nie sozeer g’woon

  • 0

selfs Nomm’r praat v’n “Afrikaans”,
tetha “isiBhulu”, in onordinêr opset,
inne vanghuis, onn’rgskik anie wet,
moed’rtaal-opsie, v’ral virre Frans

vasg’vang inne hou-vas-status, greep, struktureel,
Afrika-taal nog inne suiw’r on-Afrikaans kondisie,
so erg onnod’g, twis, onmin, v’rdeeldheid, partisie,
ilwimi waard’vol as medium, essensieel-funksioneel

onn’rsoek, re opv’rmeld, bostaand’ kwessie, saak,
onvrmyd’l’k, versus regime ’n hofg’ding t’maak,
uit t’roei, een-’n-elk oorblijfzel v’n apartheid

pekuliêr, anti-obstinaat-stryd w’t voorlê,
’t maak zeer, as President Mens slegsê,
nie g’woon aan voorskrif v’n Waarheid

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top