'n Ope vraag... Wie is en wie Is?

  • 6

Ongeag jou geloof, godsdiens of spirituele keuses; (Regoor die wêreld heen.)

Indien jy vir 'n persoon vra; "Wie is God?" gaan jy sekerlik duisende antwoorde kry... Vir my is dit God Almagtig, vir 'n ander is God 'n vrou, vir 'n ander Allah, vir 'n ander ‘n koue kalfie ens ... Vir almal is daar iets groter as hulself wat hulle uit eie insien as God beskou.

Maar indien jy vir 'n persoon vra "Wie is die duiwel, satan of onheil?" is dit nie ironies dat jy wel miskien net een of twee antwoorde gaan kry nie? Hoekom weet almal ongeag my inleiding wie en wat satan is of die oorsprong van onheil is? - teenoor die duisende antwoorde oor God? (Uitsluitend sataniste vir wie satan hul god is.)

Ek vra maar net ... want hierdie vraag gaan nie oor Godsdiens per sè nie, hierdie is ‘n vraag wat nie noodwendig 'n antwoord het nie, maar ek het dit bloot hier geplaas vir die denkende meerderheid om bietjie te besin.

(KdK - moet asb nie hier preek nie en ook nie weer my geloof in twyfel trek nie!!!)

Ns ... as julle nie omgee nie, wil ek graag julle kommentaar gebruik vir 'n projek waarmee ek tans besig is.

Groetnis
Sue

  • 6

Kommentaar

  • Sue

     Jou stelling dat daar vir "...almal iets groters is ... wat hulle uit eie insien as God beskou..." is gewoon nonsens. Doen vandag 'n ordentlike wetenskaplike steekproef by jou "duisende" en duisende hiervan sal bloot net sê dat hulle geen godsbegrip of beeld het nie.

     Insgelyks sal hulle ook geen satansbegrip of beeld hê nie. Waar kom jy daaraan dat "... almal weet wie en wat satan is en wat die oorsprong van onheil is ..."

     Veral die mense van die "denkende wêreld" waarvan jy praat, sal hierdie onsin vir jou uitwys. Denkende mense glo nie meer aan die ou met die vurk en die punt-ore wat die vuur stook nie. Dalk moes jy nie eers dié vraag gevra het nie.

     

  • Mnr Richter. Verstommend. Jy impliseer maw gelowiges is nie denkendes en help my reg onnosel? Versigtig nou.

  • Mnr Reusedwerg,

     As jy diegene wat glo (nie weet nie!) dat:

     Die aarde so 6000 jaar gelede in ses dae gemaak is, en dat Jona vir 3 dae in die groot vis se maag oorleef het en toe op land uitgespuug is, en dat Noag elke spesie op hierdie aarde in sy ark gehuisves het terwyl die hele wêreld onder vloedwater was, en dat die pratende slang vir Eva oortuig het om 'n happie van die vrug af te byt, en dat die donkie met Bileam gepraat het, of dat beeste heilige diere is, of wat ook al die gelowiges kollektief saam glo;

     As jy hierdie mense as besonder diep-denkend beskou, hoe sê ons nou weer op goeie Afrikaans? Be my guest.

     En nog 'n ding: Ek is sommer van die gewone Rigters met 'n "g". Dis die fancy Richters na wie die streek vernoem is.

  • Sue, daar was alreeds goeie reaksie op jou brief en mens wens jou graag sukses toe. Ek wil jou nie ontmoedig nie maar wonder tog of jy nie nog heelwat studie en dinkwerk moet doen voor jy die projek werklik aanpak nie. As moontlike voorbeeld van god noem jy tweedens 'n vroulike god en vierdens 'n 'koue kalfie'. Oor die moontlike 'alternatiewe gode' (by gebrek aan 'n beter woord) sal jy diep moet dink. 'n Vroulike god is seker 'n moontlikheid maar vermoedelik sal dit nie prominent wees nie?

