moel’gheid’t toe innie Goede Hoop Kaap ontstaan,
naby suid’rpunt, post-Gondwana s’n, Moed’r Afrika,
inkomm’r yt noorde, inboorl’ng g’boort’grond’f v’rja,
slaaf leer, heer, kneg, instructies, submissief t’v’rstaan
só kom toe ’n skool, virrie mieks, kreool,
in Kompanjiehys sosiolekties goed g’goël
Neelsie, Hoog’nhout, Panvis, een Broer narie ann’r,
Mens soms oor Ma se rol in moertaalbou wonn’r
staat “Boer-taal”, Euro-taal, dour bó, prominent,
wêrldwyd b’kend, ’n ultra-grotesk ’75-Monument
deeske ilwimi, wragt’g, nooit ooit g’n “Boer” s’n,
flett’rs info onb’hoorl’k onwet’nskapl’k ing’win
Mens straks, dááí tyd, prontyt, eerl’k, b’ly:
“Al sterf sprek’r, Taal, Sy bly, ew’g vry”
Jacobus Faasen


Kommentaar
Ag tog Jacobus Faasen, jou verwronge beeld en naakte HAAT vir die Boere raak ook nou reeds dweperig verby ...
Jacobus Faasen
Feite Regstelling
Afrikaans is 'n "Boeretaal" en nie 'n slawe of inboorling taal nie. Dit is meer as 80% van Europese afkoms, met die dubbele negatief van die Franse Hugenote geërf.
Die feit dat die Maleise en ander slawe die (Europees) Kaaps-Hollands van die tyd nie behoorlik kon praat nie, en dit op hulle manier verbrou het, tot sodanige mate dat Boerekinders die gewoonte daarvan van hulle slawe "nannies" aangeleer het, maak dit nie sumier nou 'n slawe of bruintaal besitting nie.
Dit is oorweldigend destydse "Boere", vandag se Afrikaners wat die Hollandse verbrousel (kitchen-Dutch) vervolmaak het in beide die skriftelike en fonetiese taal wat dit vandag is, en kan tereg met trots deur hulle as hulle unieke skepping geëien word, met die Taalmonument ter ere daarvan.
Boere en Afrikaners het vanaf sy ingang 'n unieke lojaliteit aan Afrikaans geheg, wat nie onder die bruinmense tot onlangs toe, bespeur was nie, met uitsonderings soos bv. IG du Plessis en vereers Adam Smal, wat later ook bereid was om Afrikaans vaarwel te wou sê.
Dit is binne die bestek van die afgelope 10 jaar, dat daar 'n lojaliteit onder bruinmense vir Afrikaans begin ontluik het. Voor dit was dit vir hulle maar net 'n taal, enige taal wat na gelang van omstandighede maklik verwissel kon word. (Onthou die groot aantal bruinmense in Hendriks (UDF) se tyd wat te maklik gesê het hulle gaan Afrikaans met Engels verwissel, want in hulle oë was Afrikaans die taal van die onderdrukker.
Nou wil sekere bruines, onder andere jyself, probeer propageer dat blankes Afrikaans van die bruinmense ge-hijack het, valse propaganda wat geensins met die geskiedkundige feite water hou nie. Die onlangse pogings tot die formele ontwikkeling van AfriKaaps as aparte taalvorm van Afrikaans deur 'n klein persentasie bruines, wat jy met jou eiesoortige spelling probeer propageer, is 'n nuwigheid. Indien dit posvat, sal bruinmense dit tereg as hulle unieke skepping sal kan eien, 'n taal afwyking waarin Afrikaners in elk geval nie wil deel nie.
Deur beide Afrikaners, en internasionaal word dit aanvaar, weens die feit dat Afrikaans in Afrika ontluik het, dat dit 'n Afrika taal is. Of die ANC en of enige ander die teendeel wil uitspreek, is dit vir Afrikaners nie ter sake nie. Ons soek en benodig nie sodaniges se goedgunstige aanvaarding al dan nie. Ons WEET wat en waar ons is. Dit is ons TROTS!
