Oor die dood van Reinet Nagtegaal

  • 1

Die mooie Reinet Nagtegaal is dood na aan Versoeningsdag in Suid-Afrika.

Hier het dit allerhande name, Dingaansdag, Geloftedag - mense vier allerhande kak uit die verlede. Al het ek net ‘n paar maal met Reinet gekuier was dit asof haar energie by my gebly het. Ek’t Melkbos toe getrek agter "mense soos sy" aan. Ek wou êrens hoort.

Versoeningsdag was vir my ‘n stil hartdag. Ek’t my gang gegaan, my plig gedoen, my vyfjarige vermaak, trapbootjies op ‘n Ramsgate lagoon gery. Vir my was dit asof die wêreld se binnekant gaan stilstaan het.

Hier in Natal het dit gereën. Ek het gewonder of dit elders in die land ook reën. Dit behoort te; die land behoort te huil, die hemel en veral die see by Melkbos. Ek onthou die grys koue wat in die winter donker oor die see aankom. Melkbos behoort swart te wees. Ek maak my oë toe en sien Koeberg in die verte. Ek wonder hoe huil kernkrag.

Reinet moet gevier word, nie oor gehuil word nie, maar die keuse vir my is nie groot nie. Die Damhuis het geel blomme op sy profile pic.

Skrywers deel herinneringe aan Reinet op LitNet. Dit word gepost en gerepost op facebook. Dis of die wêreld om my bloei. Ek dryf met n valsskerm sagkens in die niks. Ek onthou haar kuiltjies, haar lag. Die E-cigarette waaraan sy gepuff het. "Sweet Lips, die enigste reël wat daar is, is dat daar nie reëls is nie," het sy gesê. Dis hoe dit moes wees, kilometers uit die regte wêreld.

Die niks het nie reëls nie - dit is net - soos die dag wat Reinet ons gelos het. Dit Is. Ek lees nie Deborah se saluut aan Reinet op Litnet nie. Ek deel die skakel op Facebook. My hart kan dit nie dra nie. Dis of iemand ‘n stuk van die dekadentheid in my vorming afgesny het, ‘n hap gevat het uit des hedonis wat agter maskers skuil.

Die wêreld is grys. Daar is ‘n gat in die wêreld se energie - soos die in die osoonlaag. Ek is kwaad. Die jirre weet, ons almal verdien dit nie - maar mense soos Reinet behoort immortal te wees.

Leandi Erasmus

  • 1

Kommentaar

  • Die waarheid oor Reinet se dood het ’n kinkel in die kabel.

    Sy was ’n depressielyer. Een aand is sy kombuis toe, kry jogurt in die yskas. Dirk was in sy eie wêreld met sy skrywery. In die hoofslaapkamer was Reinet besig om al haar pille in die jogurt uit te druk. Sy het alles ingesluk. Dirk het haar die volgende oggend dood aangetref.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top