nu ja tu

  • 0

so Afrikaans, soos Afrikaans, ytie Kontinent Afrika,
onb’hoorl’k b’noem, as “isiBhulu”, “maBhulu” s’n,
v’r Afrikaans, Afrika-taal, nes Portugees, in Angola,
Mosambiek, linguïsties tek’n v’n koloniaal waansin

Afrika-status glattie spesiaal, b’slisse feit,
wie onthou ’75-Monument, ’76-rumoer,
opstand, versus “Boer-taal”, apartheid,
al was ideologie toe’l poer in haar moer

binnekringb’voordeeldes, Fariseërs, witpleist’rgrafte,
halloep draaie, nes kaalgatbobbejane, langs bult op,
ekskuse, v’r onkund’-ontkenn’ng, elk hoek-’n-draai

wese, Self-d’struktief, sup’r-submissief, nogge onb’skofte,
“ras”-’n-“klas” so eties-moreel, wet’nskapl’k, een fokkop,
Mens Mens Self in hierie proses all’rgruw’l’ks v’rraai

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top