Jaco Fourie
14-01-2014
Liewe mede-Afrikaanse
1. Die meerderheid Afrikaanssprekendes is nie Afrikaners of Boere nie.
2. Dit is onwetenskaplik en illegitiem om Afrikaans aan die ras-illusie te koppel.
3. Dit is onwetenskaplik en illegitiem om te misken dat apartheid bestaan het.
Groete
Kobus Faasen
Jacobus Faasen
1. Ek en mede Afrikaners is nie "Afrikaanses" nie, maar wel Afrikaners.
2. Dit maak nie saak dat die meerderheid Afrikaanssprekendes nie Afrikaners is nie. Hierdie meerderheid het dit feitlik van die Boere / Afrikaner ge-erf of aangeneem. Die Afrikaner alleenlik, nie die ander meerderheid, het Afrikaans vervolmaak tot wat dit skriftelik en foneties vandag daar uitsien en niemand gaan enigsins, en veral nie jy nie, hierdie prestasie van die Afrikaner ontneem of onteien nie.
Die meerderheid Engelssprekendes wêreldwyd is nie 'n Engelsman nie, maar dit is alleenlik die Engelsman wat Engels vervolmaak het tot wat dit vandag is. Die feit dat die Engelsman voorheen die koloniale onderdrukker was, en die taal van die onderdrukker was, steeds ontneem vandag nie die feit dat Engels oorspronklik sy oorsprong onder die Engelse het nie, en dat hierdie ander meerderheid aan die Engelsman daarvoor te danke het.
3. Jy is die een wat in al jou skrywes gedurig op ras hamer, en wil voorgee ons Afrikaners het die taal van die bruinmense gehijac. Jy is die een wat 'n wig tussen bruin Afrikaanses en blanke Afrikaners wil indryf, en wil toesien dat hulle mekaar nie vind nie. Jy skryf asof ons steeds ons binne die vorige bedeling bevind. Jou skrywe grens op onbeskaamde haat teenoor jou blanke eweknie.
4. Afrikaans is lankal nie meer 'n Apartheidstaal nie, maar jy skryf asof die huidige Afrikaner nog steeds apartheid bemagtig. Totale onsin.
5. Ja. "Dit is onwetenskaplik en illegitiem" om te wil voorgee dat Afrikaans NIE sy oorsprong aan die toedoen van Boere Afrikaners te doen het nie. Alternatief, bewys die teendeel, wat jy nie doen nie, behalwe, soos gewoonlik net wilde stellings maak.
Jaco Fourie
Kobus Faassen,
Jy verander die rigting maar dis okei ..
1. ek't geheel ooreenstemming met jou...
2. ek't geheel ooreenstemming met jou ...
3. ek't geheel ooreenstemming met jou en voeg by dat dit dom en onnosel is om die Britse segregasie beleid van apartheid te onderskei ... ook ewe dom is die feit om Dr Verwoerd se rigting vir onafhanklikheid vir al die ander nasies aan die Suidpunt van Afrika nes Lesotho, Swaziland, Botswana ... te misken - of meen jy nes die res van die gebreinspoeldes dat die burgers van Lesotho, Swaziland en Botswana hul onafhanklikheid sal prysgee om by jul demokratiese sirkus aan te sluit?
Die punt is egter dat jy die Boere met ALGEMENE waarhede in jou poems TEIKEN!
Dis gewoon hatig ...
Sak 'n bietjie daarmee en gun my Godgegewe erfenis en hart daarin - nes ek joune gun ...
Boeregroete,
Cornelius Henn
Baas Fourie
Die volgende verskyn op p.5 van Afriforum se Handves van Burgerregte:
"Ons sal onsself in besonder beywer vir die realisering van die volgende grondwetlike regte: die reg op die beskerming van menswaardigheid [Artikel 10]. Ons sal poog om almal se menswaardigheid te beskerm en sal onder meer teenstand bied teen die skending van menswaardigheid deur die praktyk van rasseklassifikasie deur die owerheid en ander instellings,waarvoor daar geen wetlike raamwerk bestaan nie."
