net virrie slimmes

  • 0

b’treur’nswaard’g, yskoudkil, vol apatie,
onb’trokk’nheid, afsyd’gheid, onkunde,
sonn’r ubuNtu issa mos sjeen sjimpatie,
kyk ma’ hoe tjyns noord-’n-syd se winde

naai, Millennium Drie Krisis, ’t kannie wees, niks t’vrees,
Homo Sapiens Sapiens mos volled’g v’rvul merrie Gees,
Self-d’struksie, onkund’-ontkenn’ngskunde, aysh,
op sjeen agenda: Lewe Twee Lewe en/of Paradys

Naaste net al hoe erg’r b’led’g, b’swadd’r,
“jou ma se vagina”, “jou vel’s pikdonk’r”,
kleurkwessie, kwessie v’n kleur, spele rol,
Inyaniso, genealogie, geneties, sy gat tol

los’t Mens, halsstarr’ge, dié wie glattie lus is,
Herlew’ng’s mos in elk g’val net v’r slimmes

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top