Misdaadslagoffers

  • 4

Enige geval van geweld of misdaad is moeilik om te verwerk. Dit is erg vir die slagoffer en ook vir die naasbestaandes van slagoffers. Ek is sover baie dankbaar dat ek nog nie 'n slagoffer van geweldsmisdaad was nie. Ek is 'n naasbestaande van slagoffers.

Ek kyk Woensdagaand 'n program op KykNET van slagoffers van geweldsmisdade. Ek is in die baie bevoorregte posisie om die een dame, Anette Kleynhans persoonlik te ken. Ek het geluister hoe sy die aanval beskryf het en die lang pad van genesing deurgemaak het. Vir enige familie kan jy nie 'n meer traumatiese ervaring indink nie. Of jy nou blank of anderskleurige in die land van ons is, geen maar in geen persoon kan namens jou oor die ervaring praat nie.

Almal is gou om te sê ek sal dit of dat doen. Jy tree anders op, jy ervaar moontlik 'n kalmte of jy tree defensief op, mens weet nie. Die probleem is jy verwag nie 'n aanval nie, jy is op daardie oomblik moontlik met iets anders besig of jou aandag word afgetrek.

Wat my egter van Anette opgeval het is die kalmte van haar optrede. Ek het vanoggend met haar gepraat, en kan ek net beaam, ek is in 'n bevoorregte posisie om te kan sê, ek ken Anette Kleynhans. Ek is nie daar om haar op te hemel nie, sy sal my in elk geval ook nie betaal daarvoor nie, maar sy is 'n lewende voorbeeld van hoe 'n bevryde, gelowige mens leef.

Ek het ongeveer drie jaar met haat en woede gewroeg. Ek was "siek" in die sin dat ek myself van lewensvreug agv wraakgedagtes ontneem het. Dit is 'n wilsbesluit wat ek geneem het, en die misdadigers vergewe. Dit was nie maklik nie, maar het myself afgevra, hoe kan ek vra vir vergifnis as ek niemand anders kan vergewe nie.

Dit is snert die storie ek sal jou vergewe maar nooit vergeet nie. Jy moet albei doen. Dit is bevryding. Daar is ook niks wat jy nie kan vergewe nie. Kry net vrede in jouself, dit sal kom.

Reusedwerg

  • 4

Kommentaar

  • Reusedwerg

    Baie mooi gedagtes. 'n Nuwe begin of seisoen in jou lewe skop gewoonlik af met vergifnis. Eintlik is daar nie 'n beter geskenk wat jy jouself kan gee as juis dit (oorbegin) nie.

  • Williams,

    jou absolute onvaspasde aanmerking is totaal van koers af en pas hoegenaamd nie by die brief nie.

    Jy bly waaragtig LitNet se "Village idiot"

     

    Magtag man, klap jouself wakker.

     

    Duitswester

  • @Reusedwerg

    Jy sê: Dit is snert die storie ek sal jou vergewe maar nooit vergeet nie. Jy moet albei doen. Dit is bevryding. Daar is ook niks wat jy nie kan vergewe nie. Kry net vrede in jouself, dit sal kom.

    Duidelik het jy ook nie vergeet nie!!!

    Hoe dedonner vergeet 'n mens so iets. Om te praat en ervaar is die verskil in vergeet.

    Vergewe glo ek is redelik maklik oor tyd maar vergeet nooit!!!

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top