Heil die leser.
Pieter Redelinghuys se bydraes onder hoofde “Beter as Godsdiens” is verruimend.
Die kommentaar deur belangstellendes soos Thomas, bevestig ook hoe selfs die mees fundamentele ongelowiges hul innerlike deur musiek kan ervaar.
Ek het al gewonder hoe musiek en kuns se verloop in die evolusie van die mens se bewussyn, hoegenaamd van Godsdiens (of selfs rebellie daarteen) sou wyk?
Tot en met die middel-eeue was ateïsme iets geheel onbekend.
In die Westerse beskawing is alle musiek en kuns tot en met die era van meesters soos veral Händel, Bach en Beethoven, ‘n refleksie van die verlange en uitroep van die mens na hul Skepper.
Vandag steeds is musiek en kuns die enigste taal waarin die mens in universale terme hul hart uitjubel!
Die oudste musiek bekend op aarde is met die lier bespeel.
Luister gerus hier hoe die oudste Psalm bekend klink:
Die mees spirituele klank en instrument is egter dit wat met lug vibreer.
Daarom is die mens se stem, fluite, trompette en die pyporrel, sekerlik die kroon van alle geestelike voordrag.
Maestro’s kom deur diep spirituele ervaring tot hul kuns en musiek.
Deur die afskeiding van ons derde oog (pituïtêre klier) sien en ervaar ons die geesteswêreld.
‘n Musiekmeester soos Andrea Bocelli, herinner my ook altyd daaraan dat selfs al raak ons oë blind, kan ‘n gesonde derde oog steeds op die Koninkryk en wonderlike liefde en genade van God gevestig bly.
In die wonderlike liefde en genade van Jesus Christus onse HERE.
Musikale groete,
Cornelius Henn


Kommentaar
Henn
In my geestesoog (wat jy die derde oog noem) kan ek sien hoe Dawid bo op 'n hoë ronde klip sit met sy harp en fluite digby. Ek wonder hoe hierdie Psalms tot hom gekom het? Sou hy wakker skrik in die oggend met 'n nuwe lied in sy hart of het die bekoring van die veld onse Skepper se kreatiwiteit in hom losgelaat?
Ek stem - daar is niks soos diepe lofprysing en aanbidding wat jou in die troonsale van God kan inbring nie. Dit weer genereer 'n volgende loflied. Ek dink dis hoe Dawid dit reggekry het.
Mooi geskryf.
Liewe Trienie,
Ek wonder saam met jou.
Dat Dawid die troos en lig van onse Shekinah in sy hart geken het, is gewis.
Jou beskrywing “geestesoog” is meer gepas; pituïtêre klier (mitologies: Oog van Horus/Derde Oog) ‘n logiese verwysing.
Met my geestelike sintuig kan ek jou heel maklik agter ‘n orrel en in ‘n koor in lof tot ons almal se Skepper sien.
Dankie vir jou bemoediging.
Cornelius Henn