. . . ‘n rooie. Die R243 miljoen in gedrang aangaande Nkandla is ‘n druppel in die emmer, ‘skuus, oseaan, in vergelyking met die miljarde, dalk biljoene, wat vermors is – en steeds vermors word – sedert ’94. Dus, hoe langer die Nkandlastorie uitgerek word, hoe gelukkiger is die regering (en die president). Die galbrakery van die opposisiepartye speel so reg in die hande van die magte die syn terwyl die opposisie dink hulle beïndruk die kiesers (en die wêreld, ‘n entiteit wat in elk geval nie bestaan nie). Intussen word vir hulle in die mou gelag.
Jan Rap


Kommentaar
Jan ek verstaan jou "frustrasies" mbt die huidige regime se geldspandering. Ek is verby die stadium om my daaroor op te klits. Ons kan vet mooi nokkol daaraan doen, nie ek nie, nie jy nie of die 4miljoen bekommerde inwoners van die land nie. Korrupsie is 'n wit konsep. Ou Van en sy trawante het die konsep in 1652 hier aangebring. Die mense was moer gelukkig om hier te bly totdat die gespuis uit Holland hier kom plak het. Toe het die moeilikheid begin. Van daardie dag af skuld daardie mense die wat hulle van die grond afgejaag het "big time". Die geskiedenis bewys dit, regdeur Afrika. Dit is die post kolonialsitiese regerings se reg om hulself te verryk. Hulle het "gestruggel" en sal nog vir die volgende 300 jaar "struggel". Die verskil is vroeër het hulle met fokkol gestruggel. Nou struggel hulle om dit uit te gee.
Jan, om met jou te stry is om teen die suidoos te poep – dit help niks nie.
Nogtans, net een punt: jy skryf “die wêreld (is), ‘n entiteit wat in elk geval nie bestaan nie.”
Absoluut verkeerd! “Die wêreld” as 'n algemene ekonomiese mag en opinie bepaal of geld hier belê word of nie. Tans is die gevoel sterk negatief oor die ANC en Nkandla speel sy rol. Die gebrek aan beleggingsvertroue is belangrik. As 'n wit ou hieroor lag (Jan), lag hy uit onkunde. Ons gaan almal die gevolge voel, en voel dit reeds.
Jan, o ja ek het vergeet. Ek is ook moerig oor die gestelery. Ek is egter meer moerig vir die vorige regering se gestelery. Dit was op 'n baie slimmer en sluwer manier gedoen. Die huidige manne word uitgevang, die vorige bendelede is nog los op die hoewe. Wie gaan hulle probeer aantree? Simpel vraag, hoekom is Robert Smit en sy vrou vermoor? Wie het Johan Heyns vermoor? Wie en wat het die mense geweet? Dit is maklik om iemand die skuld te gee. Wie is verantwoordelik vir die neerstort van die Helderberg? Daardie tyd was daar lewensverliese, deesdae is dit net geld wat wegraak. Sal ons ooit die werklike toedrag van sake weet?
Reusedwerg, soos ek nou vir jou hier sit en skryf is daar 'n berig oor die nuus van nog 'n boer wat op sy plaas in Bela Bela vermoor is. Die duisendste een? Twee duisendste? En jy praat van slegs geld wat verdwyn? Jy's uit voeling swaer.
Sou, in 'die vorige regering' 'n amptenaar, en dit nogal 'n hoë ene, in sy pos kon bly met 738 (of is dit nou 873?) aanklagte van korrupsie en misdaad teen hom?
Wat Smit, Heyns en die Helderberg betref; het die goed nie gedurende die oorgangsregering gebeur nie, met ander woorde na die sogenaamde verligtes oorgeneem het?
George B, snaakse stelling wat jy maak, die nou dat, om met my te stry, is soos om teen die suidoos te poep. Iemand anders moes betrokke wees (om mee te stry) en jy moes dit al, by wyse van spreke, gadegeslaan het (anders sou jy nie daardie stelling gemaak het nie).
Nou wonder ek hoekom beskou jy my stryery anders as die ander ouens se stryery? Omdat hulle bes gegee het; gesê hulle was verkeerd? Nie wat ek kan onthou nie, so vanwaar jou stelling? As jy wil hê ek moet net 'n rukkie stry en dan sê ek's verkeerd, verwag jy dit ook van die met wie ek stry?
Dit maak nie sin nie George; dis soos daardie simpel stelling dat mans meer rondloop as vrouens want, vir elke man wat rondloop, moet, ipso facto, 'n vrou betrokke wees.
Wat die 'wêreld' betref: Die wêreld waarna verwys word, is hoofsaaklik die demokrasieë van die Weste. Hulle regerings is ingestem deur die kiesers, die man in die straat kan jy sê en die man in die straat in Londen, Chicago, Berlyn, waar ookal, weet van Suid-Afrika so min as 'n kat van saffraan. Hy dink en reageer soos die koerant vir hom sê en die koerant maak soos die Kokkedore sê.
Om die waarheid te sê, selfs die man in die straat in SA weet nie wat vir wat gaan nie; daar is byvoorbeeld die wat nog steeds dink die '76-opstand was oor Afrikaans.
Jan Rap
Ek het vergeet, George B: Jy't verkeerd vertolk; dis nie ek wat lag nie, dis vir ons, die van ons wat nou die rooi haring jaag, waarvoor gelag word.
Jan Rap
Jan ek vra nederig om verskoning indien ek jou brief verkeerd verstaan het. Ek het aangeneem dat dit oor Zuma se verkwisting gehandel het. Ek en jy het dan in twee lande gebly. Soos ek genoem het, het die vorige manne slim gesteel. Ek was persoonlik betrokke in ondersoeke van amptenary in die vorige bedeling wat hulself ryk gesteel het op die belastingbetalers se rekening.
Reusedwerg, die verkwisting het al met Mandela begin, arme Zuma is die sondebok (en hulle almal is belhamels).
Wat die plaasmoorde betref, dis skreiend. Die kerke (susterskerke), sekere wit politici en sekere instansies vra om verskoning vir sogenaamde apartheid - en gooi op die manier nog vet op die vuur - en almal ignoreer die lot van die plaasboere; hulle wil kwansuis nie 'alarmisties' wees en pleeg PK vir die vale. Wat 'n verleentheid. Soos Churchill gesê het, dit is waansin om die krokodil te voer met die hoop dat hy jou nie gaan vreet nie.
Jan Rap