Oksimoronia vier hoogty

  • 1

Daar was ‘n programreeks op TV getiteld ‘Stroomop’ wat nou veronderstel was om oor mense te handel wat groot waagmoed aan die dag lê om heilige koeie te slag en konvensie omver te werp. Maar toe handel dit oor mense wat die ondersteuning van die wêreldpers geniet en saamgaan met gewaande populêre mening, mense soos onder andere Max du Preez (populêre mening is nie veel van ‘n maatstaf nie; meer mense hou van Oprah as van André P Brink, selfs in SA). Dit handel toe oor hoofsaaklik mense wat stroomaf beweeg.

Daar word dikwels, nou nog, gepraat deur die groot gros stroom-affers hoe Helen Suzman alleen teen John Vorster en sy ‘bende’ gestaan het. Onsin, John Vorster-hulle was alleen teen Helen Suzman en háár bende naamlik die Engelse, Hollanders, Swede, Duitsers, Dene, Noorweërs, plaaslike Afrikane, Zimbabwiërs, Amerikaners, Ierse popgroepe, Ugandese, Somaliërs, Malawiërs, Zambiërs, Belge, Nieu-Seelanders, Australiërs, Kanadese, man, te veel om op te noem en dan nog ‘n klomp Afrikaners ook.

Dan is daar die gedurige beroep van die amptenary tot versoening, verdraagsaamheid, hand-aan-hand-die-toekoms-inganery, mentorskapbeoefenry en wie weet watse hand-om-die-blaas-aktiwiteite nog terwyl hulle die papiere teken wat Afrikaanse plek- en straatname, EN universiteite, En skole, tot niet maak. Hoe dink sulke mense? Hulle maak ‘n bohaai oor ‘n sanger Die Stem op ‘n kunstefees gesing het terwyl hulle openlik “Maak dood die Boer” sing. Hoe werk dit? Terloops, Afrikaanse sangers en uitvoerende kunstenaars is eintlik moreel verplig om in solidarteit met Steve die KKNK en Inniebos te boikot.

Nie alleen verander hulle, die magte die syn, plekname nie maar is openlik teen Afrikaans; jy kan by geen staats- of semistaatsinstansie Afrikaans praat sonder om afgejak te word nie en tog word die Afrikaner gedurig gevra om te versoen (so al asof hy aan een of ander misstap skuldig is), boete te doen en vaardighede oor te dra aan opkomende agtergblewenes (soos in die boerderybedryf byvoorbeeld).

Daar word groot gewag gemaak van die ‘kleurvolle’ diversiteit in die land maar terselfdertyd moet skole afpaar met townshipskole om rasse-samesyn aan die hand te werk, ‘n soort van ‘n strewe na iets soos ‘n monokultuur. Ook word wit onderwysers gevra om in townships te gaan skoolhou en dit terwyl hulle, hier in Mandela se tyd al, van duisende wit onderwysers ontslae geraak het.

Eienaardig hoe die verguisers finansiële hulp, opheffing, voorligting, opvoeding en opleiding van die verguisdes verlang, eintlik vereis. Nog eienaardiger is dat die verguisdes bogenoemde uitreiking as hulle plig beskou. Voorwaar ‘n raaisel.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Jan Rap
     

    In plaas daarvan om vir Helen Suzman te probeer bykom nou dat sy haarself nie meer kan verweer nie, sal dit vir Jan Rap meer sin maak om aan ons te verduidelik wat aan die gebeur is daar by Front Nasionaal waar sy groot idool, Doktor Dan Roodt so pas deur sy eie volgelinge sonder sy medewete gefire is as hul groot leier. 

     
    En dan moet Jan ook vir ons verduidelik wat sy ander idool, dis nou Steve  besiel het om ‘n beskermingsbevel teen ‘n pop (!), te probeer verkry in die Hooggeregshof, en vir Dan Roodt in te stuur as sy regsverteenwoordiger. Waar in jou lewe het jy al so ‘n comedy of errors raakgeloop. Toe verloor hulle die saak, mét ‘n kostebevel teen hulle (kon selfs ses syfers wees, sê my regsgeleerde vriend) en hulle word op nasionale TV uitgelag deur die res van Suid-Afrika. 
     
    So, Jan Rap, los maar die oksimoronia vir jouself en jou eie ilk. En vergeet daarvan dat Afrikaanse sangers / kunstenaars / feesgangers enigsins moreel verplig voel om kunstefeeste te boikot. Inteendeel, die Afrikaners het al dertig jaar gelede jou soort benoudheid van hulle afgeskud en doen hul bes, saam met die oorgrote meerderheid ander inwoners om hierdie land op sy voete te hou. Wat eintlik ‘n raaisel is, is dat daar wragtig nog mense soos jy is, wat Max Du Preez of André P Brink se bydraes wil meet aan die gewildheid van Oprah. Wat my laat wonder, is jy dalk ‘n closet fan van Oprah. Moet wees...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top