nie mette Mshini nie

  • 0

glorie, g’dorie, aakl’g, dié storie, re Millennium Drie Mens,
mugu, mampara, paloeka, Hollywood Homo Sapiens Sapiens,
rykste, selfsugt’gste, onn’r allie magslust’ges op dees Aard’,
Mens mede-Mens, Naaste, glad-’n-g’heel nie ag na waard’

só, sonn’r ontsag rakie lewe onb’taaml’k duur,
sit Mens saam, ommie struktuurg’weldsvuur,
“Duiw’lspiek” nie toevall’g, sjatan’t’t g’stuur,
Mens hang eie spieël op Self-d’struksie-muur

t’veel haat, twis, wantroue, t’min v’rsoen’ng,
sjee Mens na Ytkoms Een nogge tree, phambili,
Marikana-bloed, K’roo-gas, vrot vrugte v’n b’vryd’ng

en’gste hoop’s dié v’n omni-int’rg’loofsaanbidd’ng,
amm’k’taar slat, vanne sup’rhoopvol v’rwagt’ng,
ekstase, opg’wonn’nheid, re Lewe Twee B’lew’ng

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top