede ontstaan. Hulle moet sover moontlik in hul tyd en konteks verstaan word.

     Hulle deurloop ook 'n geskiedenis sodat op bepaalde tye sekere opdragte bindend is, maar na nuwe gebeurtenisse kan sekere opdragte hul bindende krag verloor. Die besnydenis is 'n bindende opdrag vir die volk van God totdat dit deur die werk van Christus buite werking gestel word. 'n Mens kan dus nie sommer enige opdrag iewers uit Levitikus oor iets soos kos of klere of 'n man se hare of baard neem en dit as bindend voorhou omdat dit in die Bybel staan nie.

    Verder lê alles in die Ou Testament ook nie op dieselfde vlak nie. Daar is sekere dade van God wat soos rigtingwysers uitstaan. Die uittog uit Egipte is so 'n daad van God. Dit word 'n baken waaraan die volk gemeet word. Dit word deur die eeue heen op verskillende maniere op die lewe van die volk toegepas. Ook in die Nuwe Testament lê alles nie op dieselfde vlak nie. Daar is sekere sake wat eenvoudig uittroon as die eintlike dade van God in die geskiedenis.

    In die Nuwe Testament gaan dit sondermeer om Jesus Christus, en dan veral om sy woorde en dade, en om sy kruisiging en opstanding. As die Nuwe Testament nie in hierdie konteks gelees word nie, kan dit nie reg verstaan word nie. 'n Mens kan byvoorbeeld nie die hoofbedekking of versiering van 'n vrou op dieselfde vlak beskou as die opstanding van Jesus nie. Nét die Bybel

    Dit is 'n erfenis wat ons van die Kerkhervorming het dat net die Bybel die norm vir ons leer en lewe is. Dit is 'n standpunt wat die Hervormers ingeneem het teen leerstellings en gebruike in die kerk wat nie in die Bybel gefundeer kon word nie. Vandag word hierdie standpunt soms misverstaan asof die Hervormers geen waarde aan die tradisie geheg het nie.

     Dit is nie korrek nie. Hulle het die besluite van die vroeë kerk in hoë aansien gehou solank dit nie met (hul interpretasie van) die Bybel gebots het nie. Luther het hom selfs op die leerbesluite van die vroeë kerk beroep om aan te toon dat dit die Protestante is wat aan die tradisie van die vroeë kerk getrou gebly het en dus die ware kerk is, teenoor die Katolieke Kerk wat 'n `nuwe' kerk geword het deur van die vroeë tradisies af te wyk.

    Dit moet terloops vir ons 'n aanduiding wees van hoe sinloos dit is om te dink 'n mens kan 'n nuwe kerk stig.  

    2.Biblica: Is the Bible inspired?

     Is the Bible inspired? And what does that mean? Christians do believe that the Bible is inspired, but not nearly everyone is clear as to what that means. The Bible itself says in 2 Timothy 3:16, "All Scripture is God-breathed and is useful for teaching, rebuking, correcting and training in righteousness."(NIV) Did you catch that word "God-breathed"?

     That's the biblical term to describe what is meant by the inspiration of God's Word. But how did God "breathe", that is, just how did he give the writers of the Bible his message? Some Christians believe that God dictated the Bible word for word in Hebrew, Aramaic, and Greek, and that the writers were simply secretaries who recorded those words. But there are two big problems with this view.

    First of all, as we look at the writing styles of the various human authors, it is clear that their personalities are very much in evidence in what they write. There is no mechanical word-for-word dictation going on here. ·         For example, the apostle Paul wrote with long, complicated sentences, and our English translations generally put them into shorter sentences so we can more clearly understand them. However, Mark wrote his Gospel using short, action-packed sentences that race along in a much different way. ·       

     While the Gospel of John also covers the life of Jesus, his description of Jesus' life, words, and deeds comes from a much different point of view than Luke. Yet both were transmitting the inspired message which God gave them. That is why most Christians conclude that God provided the precise thought to the human author, and he then wrote it down in terms of his own vocabulary, culture, education, and writing style. So we have here no wooden, single-coloured document, but a many-faceted and dynamic book.