Indien Baas "isiBhulu" goedkeur, moet Baas tog seblief Baas se taal ook v'rann'r na "Boer-taal" en die regering versoek om dit as sulks goed te keur (vir en deur en van die Boere), dan kan die meerderheid hul Afrika-taal, Afrikaans, in vrede gebruik.
Kobus Faasen
Jacobus Faasen
Dit is verblydend om te sien jy is bereid om tot die debat toe te tree, 'n uitsonderlike verskynsel van jou kant. Ek hoop dit gebeur meermalig.
Net jammer jy gebruik goedkoop "baas Jaco" taktiek om jou onvermoë om by die punt te bly sodat die debat op wedersydse respek kan vorder.
Jy sê hierbo, Afrikaans is "Nooit ooit 'n Boer s'n", dan om te laat weet wat jy by "Boer" bedoel, beskryf jy die Europeër wat van die Noorde af kom en die "inboorlinge" se grond van hulle afvat, daarby bedoelend die afstammelinge van hierdie mense, nl. die Afrikaner. Jy impliseer daarby dat Afrikaans is "Nooit 'n Afrikaner s'n. Bykomstig wil jy voorgee omrede die Afrikaner nie die meerderheid taalgebruiker van Afrikaans is nie, hy nie op insette geregtig is nie.
Ek maak jou daarop attent dat dit juis hierdie mense is wat jy sê "Nooit OOIT 'n Boer s'n" is, wat die taal vervolmaak het tot wat dit vandag is, of jy daarvan wil hou of nie, is nie ter sake nie. Dit is suiwer geskiedkundige feite, en het niks met "baasskap" te doen nie.
Verder brei jy jou geniepsigheid teenoor blanke Afrikaners uit in jou afkraak van die Taalmonument deur dit te beskryf as 'n "ultra-grotesk Monument '75", 'n monument wat Afrikaners 'n hoe agting voor koester ter nagedagtenis van hulle prestasie van Afrikaans-taalbou.
In omtrent al jou skrywes wil jy volhou dat die Afrikaner nie vanuit die vorige bedeling weggebreek het nie. Die Afrikaner-gekkegrens wel,'n miniskule minderheid, maar die oorgrote meerderheid het lankal aanbeweeg, en daarvoor gee jy nêrens erkenning voor nie. Die ideaal is dat bruin en blanke Afrikaansprekendes nader aan mekaar getrek behoort te wees, maar nêrens bevorder jy hierdie ideaal nie, eerder die teendeel.
mbt. AfriForum, verras jy my. Eers in 'n vorige skrywe beskryf jy hulle as rassisties, nou kwoteer jy hulle as non-rassisties. (An about turn?). Ek onderskryf heelhartig die beginsels waarvoor AfriForum staan. Wys my uit enigsins tot die teendeel. Ek is deeglik op SêNet rekord wat my oortuiginge rakende ras betref, en hoef myself nie daaroor te herhaal nie. Ek is moeg dat non-Afrikaners dit hulle godgegewe reg ag om Afrikaners van alle kante sonder ophou te looi. Omdat ek vir die Afrikaner walgooi, maak dit nou kwansuis van my 'n rassis of 'n "baas"? Ek dink nie so nie. Inteendeel dieselfde mense wat "rassis of rassisties" bekskuimend skreeu, toon 'n ongebreidelde en onbeskaamde rassisme teenoor Afrikaners!
Jou "isiBhulu" geveg is jou uitsluitlike kruistog of jahid. Niemand anders s'n nie. Jy moet die Zulu, Xhosa en die ANC regering oortuig om hul taal te wysig om Afrikaans as iets anders as "isiBhulu te beskryf. Vir my, soos ek dit tot ad nauseum al vir jou in die verlede gesê het, voel ek vere hoe hierdie mense Afrikaans as taal wil beskryf. Ek gaan myself nie voorbarig hou om vir hulle voor te skryf hoe hulle hulle taal moet aanwend nie. Dieselfde verwag ek van hulle waar dit my taal betref.
Jaco Fourie