so, in isolasie gat Sy’t mos glattie makie,
sê oud-Broed’r, neo-kon, “ ’T makie sakie”,
goew’rm’nt’s mos langsetyd zero g’trakie,
g’lykstryd’r w’t nu nie “g’lykheid” smakie
aysh, Azania, Sy sou toe taalparadys is,
Afrikaans, yt Afrika, Kreool, Afrika-taal,
klaar ’n klinkklaar oorwinn’ng b’haal,
aysh, ondanks haar g’n’geerd status
s’l Sy, soos ’n rivier, voort moet vloei,
kleingoed v’n kleinsaf indring’nd boei,
onn’rdrukk’r versus G’wete laat stoei
Afrikaans onn’r hierie “isiBhulu”- (Boer-) b’leid,
hoe onmandelaniaans’t ook sou mog klink,
toent’rtyd toe noggie bet’r, onn’r apartheid
Jacobus Faasen

