ontber’ng

  • 0

Millennium Drie Homo Sap-Sap, Mens, eintl’k t’skaam,
re Self-beeld, p’rsepsie, p’rspektief, binne grot’r raam

vanweë allie eeue se kil-g’wet’nloos eksperimenteer,
Self, nageslag plus Kie, Paradysl’kheid ysl’k ontbeer

toeg’wyd tot relativer’ng, ontkenn’ng, onkund’-ontkenn’ngskunde,
struktuurg’welds’ndroommat’g, ultra-d’struktief, Haiyan-winde

Planeet Aarde, nie naast’nby na waarde b’oordeel,
Mens Self Self eksploiteer, tot nag’slag se nadeel

probeer Mens yt Self-g’skept’ g’vang’nis ontsnap,
g’skied’nis, neo-nasionalisties, histories ’n grap

Eerstes na allie eeue wet’nskapl’k ekonomies laaste,
plaaswerk’rs aan’t arbei, v’r nonnas en v’r baaste

lat Millennium Drie Homo, wes’nl’k, onn’r Self-d’struksie stei’r,
v’rsoek, pleidooi, tot G’wete-herwinn’ng, volstrek t’wei’r

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top