Dit word mos beweer, deur mense wat behoort te weet, dat die kunskilder Vincent van Gogh ... wel, effens versteurd was. Dalk selfs heelwat meer as "effens". Na ek dit die eerste keer gehoor het, het ek met groter aandag na sy werke begin kyk en tot die besef gekom dat hulle reg was ... van die goed is duidelik krom en skeef en die produkte van (met beleefde deernis gesê) 'n verwronge verstand.
Tog kry hy vandag groot erkenning as kunstenaar, wat hy blykbaar nie in sy leeftyd geniet het nie. Miskien is dit vir sommige mense 'n aardigheid dat dit produkte van 'n versteurde verstand is en word baie geld betaal om een van sy skilderye te besit.
Nou het ek gewonder: Sê nou 'n versteurde persoon wend hom tot die skryfkuns - verhale en sketse en dies meer. Dit sal dalk baie vermaaklik wees om sulke literatuur te lees en miskien tel dit ook met die jare waarde op. Of dalk is dit so verwarrend dat geen mens dit kan verstaan nie. Soos party van die briewe hier op SêNet, vernaamlik dié van godsdienstige aard. Dit smaak my daai ouens het nie altyd al hulle varkies op hok nie. Nie dat ek ongelowig is nie, maar wraggies mense...
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Vir wat dit werd is, probeer die briewe vir 'n literêre Van Gogh, en vind daarin die menslikheid van die 'verwronge verstand' of dan die 'versteurde verstand' en ontdek daarin die mens in al sy kompleksiteit en nie hierdie vervlakking daarvan aangebied in die inleidende brief.
Hello,