ong’loofl’k

  • 0

soms voel’t, Mens, of God Mens v’rlaat’t,
nalat Skepp’r naglank, m’t Mens g’praat’t,
Wragt’g G’trag’t, Mens t’Wys, hoe lykie muti,
vannie All’r-Opp’r-Ultra-Sup’r-Fundis-Moruti

kanti, Millennium Drie Homo Sap-Sap’s halsstarr’g, v’rward,
neo-globaal krisis ’n fiasko, ja, apokalips, aysh, uit’rs b’nard,
struktuurg’weldsuperioriteitsindroomsubmissiwiteitslawerny,
Homo bly lief v’r Self-d’struksie, via buit-’n-muit, uitbuit’ry

g’n muur kan Heil’gheid, v’n Jerusalem, inperk,
g’n geest’skrag’p dees Aard, Hulpbron, so sterk,
soos v’rgifnis, al’s wrew’l noggie klaar uitg’werk,
herleef ubuNtu, ong’loofl’k, in masjid, temp’l, kerk

Lewe Twee-idee’s onteensegbaar-onweerlegbaar kre-rasioneel, leg’tiem,
verifieerbaarheid, v’n waarheid, noggie naast’nby ordentl’k deurpriem

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top