niemandsland

  • 0

Mens erg deur Monomotapa-v’rhaal mislei,
onkund’-ontkenn’ng’s mos yt Europa ing’voer,
post-struktuurg’weld, Afrika poer in’r moer,
seg Skepp’r v’r sjatan: “Oud-eng’l, hou v’rby”

Self-d’struksie, o, ja, g’lyk aan ’n leuen fabriseer,
Voortrekk’r en Kie, innie Bloedrivier-laer g’sweer,
só s’l Mens aanhou, stry, Waarheid totaal afleer,
minn’rheid meerd’rheidsonmensl’kheid ontbeer

g’ness’l innie Wieg vannie Mens, Mapungubwe,
suid, vanuit Waenhuiskrans, deur Kitwe, via Zim

weet Mens banja min v’n Moed’r, aysh,
weet min hoe pr’sies GPS Mens Paradys

skynie etnosentrisme vals, dour, yt Orania,
Boerestan, kanti, kaart-’n-trans, in Azania

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top