'n Antwoord vir Dirk Rigter

  • 2

Hallo Dirk

Ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief getiteld “Dirk Rigter se uitstekende brief” op 2 Julie.

Jy sê jy volstaan by jou stelling dat ek vasgehaak het in die 60’s waar die witman enigiemand kon hiet en gebied het soos hy wou. Ek volstaan by my antwoord dat, as jy dit gedoen het, jy nie moet veralgemeen nie. Buitendien, jy’s slu; jy maak asof dit beleid was wat dit nog nooit was nie. Die witman kon in elk geval nie burgers van ander lande soos Swaziland, Lesotho, Spanje, Venda, Transkei, Swede, Bophuthatswana, Duitsland of Armenië hiet en gebied nie. Jy’t weer ‘n storie uit jou duim gesuig om jou blapse te regverdig.

Ek volstaan ook by my stelling dat iets wat gestaak is nie noodwendig misluk het nie. Die beleid van afsonderlike ontwikkeling kan jy nie sê het misluk omdat dit gestaak is nie; afsonderlike ontwikkeling werk byvoorbeeld baie goed in die res van die wêreld; daar is honderde onafhanklike state en, dié wat nie is nie, streef daarna.

Ek volstaan ook dat die aanduiders van mislukking, eerder as bloot die staak van die toepassing van ‘n beleid, die onvermoë is om te administreer soos gemanifesteer in wegholmisdaad, korrupsie, verval van infrastruktuur en onderdrukking van minderhede (om nou maar net enkele aspekte te noem; kyk om jou rond en jy sal nog baie meer sien).

Terloops, ek wonder baie oor jou en Wouter se gesins-, familielede, vriendekring en kollegas: - Dit moet uiters frustrerend wees om saam te woon en werk met iemand wat reken hy staaf ‘n argument deur bloot ‘n mening uit te spreek.

Groetnis
Jan Rap

  • 2

Kommentaar

  • Beste Jan Rap,

     Iemand soos jy wat onlangs met die wysheid van "... 'n woestersous is nou in plastiek ..." na vore gekom het in 'n poging om apartheid te versag na segregasie, moet maar versigtig wees om die woord "blapse" aan iemand anders toe te dig.

     Stadig ook oor die klippe met die woord "slu". In jou skrywe hierbo skryf jy oor ..."burgers van ander lande soos... Venda, Transkei (en) Bophuthatswana"... Ander lande ?? En apartheid wat nooit niemand onderdruk het nie en nou skielik afsonderlike ontwikkeling word? Wie is nou slu? 

     Ag nee wat.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top