Nou die dag op Praatsaam

  • 1

… het dit gegaan oor boeke, Afrikaanse boeke spesifiek lyk dit my en ek hoor toe 'n inbeller, ene George Sinclair, beveel aan dat die mense weer van die ouere Afrikaanse boeke lees want dié se Afrikaans is nog goeie Afrikaans.

Die een gas, 'n Herman Lategan as ek dit nie mis het nie, haak toe later heeltemal uit oor, soos hy dit spottenderwys daarna verwys, 'soiwer ofrikôôns'. Hy maak sy stem so diep en tuit sy mond en rek sy lettergrepe so laaank uit; dit sou nou wees hoe dominees (hy't spesifiek NG-predikante genoem) en bejaardes (of so iets) praat en dis oudmodies en hy haat dit en vind dit aaklig. Lynette moes hom skoon tot orde roep.

Hy't ook kort-kort 'n Engelse woord ingegooi (en dit op 'n program ter bevordering van lees in Afrikaans nogal); op 'n kol selfs gepraat van 'antjaarted terretrie' onder andere.

Kan jy glo dat die apatie teenoor Afrikaans al so ver gevorder het, dat mense uitgekryt word vir oudmodies as hulle Afrikaans ordentlik praat? Wat 'n verleentheid.

Wie, of wat, is hierdie Herman Lategan in elk geval?

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Dag Jan,

    smaak my die wie die program aanbied behoort aangepraat te word om nie pampoene as gaste in te bring nie.

    Duitswester

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top