moed’r s’n

  • 0

sou taal, moed’r (en vad’r) s’n, vol b’lofte groei,
ver wy’r’s Paarlberg-phallus, swak art’fak, bloei,
haar tongtentak’l, papilla-spektak’l, wyd uitsprei,
as Afrika-taal, Afrikaans, sup’rtriomfant’l’k g’dy

woord v’r woord, via mond g’uit’r, oplaas b’vry,
yt eendimensioneel tekstualiteit, swart-’p-wit,
rewolusionêr, ilwimi, soos vryheidsvegt’r stry,
alle hoop op legitimiteit, v’n g’regt’gheid, sit

vra een, aysh, ewe intellektueel, kwasi-akademies,
hoev’l stroompies maak yteind’l’k een groot rivier,
hoev’l riviere vloei, dart’l, kabb’l, spoel, af see toe

Homo Sapiens, Mens, Self, takties outo-didakties,
wys, wéét pr’sies, waarheen G’wete Mens stuur,
hoekom moed’rsmelk bet’r’r asse koei s’n proe

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top