Nou die dag op Praatsaam

  • 2

… bel daar ’n vrou in en sê sy wens dat sy in ’n Engelse skool was, en dat haar ma-hulle haar Engels grootgemaak het sodat sy nie Afrikaans kon verstaan het nie want dan was sy nie so gegrief om geradbraakte Afrikaans aan te hoor nie.  Sy het veral sangers (deesdae bekend as ‘kunstenaars’) en sportlui uitgesonder.

Ek glo nie Lynette en haar gas, ’n sielkundige, het die vrou mooi verstaan nie want Lynette se kommentaar het neergekom daarop dat die vrou ’n voorkeur vir Engels het en die sielkundige (ek dink die program het gehandel oor griewe wat mense sou hê) het gesê die vrou moet maar nou net aanvaar dat mense hulle taal meng.

Die waarheid is die vrou het nie ’n voorkeur vir Engels nie; sy’s net gatvol daarvoor dat Afrikaans verkrag word.  Die sielkundige se kommentaar was absurd; sou die vrou nou gekla het oor renosters wat gestroop, of aasvoëls wat vergiftig word, sou die sielkundige haar dan troos deur te vertel dat sy maar net verlief daarmee moet neem dat renosters gestroop, of aasvoëls vergiftig, word?  Ek twyfel.

Dit is ’n snaakse verskynsel deesdae:  Jy kry ’n simpatieke oor as jy kla oor jou pa jou skeef aangegluur het eendag toe jy nog vyf was, of oor jou ouers nie vir jou as kind gereeld roomys gekoop het nie, of oor jy wroeg oor jy nie genoeg in jou 67 minute kon pas om op te hef en te uit te reik nie maar laat jy nou net laat blyk dat die heksejag op Afrikaans jou nie aanstaan nie dan is jy ’n dehoehis (nog nie in die woordeboek nie). 

Hoe werk dit, hoe het hierdie toestand ontstaan?  Nie alleen is die handhaaf van Afrikaans NIE ons erns nie maar ons beskou dit as polities nie-korrek.  Mense wat die verkragting en ondermyning van Afrikaans uitwys maak ons ongemaklik en ons is gou om diesulkes te verguis.  Gelukkig Is Ons Almal Nie So Nie.

Ek wonder nog steeds:  Praat die gemiddelde Engelssprekende beter Engels as wat die gemiddelde Afrikaanssprekende Afrikaans praat?  Ek dink so.  Wat ’n four king verleentheid (verskoon die Engels).

Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Ek deel jou siening betreffende die swak Afrikaans wat op die draadloos gepraat word. Ek het nie genoeg woorde om my misnoë daaroor uit te spreek nie. Dit is ook asof dit op dowe ore val. Niemand luister nie. Dit is asof  mense nie meer omgee nie. 

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top