    In verband met 'satan' skryf jy: “Hoekom weet almal ongeag my inleiding wie en wat satan is of die oorsprong van onheil is?” Ook hier vermoed ek dat die saak meer kompleks is as wat jy te kenne gee. Die NG Kerk het op sy vorige sinodesitting aandag aan die saak gegee. Soos ek dit verstaan was daar 'n tyd dat lidmate oor die algemeen aan 'n persoonlike duiwel geglo het, maar dat dit nie meer noodwendig die geval is nie. Volgens die kerk hoef lidmate nie meer boosheid met 'n persoonlikheid soos die duiwel (seker met 'n hoofletter D) te verbind nie. Dis nou in orde om boosheid bloot as boosheid te sien sonder om aan 'n duiwel te glo. Selfs hierdie kerk is skynbaar nog lank nie uitgepraat oor die saak nie.

    Sukses word jou toegewens met jou projek, maar afgesien van selfstudie sal jy nadat jou projek meer vorm aangeneem het ook ernstige gesprekke met 'n paar teoloë moet voer.

  • Beste Sue
    Die Bybel maak ruimskoots van beeldspraak gebruik.Dit is miskien goed om te kyk na wat sê die Jode oor die Duiwel/Satan.

    Daar is ongelukkig baie mense wat onder die invloed van vroeëre uitsprake steeds aan die letterlike vertolking van die Skeppingsverhale vasklou as sou die skrywers werklik besig wees met 'n wetenskaplike verklaring oor die ontstaan van die heelal.Dit is natuurlik nonsens.

    Net soos ons vandag biljoene jare later verklarings probeer gee oor die ontstaan van die heelal en dan 'n verskeidenheid teorieë daaroor ontwikkel het, vermy die Genesisskrywers dit en sê nie hoe alles ontstaan het nie maar net dat God geskep het.Die hoe is van sekondêre belang.Maar genoeg hiervan.

    Wat sê die Jode? Onder https://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/Judaism/satan.html lees ek.

    Judaism does not view “Satan” with the same connotation as other religions. Satan in Judaism is not a physical being ruling the underworld, rather, in the Torah, the word Satan indicates “accuser,” “hinderer” or “tempter.” Satan is therefore more an illusory obstacle in one’s way - such as temptation and evil doings - keeping one from completing the responsibilities of tikkun olam (fixing the world).

    Satan is the evil inclination to veer off the path of righteousness and faithfulness in God. Throughout the Torah, Satan challenges God to test the true loyalty of his followers, including Adam and Eve, as well as Abraham. However, Satan remains inferior to God and is incapable of taking action on mortals without God’s permission. In the Talmud and Midrash, Satan appears as the force in the world, responsible for all sins.

    Some Midrashim claim that the sounding of the Shofar on Rosh Hashanah is utilized to keep Satan away as Jews begin to atone for their sins. Even the morning after Yom Kippur, many Jews attend services to guarantee Satan does not make one last effort to instigate Jews to commit sins.

    Die ou testament sê nie veel oor Satan nie.Uit die Jobverhaal weet ons dat Satan 'n gevalle engel was,met beperkte magte,wat nog in die hemel toegelaat is.

    Hierdie wese het baie name en skuilname, soos bv. (Ek gee nie die teksverse nie. )Bron Bybel A-Z
    1.Aanklaer
    2.Aanvoerder van die bose geeste.
    3.Abaddon of Apollion
    4.Beësebul
    5Belial
    6.Bose
    7.Draak
    8.Duiwel
    9.Engel van die onderaardse diepte
    10.God van hierdie wêreld
    11.Moordenaar van die begin af
    12.Prins/Owerste van hierdie wêreld
    13.Satan
    14,Die Slang (van ouds)
    15.Vader van die Leuen
    16 Verleier
    17.Versoeker
    18.Vors van die onsigbare magte
    18.Aanvoerder van die bose geeste.

    Hierdie wese manifisteer dus in baie vorme en dus moet ons as Christene bewus wees daarvan .

    Dit was dus Satan in die paradysverhaal wat die mens oortuig het dat hulle nie bang hoef te wees nie om God se gebod te oortree omdat die straf op die oortreding eintlik net 'n bangmaakstorie was van God se kant af omdat hy bang was dat hul dan net soveel soos Hy sou weet.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top