Nostalgie: Ouma

  • 0

Ouma

Dood. Morsdood. Ouma is nou al meer as 10 jaar lank in die hemel. Ek mis Ouma.

Met elke reënbui, mis ek Ouma se pannekoekbakdae.

As ek na Koos Kombuis se musiek luister verlang ek na Ouma se skootlêdae. Ek verlang na ons Vrydagaandkuiers, Ouma en oumie se klippies-en-coke, waar Ouma nooit ‘n wals uit kon sit nie. Ouma se smile en die treintjiedans.

Ek mis die verstaankyk wat Ouma my kon gee, die siestog-aande waar oumie my als kon vergewe, geen oordeel. Ouma het my verstaan.

Oumie het my geleer om lief te wees vir woorde, skryf en lees. Oumie het altyd gesê: “Mitzi-meid, in boeke se stories sien jy ander verre lande, jy soen alle mooi adonisse met geen “expiring dates” of “made in China”-stickers nie – geniet dit my kind want in reality kan ‘n man ‘n bliksem wees”

Hoe waar is dit nie?

Ouma ek mis Ouma elke dag, ek sal nooit Ouma sy wysheid vergeet nie.

Ek hoop daar ini bloue Hemel sit Oumi ook geen wals uit nie! 

Wanneer die sneeu val, onthou ek ons laaste Oktobermaand saam. Ek mis Ouma se afvaldis, niemand kan afval maak soos Ouma nie.

Ek mis ouma se drukkies, ouma se warm lyf, ouma se reuk van roosolie en peppermint. Weet Ouma dat ek tot vandag nie peppermint kan eet of tande kan borsel sonder om ‘n vreeslike leemte te voel nie?

Die dag, daai donker koue reëndag by Oumie se graf was my donkerste oomblik in my lewe, nie eers die die aande wat daai monster stiefpa ons gefoeter het, mishandel het, kom naby die dag nie. Ek was nog nooit weer by Ouma se graf nie, ek kan nie. Want in my hard leef Ouma nog. Ek hoor soms Ouma se lag, dit bly die mooiste melodie.

Ek sal nog my en Ouma se droom vervul en Mauritius toe gaan, eendag. Dalk sal ek my nuwe storie ondek. Oumie was nog altyd my skryf- muse.

“And when I die, I’ll keep on living” – soms wens ek net vir ‘n oomblik dat ek Ouma kon sien, al is dit net vir ‘n paar sekondes.

Ek mis Oumie se raad so baie, Ouma was wys. Ouma sou my raad kon gee oor wat die toekoms vir ons inhou. Ek vier elke jaar Oumie se verjaarsdag, dis al wanneer ek ‘n klippies en coke drink, ‘n heerlike huilsessie inwerk en luister na Cora Marie se “Gee haar ‘n roos”.

As ek baie verlang en in Bloem is maak ek altyd ‘n draai by Nasionale hospitaal se kankersaal, ek voel Ouma nog steeds daar. Ouma se energie en smile al was Ouma so oortrek van die pyn, Oumie het my geleer never give up, never give in. FIGHT.

As ons oornag in Oumie se huis, hoor ek altyd Ouma se gefluit, loer ek deur die fotoalbums en mis die goeie ou dae. Ek sien Oumie se laggende oë, beeldskone smile. En dan sit en besef ek ...

Ouma leef voort in my herinneringe, my drome ...

In my.

Liefde en vreeslike verlang

Mitzi-meid

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top