    The second problem with the word-for-word view of inspiration is that many of the Psalms (and other passages) are the cries of imperfect, suffering people, who are voicing their own complaints or praises to God. They are words and thoughts emanating directly from the hearts of God's people, which he in turn allowed to be placed in the Bible so we could identify with these complaining, suffering or rejoicing people who are so much like us. God used their words and thoughts.

    For those reasons many Christians believe that inspiration should be described as thought-for-thought rather than word-for-word. The human writers provide God's message in terms of their own personalities and historical circumstances, and yet they transmit the message fully and exactly as God desired. So we can call this view of inspiration "dynamic", as well as "verbal" (extending to the very words of the writer) and "plenary" (meaning that the Bible is fully and totally inspired.)

    There's a third view of inspiration, too. This view asserts that the writers of the Bible were indeed inspired, but so were many great artists, musicians, and authors. Some superhuman, transcendent, divine aura possessed them and they produced works of sheer genius. This is not what most Christians mean when they refer to inspiration. ·      

      Rather, Christians believe that the message God gave us in the Bible is unique, and in fact, infallible. ·         It is the work of the Holy Spirit who so guided the writers of the Scripture that they gave us, in their unique manner, exactly the message God intended.

     So we can say that the Bible is a very human book, for we see in it both elegance and lack of polish, both finesse and struggle. But it is a divine book as well, for it is the only book in all the world that is truly "God-breathed". It is humanity's precious gift from God. Is it your guide for time and eternity?

    3.Lees die Bybel in konteks - seksuele praktyke

    Wanneer dit gaan oor sekere seksuele praktyke moet ook dit wat in die Bybel daar oor geskryf is in die regte konteks gelees word. Kyk ‘n mens na die gevolge van sekere praktyke is dit duidelik dat daar vir ‘n volk wat besig is om te trek en hulself in ‘n uiters vyandig omgewing bevind ‘n epidemie soos Vigs tot die totale uitwissing van die volk kon gelei het. (Die voortbestaan van die Joodse volk was dus 'n voorvereistes want dit was die voertuig waardeur Jesus Christus mens geword het.)
     Die mediese wetenskap vandag sukkel nogs steeds om dit onder beheer te kry

    https://www.medinstitute.org/2012/06/anal-sex-a-dangerous-trend-3-2/

    Anal Sex:

     A Dangerous Trend Anal sex has historically been taboo in many cultures.  However, numerous studies show that the practice of anal sex is on the rise.  Why has  there been a rise in this risky alternate sexual practice?  We live in a sexualized culture which teaches that sexual experimentation is one of the best ways to achieve sexual satisfaction.

     Dr. Debby Herbenick argues in her book, Good in Bed Guide to Anal Pleasuring, that anal sex “is a way to explore and act out new fantasies with [your] lover.”[1] However, this common justification of anal sex is faulty and superficial because it is very damaging to your health and quite possibly life threatening.

     Let’s check out a few of the major risks:  General health risks: Unlike the vagina, the tissues of the anus are not stretchy.  This means that the anus can easily tear, which puts the receiving partner in danger of anal abscesses, hemorrhoids, or fissures (a very large tear)

    .Anal sex can weaken your muscles down there, which makes it hard to hold feces. The anus is full of bacteria.  Consequently, the giving partner is especially prone to infections.  Pregnancy: You cannot get pregnant from the act alone.  However, semen could still leak into the vagina and impregnate the woman. 

     STDs: The fragile nature of the anal tissue makes it easier for STDs to enter into the bloodstream. Unprotected anal sex is one of the primary ways in which HIV is spread.  If you don’t already know, HIV (Human Immunodeficiency Virus) can eventually lead to AIDS!Recent studies have linked anal sex to anal cancer.  HPV (Human Papillomavirus) is closely associated with anal cancer, which is frequently spread through anal sex. 

    The use of a latex condom certainly lowers the chances of contracting an STD.  However, even perfect condom use does not completely eliminate the risk of STDs.  In fact, the condom is more susceptible to leakage, breakage, and slippage during anal intercourse.  

