Nog 'n "blurrrp" in die naam van die Bybel wat jy so aanbid Kobus de Klerk?

  • 3

Kobus de Klerk,

Jou papbroekigheid is toe weereens heel duidelik in die laaste kommentare onderaan hierdie bydrae van jou.

Jy dweep ook onder meer daarin die volgende aan Wouter Ferns:

Wanneer oor sake Gods praat, is dit nie soseer 'n debat nie. Vir sommige mense miskien, maar nie vir die ware gelowige nie - dit is 'n saak van diepe erns en die ooreengekome doelwit moet wees om die Waarheid te vind en te promoveer. Maar die ware gelowige en die ateïstiese agnostikus verskil alreeds oor wat of Wie die Waarheid is... en derhalwe is dit 'n baie moeilike taak, maar in die proses word baie inligting uitgeruil en is daar geleentheid om in die regte rigting te groei - terwyl daar selfs verskil sal wees oor watter rigting, die regte rigting is. Maar die geleentheid om oopkop te wees en te leer, is wel daar ... Ek [Kobus de Klerk] is nie 'n korrelkop nie - ek is 'n oortuigde gelowige persoon - Goddank - waarom op aarde sou ek 'n oortuiging wat ek weet reg is, prysgee vir iets wat ek weet verkeerd is, net om iets soos 'n 'debat' kamstig te laat vlot? ... Kom ek maak iets baie duidelik vir jou - mense wat oor dinge debatteer, is baie dikwels ongeërg oor die onderwerp van hulle debat en distansieer hulle hul agterna baie maklik van daardie onderwerp omdat dit eintlik net 'n debatknoper is en nie werklik deel van hulle oortuiging of lewe nie. Maar oor sake Gods debatteer ek nie - dit raak my diep persoonlik en jy, as die gespreksgenoot, se lewe word ook daardeur direk beïnvloed met baie definitiewe konsekwensies op die pad vorentoe, die ewige hiernamaals in. Daarom is daar te veel op die spel,  om simpel reëls van debatvoering die botoon te laat voer ten koste van die werklikhede omtrent die issues ter sprake en is die tipiese agnostiese kritiek, komende van Brahms en ander, gewoon nutteloos en vir redes vermeld, irrelevant. Hou jouself uit die moeilikheid, Kobus de Klerk

'n Mens kon dit respekteer, sou jy net die ordentlikheid had om ook die feit te respekteer; dat ander eweneens so oor hul hart en verhouding met ons Skepper voel.

'n Ware gelowige, is baie duidelik 'n onredelike Godsdiensboef.

'n Ware gelowige, spaar ook nie 'n oomblik om ander wat hul nie eer nie se Godsdiens te bespot, beledig en openlik te haat.

Net 'n ware gelowige, kan met sulke twak soos "ateïstiese agnostikus" vorendag kom.

Vir 'n ware gelowige, is daar ook duidelik "te veel op die spel" om ander se harte te respekteer.

Kobus de Klerk; jy is 'n ware-ware gelowige en absoluut 'n meester in Satan se hand!

Nie dat jy alleen is nie; ander wat so graag na hulself as ware gelowiges verwys, soos Trienie Mahne, word eweneens tot gees vervulde trane gedryf waar die ewe misantroop en Godslasteraar Wouter Ferns, ander se spiritualiteit minag.

Kobus de Klerk, ek stel nie in 'n debat met jou belang nie. My vrae aan jou is gewoon gegrond op die aansprake wat jy maak.

Byvoorbeeld; dat die Bybel, Jesus Christus is - die Woord van God is; en dat daar verskil tussen 'n sogenaamde ware gelowige, en 'n gelowige is.

Tog sal jy in jou verwaandheid gedurig my vrae aan jou met 'n "debatknoper" beantwoord; soos om my te probeer beledig met wat ek dink Brahms se kritiek aan jou sou beteken: Contra principia negantem non est disputandum.

Ai, en toe spring Wouter Ferns heel voor in die klas op en klap sy ou vingertjies .. JUFFROU, JUFFROU, JUFFROU ... en hy pos vir jou sy maklik geGoogelde antwoordjie ... siestog, hoe tragies kan dit nog raak?

