Nog een en ander oor Prof Jansen se toespraak

  • 1

In sy toespraak voer prof Jansen, onder andere, aan dat swart studente 'n sterk vermoede het dat Afrikaanssprekendes bevoordeel word – beter as hulle toegang tot eksamengerigte kennis kry – omdat die lektor ook Afrikaanssprekend is.

Dit is een van daardie 'sagte wetenskap'-kwessies wat mens so baie in die bestuurspraktyk teëkom.  Moeilik of glad nie bewysbaar nie maar dis werklik en as mens nie ag slaan op die sagte kwessies nie staar mislukking jou in die gesig.  Die prof is reg, dit is 'n wesenlike kwessie.

Maar nou wonder ek of hy ooit 'n tweede gedagte gee aan die sagte kwessies wat die Afrikaanse student betref?  Kan die prof hom indink hoe traumaties moet dit nie vir die student wees, as hy in die oggend universiteit toe gaan, om deur strate te ry waarvan die ou bekende en geliefde name vervang is met vreemde name nie, name van mense van wie hy in sy lewe nog nooit gehoor het nie?

Dis nie al nie; kom hy by die universiteit aan is alles Engels.  Die Afrikaanse universiteit waar sy ma en pa studeer het, waarvan hy so baie van die studentelewe en –pret vertel was, is nou vreemd.  Die ergste is, hy weet nie hoekom nie, maar die teenswoordige gees wat daar heers is half vyandig teenoor hom as Afrikaanssprekende is, hy weet nie of hy hom verbeel nie maar dis daar.  Dis al of die 'Engelse' studente se houding is "pê wê wê wê, die plek is ons s'n nou, jy's eintlik 'n onwelkome gas."

Nog is dit het einde niet; nou hoor hy nog die rektor is erg pro-Engels en dus, ipso facto, anti-Afrikaans.  Hy't dit nog altyd vermoed, met die dat die Afrikaans so aan't verdwyn was die afgelope paar jaar maar nou is hy seker en alle aanduidings is daar dat dit nog gaan vererger.

So 'n student kan nie kwalik geneem word as hy moedeloos word en sommer opskop nie.  Is dit nie ironies nie dat die rektor, juis (hoofsaaklik) daar om te sorg dat akademiese prestasie gedy kan jy maar sê, die oorsaak van hierdie swartgalligheid onder Afrikaanse studente is? 

Wat 'n jammerte dat Jonathan Jansen die Afrikaanse student, in effek, afjak.

Jan Rap

  • 1

Kommentaar

  • Jan ek word ook erg moerig oor "prominente" mense sulke banaliteite kwyt raak. Ongelukkig het dit die gewenste uitwerking. Die ou soek aandag en moenie vergeet nie, dit is oor ses maande verkiesing . Jy sal al hoe meer sulke sotlike uitsprake kry. Hy het 'n sagte werkie by die universiteit en wil dit behou.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top