virre taal w’t so ultra-diep derie are loop,
ervaar Mens mos Self, hoe haar hart klop,
via “isiBhulu” v’n iets eksepsioneel g’rop,
Mens v’n respek, waard’gheid g’stroop
bring’t Homo Sap-Sap tot soort b’sinn’ng,
g’beur’t als nu, innie Millennium Drie,
meerd’rheid sonn’r hoop, of filosofie,
sonn’r idee, re slimst’-se-oorwinn’ng
m’t oud-stryd’r stryd aanknoop, ’n stryd,
vanwaa’ dié remanifestasie v’n apartheid,
wie’t’p “ras”-’n-“klas” as v’rtrekpunt b’sluit,
hoe ver weg is Sap-Sap, vannie waarheid?
waarschijnlik, glorij g’dorij, o, Allah, misschien,
gat Mens in Mens se leeftijd nie vrijheid sien
Jacobus Faasen