    Anal sex is clearly a dangerous form of sexual activity.  It may be tempting to engage in anal sex with the notion that it does not affect one’s virginal status in the traditional meaning of the term virgin (ie someone who has not had penile-vaginal intercourse);   however, ANAL SEX IS SEX.  Therefore, you still face all of the detrimental emotional and health consequences of having sex outside of a lifelong, monogamous relationship  with an uninfected partner.   "

  • Kobus de Klerk

    F C Boot het homself al onderskei as iemand wat homself 'n gelowige noem, maar dan verkies om sy eie geloof te verkondig wat hy saamstel deur sy eie geselekteerde 'wetenskaplikes' se opinies en interpretasies en ook sekere geselekteerde tekste uit die Bybel, soos dit sy persoonlike siening pas. Dit kom dus op die ou end daarop neer dat hy die enigste en enige outoriteit is op die saamgeflanste religie is, wat hy vir homself uitgewerk het. Vandaar dan ook dat hy nie anders kan nie, as om te sê dat ander (duidelik met verwysing na ware gelowiges) daarop aanspraak  maak dat hul reg is en dat hul nooit verkeerd kan wees nie want hul vertolking van dit wat in die Bybel is onberispelik en foutloos. Let op die vetgedrukte woorde, 'hul vertolking'.

    Maar dit is waar die ingrypende verskil lê tussen die religieë wat mense vir hulself saamflans en die ware Godsdiens. By uitstek is Boot se religie juis die saamgeflanste produk van sy eie vertolking van wat in die Bybel staan en sy wetenskap profete, aan wie hy meer waarde heg as aan die Woord Self, terwyl hy dit skynbaar nie besef nie, maar hy met verwytende vinger na ander wys. Die verskil is daarin geleë dat die ware gelowiges juis nie staat maak op 'n eie of ander mense se vertolking van wat in die Woord staan nie, maar aangewese is aan hoe die Heilige Gees van God die Woord aan die gelowige uitlê (Jeremia 33:3, Johannes 14:26) - en soos dit al telkens op hierdie forum gedemonstreer is, sal die ware gelowige die absoluut leidende betrokkenheid van die Heilige Gees daarin onmiddellik erken en eer, en die ware gelowiges  se getuienis omtrent die Woord sal ooreenstem, omdat hulle uit Een Gees getuig, terwyl Boot en ander soos hy, in alles wat hulle al hier geskrywe het, nog nooit erkenning verleen het aan die betrokkenheid van die Heilige Gees by hierdie proses nie, maar eerder aan mense soos wetenskaplikes asof hulle die rol van die Gees moet vervul.

    Die aanhalings wat Boot plaas is dalk 'n poging om by die punt uit te kom. Maar sy ander bydraes en sy eie interpretasie van wat in die Woord staan, verydel weer hierdie poging van hom.

    Ek twyfel of daar enige ware gelowige is wat sal sê dat die Bybel verbatim God se woorde is, so asof God die woord verbatim gedikteer het. Maar ware gelowiges sien, ervaar en verstaan die Goddelike inspirasie in elke passasie van die opgeskrewe Woord en die doel waarvoor dit, in die konteks van die breë Evangelie, daar is, soos dit opgeskrywe staan in die styl, formaat en idioom van die onderskeie skribas daarby betrokke. Daarna, in die eeue wat volg, is die Heilige Gees van God ook telkens betrokke by die uitleg daarvan aan die geslagte opregte ne gelowige lesers daarvan. Daarom staan die Bybel as bron van die kernagtige opgetekende Woord van God vir die mens, nie op sy eie bene, literêr of andersins nie, maar as 'n aksessore hulpmiddel by die Goddelike openbaring daarvan en as vaste maatstaf en riglyn van daardie geopenbaarde en geïnspireerde Woord vir alle geslagte, juis sodat mense nie nodig het om te spekuleer, wonder en bespiegel oor God se Wil vir die mens nie - juis sodat die mens sy eie en ook se medemens se optrede en handelinge kan evalueer aan die hand daarvan. Dus, God het nie vir die Israeliete met 'n Bybel uit Egipteland gelei nie, maar met SY Goddelike profeet - en by die eerste geleentheid, het God begin om SY Woord en Wil vir die ganse mensdom op skrif te stel - beginnende by die Tien Gebooie.

    Vandaar dat die Skrifte, die geïnspireerde, opgetekende Woord bekend is as geskik, handig en betroubaar om mee te onderrig, te leer, te weerlê, tereg te wys en tot onderrig in die Waarheid en Geregtigheid en tot volkomenheid in en tot God te dien.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top