Die antwoorde op my vrae aan jou, kan egter nie geGoogle woord nie.

Daarom seker dat dieselfde arme Wouter Ferns, Chris Dippenaar en selfs Jaco Fourie - die agnostici wie jy ook met soveel oorgawe haat -  in jul gedeelde mensehaat; lojaal aan jou en jou ander dissipels - altyd 'n rookskerm om julle bewerk deur my verdag te probeer maak.

Daar is 'n algemene geveinsdheid by jou en die ander wat ek reeds genoem het naamlik; die een wat die oortuigendste lieg, pleeg die waarheid - veral gereken aan die letterlik derduisende woorde wat tussen julle sinici gespoeg en plak word om alles op 'n meninglose skaal te probeer dwing.

Meer nog, jou laakbaarheid om ander se harte onder 'n dekmantel van Godsdiens te bespot, ander in die naam van jou Bybel redeloos te vervloek, en dan te probeer wegvlug van 'n antwoord deur so ongeskik en laag moontlik te wees.

Had jy moed en ordentlikheid dan sou jy, of enigeen van julle Bybelaanbidders, my vrae maklik kon beantwoord.

Die strooipop afhanklikes soos Wouter Ferns, Chris Dippenaar en Jaco Fourie, verkwalik my ook reeds erg omdat ek hul speletjie met jou verydel.

Enigeen wat vir hulself kan dink, sien duidelik hoe min Godsdiens met jou anderhaat te make het - dis net 'n wapen in jou hand waarmee jy jou minderwaardigheid en lafhartigheid laat geld.

Vir diegene wie verstaan, is geen verduideliking nodig nie; vir hulle wie dit nie verstaan nie, is geen verduideliking moontlik nie ... (na alle kante gemeet)

Jou aanbidding van die Bybel as die Woord van God, is 'n klug - en jy weet dit!

Jul sogenaamde ware gelowiges, is bloot 'n farisese selfverheffing uit die Hel - en jy weet dit!

Wat is daar dan oor om te verduidelik?

Daarom kan jy nie my vrae dapper en eerlik beantwoord nie, en kruip jy agter sulke redes uit die Hel aan Wouter Ferns hierbo weg.

Al wat jy nou oorhet om te doen Kobus de Klerk, is om in enigeen wat jou boewery onthul se gesig te "blurp" ...

Aangesien jy dit ook voorgee om in jou infernale spirituele intelligensie enigiets in 'n Bybelversie te kan verander, daag ek jou (en die ewe siniese kruipers om jou), om die volgende video regdeur te kyk ... (maksimum volume as julle nog 'n haar se moed oor het).

Yeah! Come on! Uggh!

Waarom so volhard in jul mensehaat?

Waarom wil jy, Chris Dippenaar, Wouter Ferns, Trienie Mahne, Jaco Fourie en Dolf van Loggerenberg, so graag op dieselfde Bybel wat julle so gedurig oor ander se harte met jul sluwe slimmigheid probeer verhef, saam Hel toe vlieg?

Ja, ek vergewe jou nogmaals Kobus de Klerk - in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE.

Mag jul kwaad, ons nie toegereken word nie - in die naam van Jesus Christus; die lewende Woord in ons hart.

Heilige Maria; moeder van God, bid vir ons sondaars - nou en tot in ewigheid.

Mag onse HERE Jesus Christus, ons almal vergewe en verlos van Kobus de Klerk en sy kruipers se laakbare mensehaat.

Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke en Afrikaliefde,
Cornelius Henn

  • 3

Kommentaar

  • Cornelius Henn

    Kobus de Klerk, ek vat dit van wie dit kom; jy Kobus de Klerk, gewoon 'n lafhartige mensehater en ekstremistiese fundamentele en bose Bybelaanbidder - ja, die regsinnige (gereformeerde) ou grote Kobus de Klerk, meesterlik spiritueel intelligent in die hand en naam van Satan ... ek vergewe jou nogmaals in die liefde en genade van onse HERE Jesus Christus ... mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe ... jou amigo in Adam (beteken jou medemens/naaste), Cornelius Henn

     

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top