Jaco, hoekom sou ek nou swartgallig wees as ek daarop te wys dat die afgelope 20 jaar se kwansuise demokrasie ‘n gemors is? Is Thuli Madonsela swartgallig omdat sy die korrupsie by Nkandla blootlê? Is ‘n plaasboere swartgallig as hy sy misnoeë oor ‘n plaasaanval uitspreek? As jy jou kar vir ‘n vriend leen en hy duik die modderskerm in, is hy swartgallig as hy jou daarvan vertel?
Natuurlik nie man! Hoe kan die uitwys van die waarheid nou swartgallig wees? Waarteen jy wel kapsie sou kon maak is as jy reken my stelling betreffende die afgelope 20 jaar is onwaar. Maar jy beskuldig my nie van ‘n leuen nie, jy beskuldig my van swartgalligheid. Die implikasie is dat jy saamstem dat die afgelope 20 jaar ‘n gemors was, jy hou net nie daarvan dat dit uitgewys word nie, heel waarskynlik omdat jy jou ook, soos die sogenaamde liberales, vir die toestand beywer het. Dit is kop-in-die-sand-taktiek en huigelary.
Wouter, jy’t min of meer dieselfde probleem; jy voorspel kamtig waaroor ek gaan skryf en kla want ek sou dit, volgens jou, tot vervelens al gedoen het. Mag so wees maar implisiet in jou beskuldiging is dat jy saamstem met wat ek sê want, pleks van stry, huil jy omdat ek iets sê (nie oor wat ek sê nie).
Ek kan nou nie mooi onthou waar jou kommentaar was nie, maar onder andere het jy genoem dat dit jou nie pla as iemand jou in Engels antwoord nie. Dit pla my ook nie Wouter en ek het ook nog nooit aangedui dat so iets my sou pla nie; vir wat sal ek nou so kleinsielig wees. Wat my wel pla, soos ek al male sonder tal aan jou genoem het (en ek sien jy sukkel geweldig om dit te begryp), is die verdringing van Afrikaans deur Engels. As die Engels dan, waarmee ek aangespreek word, ‘n manifestasie van hierdie verdringing is ja, dan pla dit my (en dit behoort jou ook te pla maar jy is ‘n heerser se droom, geduldig, gedienstig, gedwee).
Terloops, ek sien jy (of was dit nou Jaco) reken Engels is die handelstaal van die wêreld. Wie sê so, die Pous? Die biskop van Kantelberg? Die handelstaal is die taal van die nie-verleë party; as ek my huis vir R10 000 wil verkoop gaan voornemende kopers met my Afrikaans praat en as ek hom vir R100 miljoen wil verkoop gaan ek Duits of Engels of wat ookal met voornemende kopers praat.
Nou-ja, tot hiertoe dan
Jan Rap


Kommentaar
Jan Rap
Jan
Moet ek regtig antwoord? Die "waarheid" waarvan jy praat, is dieselfde deuntjie op dieselfde suurgat ritmaat die afgelope 6 jaar wat ek aan SêNet deelneem. Daars nie eers enige nuwigheid daaraan wat vir afwisseling sorg nie.
Ek persoonlik raak opgewonde oor die kleurryke Afrikanerkultuur, sy inklusiewe transformasie, die groei in die Afrikaanse taal. Die uitdagings wat gekonfronteer moet word, asook die gepaardgaande beplanning om sodanige uitdagings te oorbrug. Die metamorfis van 'n voorskriftelike volk tot 'n breedsienende volk, vry van afgebakende tonnelvisie.
Die verandering in Afrikaners te bespeur vanaf: Negatiewiteit tot Positiewiteit; vanaf Pessimisme tot Optimisme; vanaf Re-aktiwiteit tot Pro-Aktiwiteit; ens.
Jy raak gevorderd in jare, maat. Geniet jou Afrikanerskap in die kort lewensjare wat vir jou nog oorbly
Beste Jan Rap,
Met Thomas stem ek volkome saam. As gelowige( jy), wonder ek hoekom jy jou nie berus in "die wil en weë van God nie"? Alles wat tog tot standkom is vogens julle geloof, die "wil van God, en so ook met die ontplooing van die geskiedenis. Hoekom is jy so begaan oor sake soos jou taal, of die nuwe Suid-Afrika wat jy só verpes, want met die verloop van tyd sal alles net tot niet gaan.
Ek het al gemerk dat dit meestal die gelowiges hier op SêNet is wie so pessimisties oor n reeks van sake is terwyl die ateïste en gays soos Thomas en Jaco 'n baie meer positief uitkyk oor sake het. Wat baat julle gelowiges dan van julle godsdiens? Dit behoort in teendeel 'n troos te wees dat die werklike lewe eers na die dood begin.
Beste groete,
Pieter Redelinghuys
Vir die verkrompte omie wat skuil agter "jan rap".....ughhhhhh....hoe lank jy dink daar moet met jou omgegaan word is 'n raaisel....defnitief nie 7439 jaar en agt maande nie volgens berekeninge nie en dit is net 'n eerste poging. (Dit het lank wig en weeg gevat om te reageer op 'n persoon wat nie eers die moed het om die onsin onder sy eie naam te skryf nie ... )