Oom Tas

  • 1

Dit is seker nie verkeerd om 'n handelsmerk te noem nie, is dit? Nie dat die deursnee Oom Tas gebruiker hier gaan lees en my rapporteer nie. Dis in elk geval gratis advertensie vir Nommer Sewe, of Oom Tas dan.

So moes Piet en Jan en vroutjies en aanhangsels die Saterdag sorg want dis hulle beurt om die dop te koop en dis daardie tyd vannie maand (nee, nie DAARDIE tyd nie, daardie tyd waar Piet in die kaggel sit en die beursie leeg is) en al wat bekostig kon word is twee seskanne Oom Tas. Want dis voor die tyd vannie Rooi prop en ander Hop Johenna-papsakke wat nou ook nie meer helemal wettig is nie. 'n Vyftig rand geleen kon jou nog twee seskanne koop met kleingeld om te spog en dalk 'n pakkie Simba-tjips ook nog. Lank voor inflasie volgens die nuwe manier bereken is. Want die prys van 'n seskan was die prys tot die minister die volgende jaar verhogings aankondig. Nou weet niemand meer wat 'n ding kos nie, want elke week is daar 'n nuwe verskoning om dinge duurder te maak maar dis iets anders en pryse is nie hier ter sprake nie.

Enigeen wat al ooit in sy lewe Nommer 7 geproe het sal jou beduie dat die goed slegter as hond smaak. Die man of vrou wat jou beduie dat die goed lekker is, is of verslaaf daaraan of ken nie die verskil nie. As asyn skop had sou dit 'n baie beter bargain wees. Piet en Jan is egter ou drinkers en al is hierdie nou nie Kellerprins nie kan mens met bietjie moeite die goed na Kellerprins (is dit nie Kelderprince nie?) laat smaak. Die oplossing is maklik: Coke. Soos in Coca-cola. Ontbottel die twee seskanne in 'n standaard driebottel-kannetjie in en dan gooi jy 'n liter Coke by elke kan. Met die driebottel-kannetjie maak jy ook 'n plan want jy sluk die goed weg (al is die goed hondsleg mag mens nie die vog van die wingerd mors nie) tot daar genoeg plek in die kannetjie is vir 'n halwe litertjie Coke.

Hulle se dat Oom Tas die enigste wyn is wat nie verkleur as jy hom filter nie maar daarvan het ek nog net gehoor en die manne se glase is om die drom vuur aangegee. Nie uit die kan oop en bloot nie, nooit nie! Piet het die hele aand gependel kombuis toe en later kilometers kombuis toe geloop om vol te maak (hoe dronker iemand mos is hoe wyer draaie loop hy). Die manne was te beïndruk met die goeie barman om kommentaar te lewer dat die wyn nie hier by hulle geskink word nie. En telkens vra hulle uit oor watse nuwerwetse vog dan nou bedien word en Jan beduie dat hy nie die naam kan onthou nie maar dat hy nou platsak is want dis donnerse duur wyn wat hy gekoop het.

Ek was nie daar nie maar ek het wel gehoor dat die manne daardie aand die nege of wat liter Oom Tas gepolish het en dat selfs die vleisies verbrand is daardie aand en die vrouens vir dae dikbek rondgeloop het want hier in die nanag moes hulle die klogoete oral op die vloere bymekaarmaak en mammie moes ry want daardie wyn mog wel designer wyn wees maar dit het veroorsaak dat pappie helemal onkapabel is. En drink en bestuur is een ding, maar hier rond ry ons vir jare reeds nie meer as ons gesuip issie. Veral nie as daar 'n rits klogoete agterin en onner die canopy lê en slaap nie.

Baie wonder tot vandag toe oor die besonderse aroma en karamelsmake wat die besonderse duur wyn op die palet gelaat het.

Piet en Jan het nooit die waarheid vertel nie en beduie steeds dat hulle tot vandag toe soek na daardie wyn want geen kantien hou dit blykbaar meer aan nie.

oester

  • 1

Kommentaar

  • Ish. My oupa het vanslewe altoos vir sy plaaswerkers a jamblik vaaljapie (Oom Tas) gskink as hulle saans uitval nadat hulle gemelk het. As hy dit nie tjokkeblok vul nie dan word daar gesê: "hey oubaas Pat, hoe skink jy dan so roesrante vanaand?" Ek't gehoor van een wynboer wat se Oom Tas op was en toe geïmproviseer het op 'n Vrydagaand en vir Jonas 'n jamblik asyn skink. Hy slaan dit een skoot weg en ril en sidder en vee sy mond met die agterkant van sy voorarm af en se. Oubaas. As oubaas a goeie prys kry, moet oubaas maar laat loop met daai wyn ho djy!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top