… as vrouens hoor ek vanoggend op Praatsaam. Dis 'n wiskundige anomalie want vir elke paring waarin 'n man betrokke is moet daar 'n vrou betrokke wees.
Indien dit wel waar is dat meer mans hulle vrouens verneuk beteken dit dan dat mans met ongetroude vrouens rondfoeter wat dan sou beteken dat meer ongetroude meisies as ongetroude mans rondslaap en ek twyfel of die wat die Praatsaam-stelling aanhang daarmee sal saamstem. Of hoe?
Jan Rap


Kommentaar
"Dis 'n wiskundige anomalie want vir elke paring waarin 'n man betrokke is moet daar 'n vrou betrokke wees."
Jan Rap,
Nee. 'n Wiskundige anomalie veel meer interessant as die tipe van drog-dink-oraat-saam-sonder-selfstandig-logies-redeneer-stellling hierbo aangehaal. Dink weer. Vroue is nie noodwendig "betrokke" waar mans paar nie. Mans kan ook met mans ook "paar", nes vroue ook met vroue kan "paar". Sodanige "parings" kan selfs "wetlike en wettige huwelike beteken tussen twee persone van dieselfde geslag in talle lande. Ook in hierdie land.
Vriendelike groete
Henk Seymore
Beste Jan,
Henk,
Ek het nie van gays gepraat nie want dis nie ter sprake nie:
Indien dit wel waar is dat mans hulle vrouens meer verneuk as vrouens hulle mans dan beteken dit dat dit mans is wat nog nie uit die kas geklim het nie, met ander woorde hulle verneuk hulle vrouens met ander mans. Dit sou beteken dat die lesbiese vrouens wat nog nie uit die kas geklim het nie, NIE hulle mans verneuk met ander vrouens nie. Die vraag is, is dit waar? Is daar ooit minder lesbiese vrouens in straight huwelike as wat die geval is met homoseksuele mans? Of is gay mans meer promisku as gay vrouens? Soos jy kan sien is dit 'n hele ander debat.
Dus, wanneer die stelling gemaak word soos in die opskrif van my brief gestel kan ek jou waarborg daar word nie aan al die implikasies gedink wat betref 'anderse' parings nie maar bloot net dat mans hulle vrouens meer verneuk as andersom en volgens my somme lyk dit nie reg nie.
Angus
Jjy is dalk reg dat jy meer vir jou vrou jok as sy vir jou. Maar jy hou mos van debat en redeneer en die soort van ding man, jy moes haar net laat verstaan het dat jy nog baie naweke het om daardie werkies te doen; jou vriend kan mos nou nie ELKE week vir jou 'n kaartjie in 'n losie beskikbaar hê nie of hoe?