Heil die leser.
Vir baie jare reeds deel ek die werklikheid aangaande die verkondiging van die Evangelie in die Midde-Ooste, Indonesië en plekke soos Maleisië.
Ek het ook spesiaal die foto hierbo vandag in een van my Moslem broers se inmaakfabriek geneem.
Dis reuse-plakkate hoog teen sy kantore binne by die ingang van sy fabriek.
Links is 'n spreuk waarin Shekhinah, onse Heilige Gees vir seën bedank word - met die woorde "Jesus love you" heel onderaan.
Regs is 'n Moslem-spreuk wat lees "Be thankful what Allah has given you and you will be among the richest people".
In die middel is 'n tafelgebed wat lees" O LORD, we thank you for this food which has been prepared for the nutrition of our bodies. May it strengthen and nourish us as we continue to do your will."
Ek bid dat dit eendag oral so kalm en rustig in die hart van elke Godsdienstige, en verhouding met ons naaste op aarde sal wees.
In sommige Protestante geledere klink die verheerliking van onse lieflike Allah, wel skynbaar soos die aanbidding van 'n vreemde God buiten hul Bybel (wie daar van hulle die Bybel, selfs as Jesus Christus - die Woord van God verheerlik).
Onse lieflike Allah, is egter verseker nie die een of ander heilige Skrif nie.
Die woord Allah, verwys na ons almal se lewende Skepper.
Maleisië, is 'n klein plekkie iewers op ons aardbol waar die Moslems twee derdes van die burgery beslaan.
Gedurende 2009 het 'n nugter regter daar beslis dat die woord Allah, wel 'n algemene woord in die taal van menige Godsdienstige is en na ons Skepper verwys.
Die tipies "demokratiese" regering van Maleisië (wat na onlangse verkiesings seker ook die meerderheid van hul burgers verteenwoordig), het destyds in 'n politieke veldtog ook teen die minderhede daar, namens hul kiesers die saak geappelleer.
Vandag word die nuus oral die wêreld ingestuur waarin 'n regter die regering van die dag gedien het (in ware Afrikastyl), en weer daarteen beslis het dat geen nie-Muslim, die woord Allah mag gebruik in hul verheerliking van God nie - ongeag die taal waarin hulle aanbid.
Ja, dis hoe absurd Godsdiens in die hande van ware gelowiges (lees fundamenteel en ekstremisties) en hul politieke agendas kan raak.
Maar wat het die Susterkerke in Mzansi daaroor te kla? ... die ware gelowiges hier het minstens op hul rekord die grootste misdaad teen die ganse mensdom naamlik APARTHEID, en dit in volle diens aan die regering van die dag van hul kansels af gepreek.
Deesdae dien dieselfde Calvinistiese organisasies steeds die regering van die dag deur oral verskoning daarvoor te pleit en die slagting op ons plase onder die mat te help vee!
En soos reeds genoem, het geen ware Protestant juis erg aan die woord Allah nie - nee, hul Bybel is glo die Woord (Jesus Christus onse God).
Meeste wat vandag die Bybel as Jesus Christus (die Woord van God) aanbid, had egter hul wortels iewers uit die Roomses (Katoliek met 'n hoofletter K), en het toe verdwaal.
Die Westminster Confession of Faith leer dat:
"The catholic or universal Church, which is invisible, consists of the whole number of the elect, that have been, are, or shall be gathered into one, under Christ the Head thereof; and is the spouse, the body, the fullness of Him that fills all in all."
Dieselfde lering kan ook in die Nederlandse Geloofsbelydenis gelees woord. Artikel 27 onderhoofde "Oor die algemene Christelike kerk, leer die volgende:
Ons glo en bely 'n enige katolieke of algemene Kerk wat 'n heilige vergadering is van almal wat waarlik in Christus glo, wat hulle hele saligheid in Jesus Christus verwag en gewas is deur sy bloed, geheilig en verseël deur die Heilige Gees ...
Hierdie katolieke Kerk (katoliek met 'n kleinletter "k"), was daar van die begin van die wêreld af en sal daar wees tot aan die einde.
Ek glo en bely heelhartig 'n enige katolieke of algemene Kerk wat 'n heilige versameling is van ALMAL wat in Jesus Christus glo, wat hul hele saligheid in Jesus Christus verwag en gewas is in Sy bloed, geheilig en verseël is deur Shekhinah, God onse Moeder - die Heilige Gees.
Die katolieke Kerk, is steeds vandag die opregte en nederige draers van die Evangelie.
Elke naam wat ’n mens ooit uit sy hart tot eer van ons Almagtige Skepper uitgeroep het is vir my heilig. Harte wat ons Almagtige Lewende Skepper eer behoort aan Hom. God openbaar self in elke mens, kultuur en Godsdiens. Oral sing, dans en verfraai mense tot God se eer. Die Goeie Nuus is dat God ten volle mens vir ons almal geword het. Hierdie Blye Boodskap kan nou by elkeen se Godsdiens gevoeg word.
Die katolieke in Maleisië, is ook eweneens deel van Jesus Christus se liggaam en nes die katolieke Kerk oor die hele wêreld heen, staan ek hartseer in aanskoue van sulke gruwelike ideologiese vergrype deur slimjanne oorlaai met Spirituele Intelligensie wat dit bespot en probeer onderdruk.
Kom ons vat hande en buig saam voor Jumala, Allah, Yahwe, Thathagata, Brahman, Big Chief, HaShem ... en dien ons EEN Almagtige Lewende Skepper wat ten volle ’n mens in Jesus Christus, vir ons almal geword het.
Heilige Maria, moeder van God, bid vir ons sondaars - nou en tot in ewigheid.
Mag Jesus Christus onse lieflike Allah, die katolieke in Maleisië genadig wees. Mag Jesus Christus onse lieflike Allah, gou weer kom in Sy ruimteskip genaamd "Die Ster van Bethlehem", en ons almal kom haal - hier aan die donkerkant van die maan.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,
Cornelius Henn
(Lees en kyk ook hierdie BBC verslag oor die hartseer verwikkelinge in Maleisië).

