’t staat Kodesaniaans, uitdrukl’k, in Handves, Reg,
r’spek word v’rdien, chauvinisme’s muf, chaoties,
net idiote tree nog só op, so sup’r-ultra-idioties,
v’r uitleef vanne ideologie b’hoort niemand t’veg
stereotipe, pejoratief, struktuurg’weld, ’t bring stres,
bourgeoisie, en ‘beyond’, dink glattie meer anie res,
eksploiteer Naaste, oud-Askari, in een’f ann’r g’lid,
ná allie jare’s apartheid noggie op haa’ plek g’sit
ied’r-’n-elk lendawu, Afrikaan, in-’n-yt, v’n Afrika,
wyl Afrikaans nog glattie asse Afrika-taal erken is,
Mens Mens op status quo, ong’lyk speelveld, b’rus,
Millennium Drie Krisis, yt Gitmobaai, v’by Gondwana
Goddank, Hamdrilah, Vad’r, v’r Millennium Drie Homo-b’reidheid,
afskeid t’neem, finaal, v’n ong’lykheid se sup’r-ultra-onegaliteit
Jacobus Faasen

