noggie g’noeg

  • 0

wann’r statistiek weer veritas reflekteer,
wann’r laaste Mens, Sapiens, Eerste is,
wann’r oorlogsvure smeul, stryd b’kamp,
vroue weer in vrede mielies kan stamp,
praat Mens mos vanne true g’skied’nis,
hele raadzel, hoekom Mens so v’rward is,
Self-d’struksief, ultra-onkund’-ontkenn’nd,
“Duiw’lspiek”-siek, oppe vry vryval, halfmal,
geldgodaanbiddl’k, magsjags, listig, lus,
Mens sielsdiep inne toestand, ai, krisis,
submissief aan ’n Self-ond’rworp’nheid,
diep onn’r mat ing’vee: Positief Alternatief,
’t meeste Mens mos nog glattie g’noeg (nie)

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top